Familiebande, kwaliteitverhoudings en -materiale en moeitelose, elegante styl dra beslis by tot Just Cruizin se suksesverhaal waarin ‘n familie saamgebou het. Die hart agter Just Cruizin is ‘n liefde vir die see en ‘n vry leefstyl, Deur Suzanne Kotzé
Just Cruizin; die begin.

Just Cruizin is deur kranige branderplankryer Hans Kamboot in 1985 begin. Die vrygeestige Hans het op die ouderdom van twintig Suid-Afrika verlaat om branders na te jaag. Van Australië se kus tot in Bali.



Tydens sy reise was daar ’n toevallige ontmoeting met ’n Fransman in handgekleurde katoen wat die saadjie geplant het, wat eendag die drade van Just Cruizin sou word.
Terug in Suid-Afrika het die idees gegroei en begin met baie min geld, en klere wat op buitelugmarkte verkoop. Na op-en afrdraande is die hele familie nou betrokke en Just Cruizin het nie net ’n groot aanlynwinkel nie, maar ook ses Just Cruizin winkels (Kaapstad, Hermanus, Knysna, Fourways (Johannesburg), Menlyn (Pretoria) en Windhoek (Namibië). Dit is in verskeie boetieks in die land en selfs in Botswana en Engeland ook te koop.
Wat nooit verander het nie is Hans en sy familie se liefde vir die see, buitelug en reis. En hierdie ligte, vry, natuurlike gevoel is nie net geestelik nie, maar ook die hart van Just Cruizin se ontwerpe.
Die familie word betrokke

Natuurlik was Just Cruizin ‘n groot deel van die familie-lewe.





Amanda Kamboot

In 2020 het Amanda (Hans se vrou) die leisels oorgeneem. Nadat hulle ‘n klomp winkels moes toemaak na Covid, het Amanda op aanlyn-verkope begin fokus en so weer die besigheid opgebou. “Ek het niks geweet van aanlyn of sosiale media nie, en so dom gevoel, maar ek het geleer en ’n wonderlike aanlyn gemeenskap ontmoet en gebou in die proses,” vertel Amanda.
Vandag is sy bekend as die kreatiewe mag met ’n oog vir ontwerp en ’n onwrikbare geloof in eenvoud, kwaliteit en hart. Haar kalm leierskap en warmte het Just Cruizin help groei tot die geliefde, tydlose handelsmerk wat dit vandag is.
Amanda kom uit ’n baie kreatiewe familie. Haar broer is ’n ontwerper vir Versace, en haar suster is een van die top interieur-ontwerpers in Boston, VSA.
Op ons vraag waarop sy vandag trots is, antwoord Amanda: “my verhoudings met my familie, vriende en ons wonderlike personeel.”
Die kinders, Jordan en Hana

Amanda se seun, Jordan Alexander (’n bekende in die branders) het net na matriek, veertien jaar gelede ook by Just Cruizin begin werk. “Jordan het op hoërskool reeds al sy jonger vriende aan ons oorgekleurde, informele mansreeks bekendgestel. Ons het vinnig besef dat hy met sy gemaklike, vriendelike aard en liefde vir mense en ook Just Cruizin, in die Just Cruizin-familie tuishoort as die gesig agter die mansreeks. Hy het begin deur die mansklere by verskillende markte te verkoop en is vandag ook by die aanlynwinkel betrokke.
Ses maande gelede het Hans en Amanda se dogter, Hana , ook by die besigheid begin. Sy help oral waar sy kan, met alles van rakke pak tot sosiale media.
(Toe ons onlangs by Just Cruizin ingeloer het, was dit so mooi om ma en dogter langs mekaar, altwee voor hul rekenaars te sien werk.)
Die etos van Just Cruizin

Just Cruizin is sinoniem met eenvoud, gemak en stille elegansie. Dit kom van Hans se liefde vir die natuur, die lang, oop pad en sagte katoen moeselien. Die wortels is in Kaapstad geïnspireer deur ’n tydlose strandleefstyl.
Just Cruizin is gegrond in ’n liefde vir natuurlike materiaal in sagte, natuurlike skakerings.
“Ons is bekend vir eenvoudige, outentieke en moeitelose ontwerpe wat saam met jou beweeg en jou gemaklik omhels, terwyl dit gefokus is op ontspanne, kusgemak,” vertel Amanda.
Die kwaliteit en tydlose ontwerpe
Amanda en haar “linker-en regterarm”, Elzar, werk saam om nuwe reekse te skep.
“Ons word natuurlik deur trends beïnvloed, maar ons ‘Justcruizinify’ gewoonlik trends deur details weg te neem eerder as om by te voeg.”
Amanda Kahoot
Amanda vertel dat dit vir haar wonderlik is om saam met ’n jonger oog soos Elzar te werk.
Katoen-breidrag

Just Cruizin is bekend vir hul katoen-breidrag en dit bly minstens die helfte van wat hulle te koop aanbied. “Ons werk al vir ’n klomp jare saam met dieselfde breiers en hulle ken en verstaan Just Cruizin 100% en gee altyd net hul beste.
Katoenmoeselien
“Ons werk hoofsaaklik met katoenmoeselien, wat ons oor die jare in vier verskillende gewigte ontwikkel het. Die verskillende gewig materiale skep verskillende voorkomste en gevoelens. Elke gewig moet anders behandel word, effens anders gegradeer word, en elke gewig kreukel anders.
Dikwels besluit ons om met moeselien te werk vir ’n spesifieke ontwerp, maar om die voorkoms te kry soos ons ons dit wil hê, moet ons rondspeel met verskillende gewigte, en selfs verskillende gewigte moeselien in een ontwerp gebruik. Die proses neem soms baie lank, van konsep tot finale ontwerp en benodig twee ontwerpe, vir die ongewasde en gewasde materiaal.
Ons begin deur met die rou, ongekleurde materiaal te werk, en dan word dit gesny, gemaak en klaargemaak. Daarna word dit geneem vir kleur en dan word dit geneem na die naaldwerkster (CMT) vir stryk, skoonmaak en kwaliteitbeheer voordat dit teruggebring word na ons toe.

Ons maakproses is lank, maar dit skep ’n unieke gevoel waarna ons draers jaar na jaar terugkeer.
Die kledingstukke word ook sagter, hoe meer jy dit dra en dit is heerlik koel teen jou vel. Dit het ook minimale stryk nodig, en is wonderlik vir reis,” vertel Amanda.
Amanda se stylraad?
“Dra wat jou laat goed voel.”

Van Just-Cruizin se nuutste ontwerpe




(R899, Just Cruizin)







