4 van ons gunsteling kettingwinkel-kopies

Hierdie is daardie kettingwinkel-kopies wat ons uitgesnuffel het en dadelik vir mekaar afgeneem en gestuur het. Met die boodskap ‘kan jy glo waar het ek die gekry?’, by. 

Justine se kettingwinkel-kopies

Versier jou ore

Ear Cuffs van H&M stel van 6 vir R99

Ek is ’n groot aanhanger van die nuutste gestapelde oorring mode – hoe meer bling hoe mooier! 

Ek het reeds verlede jaar ekstra oorgatjies laat in sit, maar ek is veels te bang om deur die boonste gedeelte van my ore gatjies te laat skiet (helix piercing), al wil ek hoe graag! 

Toe vind ek ear cuffs! Ek het die stel ear cuffs by H&M raakgesien – jy knyp eenvoudig die oorring om jou oor vas, sonder die pyn! Daar is klomp verskillende groottes, ontwerpe en skakerings om van te kies. 

Ear Cuffs van H&M stel van 6 vir R99

Monokroom mooi

Polkakolle bly ’n gunsteling, ek is al ewig opsoek na nuwe manière om die patroon te dra. Toe ek die rok in Woolworths se Studio W afdeling vind en aanpas het ek geweet dit hoort in my kas. Die abstrakte polkakol patroon is tans groot nuus. 

Ek kan die rok met enkelstewels of met tekkies dra. Die boonste gedeelte is ’n baie ligte trui, perfek vir daardie tussen in weer. Gemaklike rok wat ek byna enige plek toe kan dra en die bonus – my man het laat hoor “Die rok laat jou nogal maer lyk!”. Val vleiend oor my kurwes!

Suzanne se kettingwinkel-kopies

Blinker-en-fraaiing baadjie

Sequin jacket Queenspark
Queenspark Cath.nic Sequin Jacket (R999)

Ek is mal oor ’n stukkie sequin en kon nie glo toe ek hierdie mooi baadjie by Queenspark sien nie. Ek was desperaat opsoek na ’n gewone swart bo-stuk (wat onmoontik is om te kry!) en het by byna elke winkel ingeloop. Ek was baie lanklaas in Queenspark en was so verras oor hulle mooi  en modieus hulle klere op die oombik is. 

Die fraaiing detail maak dat ek die heeltyd wil draai en swaai. Ek dra dit saam met my jeans, ’n swart hemp en hakke of saam met ’n T-hemp en tekkies om dit meer informeel te dra. Gelukkig mag mens mos nou in die dag ook ‘blink.’

Die baadjie is nie op die oomblik aanlyn beskikbaar nie en ek vermoed daar is nie veel oor nie. Hier is ‘n foto van die styl nommer en kode.

Klik hier om nog ’n mooi opsie te sien van ’n sequin ‘bomber jacket’

Blokhaskoen met V-voorpunt

Trenery skoene
Trenery Ida Slingback (R1299, beskikbaar by uitgesoekte Woolworths winkels)

Ek kry nie sommer ‘hakke’ wat nie te hoog is nie, en mooi en gemaklik is nie. Ek is gaande oor die skoene van Trenery. Die blok hakke is is presies die regte hoogte en en die skerper punte is mos nou vreeslik mode. Ek het wel een nommer groter gekoop, omdat my voet breed is vir die nouer punt. 

Die skoene is veral vir my mooi saam met ’n langbroek. 

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
rokke
Partytjierok vir ’n geleentheid
error: Content is protected !!