25 van die seisoen se grootste modetrends

Hierdie lente/somer seisoen se modetrends stel nie teleur nie, hope kleur, patrone, interessante afwerkings en silhoeëtte. Loer gerus hier na ons (en stylkenners) se 25 grootste modetrend voorspellings vir die komende seisoen. Deur Justine Kroes.

22/09/2023

25 Grootste modetrends vir somer 2023

1. Metaalkleure

Stylkonsultant Jeanine Theron noem in haar style trend guide dat metaalkleure ’n groot modetendens vir somer 2023 sal wees. Van broeke tot rompe, bloese en selfs handsakke is blink metaalskakerings beslis groot vir die somer. Silwer is veral ’n gewilde keuse.

Fotos: Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Chloe; Dolce & Gabbana; Isabel Marant SS 2023

2. Fraiings (fringe)

Fraiings is natuurlik nie nuut nie. maar is in oorgawe hier om te bly, van fraiings aan die onderkant van rompe of selfs aan jou bloes se moue. Jy kan kies hoe dramaties jy hierdie modetrend wil interpreteer en dra. ’n Handsak met fraiings is dalk ’n goeie opsie as jy huiwerig is oor die trend.

Fotos: Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Jill Sander; Michael Kors; Victoria Beckham SS 2023

3. Uitgesny (negatiewe spasie) kledingstukke

Cutouts” soos dit in die modewêreld bekend staan, is veral groot vir rokke hierdie seisoen, waar ’n klein gedeelte van net jou middel sigbaar is. Indien jy nie kans sien daarvoor nie, probeer dalk ’n uitgesnyde gedeelte op jou skouer.

Fotos: Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Elie Saab; Stella Mcartney; Philosophy SS 2023

4. Asimmetriese lyne

Asimmetriese en diagonale lyne is groot op die oomblik en veral gewild in rokke en midi-styl rompe. Dink aan vloeiende en vleiende materiale wat sag gedrapeer is oor jou skouers en décolleté en mooi val waar dit moet.

Fotos Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Philosophy; Stella McCartney SS 2023

5. Kort “trench coat”

Die kort “cropped” weergawe van ’n “Trench Coat” is hier om 2023/24 se nuwe denimbaadjie te wees. Dra dit by denims, somersrokke of selfs jou gunsteling denim midiromp.

Foto: Vogue Runway, ontwerper Coperni SS 2023

6. Sakke (pockets)

Jeanine sê die “utility”, amper militêre styl, is ook hier om te bly – cargo broeke, of selfs rompe en rokke met sakke is ’n mode moet-hê. Wenk: let net op waar die sakke van die broek sit – as dit op die grootste gedeelte van jou lyf sit, trek dit aandag na daardie gedeelte toe en dit kan onvleiend lyk.

Fotos; Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Givenchy; Isabel Marant SS 2023

7. Bypassende pakkies

Stylkenner Simone Lombard sê “Bypassende pakkies is hier om te bly. Dis heel eenvoudig om te stileer, jy moet eenvoudig net skoene en bykomstighede kies om jou uitrusting af te rond. Dit gee ’n stylvolle voorkoms met minimale moeite.

Poetry Camryn Linen Shirt Set (R799)
Poetry Sadie Linen Bomber Jacket (R1299); Jackey Relaxed Wide Leg Pants (R899)

8. Onderbaadjies

Simone sê “Die 2008 Simone sou nie glo dat onderbaadjies nou weer groot nuus is nie! Ek verkies ’n meer lospassende snit en styl wat maklike meer of minder formeel gestileer kan word. Die bonus, baie van die onderbaadjies kom met ’n bypassende broek. Die meeste onderbaadjies kan om die middel verstel word, so jy kan met verstellings speel, om jou middel minder of meer te beklemtoon. 

Fotos: Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Stella Mcartney; Boss; Chanel Spring Summer 2023

9. Denim romp

Simone meen die denimromp is hier om te bly en die konserwatiewe harte sal bly wees om te hoor dat maxi- en midirompe steeds ’n trend die lente-/somerseisoen sal wees.

Lizanne Anderson stem saam; die “tailored” denim romp is ’n modetendens waaroor ek baie opgewonde is. Nie alleen is denimrompe weer terug nie, maar gedetailleerde, maxi, vloerlengte denimrompe wat daardie ekstra modestelling maak. Om een van hierdie denimrompe in jou klerekas te hê hierdie seisoen kan ’n ekstra tikkie veelsydigheid aan jou klerekas bring; die stylopsies hiermee is eindeloos!”

Fotos; Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Givenchy; Altuzarra; Ganni SS 2023

10. Oorgroot sakke (Tote bags)

Lizanne sê “Modes bly steeds gemaklik, maar is steeds aanpasbaar vir werksdrag sowel as ontspanningsdrag. Oorgroot sakke is een van hierdie huidige modetendense. Die oorgroot “tote bags” voorsien genoeg stoorplek en terselfdertyd, lyk dit modieus.

Fotos: Vogue Runway, Bottega Venetta SS 2023

11. Strepe wat ‘n stelling maak

Stylkenner en voorkomskonsultant Susra Matthee sê strepe is groot nuus “Een van my gunsteling patrone vir somer is strepe – jy kan kies tussen ‘deckchair stripes’, reënboogstrepe en die klassieke wit en blou (of wit en enige ander kleur) strepies vir knopieshemde en hemprokke. Stylkonsultant Ronell Le Roux stem hiermee saam; “Strepe bly ’n klassieke element en word gesien as ’n klerekas stapel-item wat sjiek lyk en prakties bly”.

