Dit is lieflike Lente maar dit sit nie in elke stylpersoonlikheid se broek (of rok) om fyn of romantiese blomme van kop tot tone te dra nie. Hier is ’n stylkenner se raad en die 2023 trendy manier om blomme te dra. Lees meer hier. Deur Justine Kroes
01/09/2023
1. 3 Dimensionele blomme
Eerste gesien op stylkenner en voorkomskonsultant Susra Matthee se blad, is die modetrend drie-dimensionele blomme. Hierdie modegier is besig om ’n oomblik te hê, en volgens Vogue is dit die 2023 manier waarop “florals”, oftewel blomme en blomaptrone, gedra moet word.
Die drie-Dimensionele blomontwerp skep ’n sekere diepte en bied ’n interessante ontwerpelement op ’n uitrusting. Vroulik maar steeds met ’n “edgy” gevoel.
Hier is ‘n paar 3 dimensionele blomme op ons kooplysie:
2. Dra dit op skoene
Die drie dimensionele effek is natuurlik tans ook ’n duidelike trend op skoene, van stewels en hakskoene tot sandale. Skoene is natuurlik ’n makliker manier om die blomme trend te dra sonder om oorweldig te voel deur fyn blompatrone.
3. Dra ’n blomhandsak
’n Handsak kan enige uitrusting blitsvinnig verhef. En ’n blompatroon of selfs ’n blomvormige handsak is ideaal as jy graag ’n tikkie blom wil dra sonder om kop tot tone in jou blompatrone te verdrink!
4. Blom-bykomstighede
As ’n handsak of skoen nie vir jou is nie – probeer dalk ’n blom oorbel, hangertjie of gordel? Blom-bykomstighede is tans oraloor beskikbaar, en (stylwenk); hoe groter en en meer dramaties hoe beter!
5. Kombineer jou blompatroon met denim of leer
Indien jy ’n blompatroon wil dra maar jy wil nie noodwendig te romanties, vroulik of “little house on the prairie” lyk nie, kombineer jou blomuitrusting met verskillende teksture of materiale. ’n Tekstuur soos denim sal dadelik die voorkoms meer neutraal en gemaklik laat lyk; waar om ’n leerbaadjie en leerstewels by jou blomuitrusting te dra weer ’n cool en meer edgy voorkoms sal skep.
Lees hier: Slim modetruuks wat jy gaan wil probeer