Fotos; Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Anteprima; Zimmerman; Moschino SS2023

12. Ombre patrone

Volgens Susra is kleurvolle Ombre-atrone is ook weer terug en ons het nog nie die einde van die duotone (tweekleur patrone) gesien nie. Sonsondergang (sunset hues) ombrekleure is veral gewild.

Fotos Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Zimmerman; GCDS; Elie Saab SS2023

13. Stille luuksheid

Die tydlose kapsuleklerekas (capsule wardrobe) is tans hoogmode. Dit is beslis ’n goeie belegging, en ’n meer volhoubare benadering tot klere koop, want dit skakel die “fast fashion” deel uit. Van my gunstelinge items in die “stille luuksheid” oftewel capsule wardrobe essentials die seisoen is die somer trench coat, wyepyp broeke, baadjies (blazers) en loafer styl skoene, verduidelik Susra. Ek is mal oor die eenvoud van dié trend soos om ’n trui oor jou skouers te gooi en dadelik stylvol en luuks te lyk.

Lees meer oor ’n kapsule klerekas hier:

14. Maksi-lengtes

Susra sê “Ek is mal oor die langer lengtes wat tans in die modewêreld te siene is. Die lang rompe en lang wyepyp broeke is hier om te bly. Alhoewel ons nog nie die einde van die mini’s gesien het nie, is daar gelukkig baie lang rompe om van te kies. Die rompe het ’n 90’s gevoel met ’n reguit snit en is veral gewild in denim of swart. Susra meen; “Ons moet hierdie style geniet, want dit lyk of die ‘bubble skirts’ binnekort die gewilde keuse gaan wees”.

Fotos Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Peter Do; Givenchy SS2023

15. Strooi en geweefde handsakke

Die strooi oftewel raffia/basket totes was orals te siene op sosiale media oor elke internasionale stylkenner se arm. Hulle gee verseker ’n luukse somersgevoel, maar is beslis nie so prakties vir see toe gaan nie” is Susra se raad. Stileer dit met met uitrustings wat lyk of jy met vakansie is, soos ’n moulose rok, slooprok of kortbroek en knopieshemp daarby”.

Fotos: Vogue Runway, ontwerper: Balmain SS 2023

16. Blink sequins

Ronell sê “’n bietjie blink het my hart – ek besef dit is nie vir almal nie, maar ek is opgewonde dat hierdie tendens hier is om te bly. ’n tendens wat elke dag gedra kan word mits jy dit reg stileer.” Op die loopplanke die seisoen was die sequins skakerings gesien in ’n ligter palet met pastelpienk skakerings.

Fotos Vogue Runway, ontwerpers van links na regs:Valentino; Balenciaga; Miu Miu SS2023

Skakerings van die die reënboog

Ronell le Roux sê hierdie seisoen is kleur is aan die orde van die dag en hoe helderder hoe beter.  

Jeanine Theron lys die volgende skakerings as gewilde opsies vir die komende lente/somerseisoen:

17. Apricot Crush

Natuurlik ook Pantone se kleur van die jaar.

Fotos: Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Victoria Beckham; Hermes; Ulla Johnson (SS 2023)

18. Vanilla Cream

’n Sagte afwit, maar steeds kraakvars skakering.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Boss; Bottega Venetta SS 2023

19. Digital Lavender

Sagte pers skakerings bly nog ’n groot skakering vir somer.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Versace; Valentino SS 2023

20. Lime Wedge

’n Kleur so net mooi tussen geel en lemmetjiegroen. As jy onseker is of dit die regte skakering is vir jou, moet dit nie naby jou gesig dra nie, eerder in broeke, rompe of bykomstighede.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Balenciaga; Elie Saab

21. Fondant pienk of candyfloss pienk

Die vorige seisoen was helder pienk skakerings gewilde opsies maar vanjaar is ligter, pastelkleurige pienk die nuwe pienk om te dra.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Acne Studios; GCDS; Chanel SS 2023

22. Rooi

Rooi is terug en was volop op die loopplanke gewees.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Victoria Beckham; Theory; Gucci SS 2023

23. Helder of kobaltblou

Daar is ook seeblou skakerings wat gewild was op internasionale loopplanke.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Alexander McQueen; Cecilie Bahnsen SS 2023

24. Blompatrone

Susra sê “Ek was nog altyd lief vir blompatrone. Die jaar staan hulle bekend as ‘garden mood’ – die patrone lyk soos blomme wat uit jou tuin kom.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs: Loewe; Dries van Noten & Dior SS2023

Nog ’n tendens is om blomme op ’n driedimensionele manier te dra is Susra se raad.

Lees meer hier:

25. Denim

“Denim is nog steeds groot, en denim op denim is alles! Jy kan lekker speel met kombinasies van kleur & tekstuur, dit hoef juis nie te pas nie.” is Ronell se raad.

Fotos van Vogue Runway, ontwerpers van links na regs:Chloe; Burberry; Diesel SS 2023

Lees meer hier oor denim wat tans steeds groot nuus is:

Die Stylkenners

Simoné Lombard – kontak haar by simlombardimage@gmail.com en volg haar op sosiale media hier.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Die snoesige “Teddyjas”-trend, sal jy hierdie wintermode dra?
error: Content is protected !!