4 Bekendes deel hul gunsteling oefendrag

Dit is partykeer so moeilik om oefendrag te vind wat mooi is maar steeds die regte ondersteuning bied, nie afgly wanneer jy hardloop nie of ’n bra wat ordentlik sy werk doen. Ons het vir vier bekendes wat graag oefen, gevra om hul gunsteling oefenklere met ons te deel. Elk van die dames doen verskillende tipes oefeninge en hier is beslis ’n stukkie raad vir elkeen van ons. Lees nou wat Marciel Hopkins, Junette Syster, Uleen Fourie en Rozanne Mckenzie te sê het oor oefendrag; Deur Justine Kroes

Wat is jou gunstelinge tipe oefening/e om te doen?

Marciel Hopkins

Marciel Hopkins, model, aktrise en aanbieder van Boer Soek ’n Vrou se gunsteling oefeninge; “Ek hou van kombinasie-oefeninge wat wissel tussen cardio en om met gewigte te oefen. Dit werk die heel beste vir my om in shape te bly! Ek het nou ’n nuwe 8 week Feel Good Fitness-oefenprogram uitgebring, sodat mense saam met my kan oefen.” Klik hier om meer te leer.

Rozanne Mckenzie

Rozanne McKenzie is ’n vervaardiger, TV en Radio aanbieder sy sê “Ek is mal oor funksionele oefening. Dit sluit in squats, lunges, gewigte optel, met my eie liggaamsgewig werk. Ek oefen 5-6 keer ’n week by ’n gim Fitblock waar ons al hierdie tipe oefening doen in ’n circuit met ’n platejoggie en ligte en afrigters op die vloer wat ’n mens wys hoe om elke oefening reg te doen. Dis vir my soveel pret, dit voel nie asof ek oefen nie.

Ek paaldans ook ’n paar keer ’n week by The Cirk. My lyf was nog nooit so vol bloukolle of so seer nie, maar ek was ook nog nooit so sterk nie. Paaldans help ook verskriklik baie met met my selfvertroue. Dis ongelooflik bemagtigend.

Uleen Fourie

Uleen Fourie, beeldskone gesondheids- en fiksheidsafrigter oefen graag so “Ek doen graag weerstand of  lae impak gimoefeninge en ek hardloop ook graag so een keer ’n week!”

Junette Syster

Junette Syster, model, Ma en sosialemedia “influencer” oefen graag in die natuur “My gunsteling oefening is beslis “hiking en trail running” ek het voorheen graag op die pad gehardloop en tyd in die gimnasium deurgebring, maar die berg het my hart oorgeneem. Daar is net soveel meer om waar te neem, die natuurskoon vol blomme en watervalle, dit gee my ’n rede om op te staan soggens!

Wat is dié moet-hê oefenkledingstuk waaraan ’n vrou gerus kan geld spandeer?

“Die belangrikste stuk oefenklere vir my is ’n goeie sportbra of croptop. Lekker elastiese materiaal wat jou styf, maar gemaklik vashou, en jou laat voel asof jy enigiets sonder hindernis kan doen. Jy kan van ’n paal hang, op en af spring en niks beweeg nie” sê Rozanne

“’n Goeie oefenbroek en bra! Mens wil nie selfbewus voel terwyl jy oefen nie, so goeie ondersteuning in ’n sportbra is baie belangrik. Belê in ’n goeie kwaliteit oefenbroek wat nie deurskyn of kolle maak as jy sweet nie.”

Marciel Hopkins

Uleen stem saam “’n sportbra wat goeie ondersteuning bied en ’n paar tights wat gemaklik is, nie deurskyn nie en vleiend is vir jou lyfvorm”.

Uleen in Burnt Fit

Junette se raad vir voller figuur lywe “Beslis ’n goeie sportbra, veral belangrik as jy graag “endurance” sportsoorte doen soos trail-running. En dames met groter bobene – dit is belangrik om ’n goeie kwaliteit hardloopbroek te hê, dit beskerm teen bene wat seerkry van teen mekaar skaaf (chafing).

Junette in Hi-tec

Maak stylvolle oefendrag ’n verskil aan hoe jy voel wanneer jy oefen?

“Absoluut!” sê Marciel “Ek oefen sommer harder én lekkerder as ek mooi oefenklere aanhet. Ek voel beter en meer gemotiveerd as ek weet die oefenklere wat ek aanhet beklemtoon my kurwes en ondersteun my bates.”

Marciel in Sweatgear

“Beslis” is Rozanne se opinie “Ek het onlangs begin aandag gee aan my oefenklere in terme van kleur “matching” en tyd geneem om oulike stelle bymekaar te sit. Dit maak vir my die wêreld se verskil om te voel dat ek goed lyk. Ek is baie onopgesmuk wanneer dit by oefen kom, ek kan nie met grimering oefen nie, want ek sweet BAIE, so mooi oefenklere gee vir my daardie hupstoot. Ek voel sommer soos Serena Williams!

“Vir seker, dit is elke dag vir my opwindend om te kies in watter oefenpakkie ek gaan oefen!” Uleen

Junette sê “Ek leef tans in “activewear”, dit is lieflik gemaklik, veral met my kleintjie en omdat ons deesdae so baie van die huis af werk, is my oefendrag deesdae soos my uniform. Prettige skakerings en patrone laat my goed voel en moedig my beslis aan om te gaan oefen.

Junette in Koakoa Active

Ek het my begin beloon met pragtige oefendrag – as ek drie keer ’n week oefen dan sal ek myself beloon met ’n mooi oefendragitem, of dit nou ’n paar sokkies of ’n bra is. Ek grap deesdae en sê “Ek trek nou aan vir die berg soos wat ek destyds vir ’n aand uit aangetrek het!”

Handelsmerke/brands waarin jy graag oefen?

Junette oefen in:

Vir verskillende oefeninge hou ek van verskillende oefen-handelsmerke. My Kheper stelle is daardie stelle waarin ek leef – ek kan dit meer formeel dra, maar ook minder formeel, ek oefen net so lekker daarin. My Kheper vpop tights is beslis ’n gunsteling, dames met groter heupe – loer gerus daarna. Die Kheper stelle bly innoverend en “on trend” beslis ’n brand op dop te hou.

Junette in Kheper

Vir my “high endurance” oefeninge dra ek graag Koakoa (die naam beteken warrior), baie goeie kwaliteit, veral rondom my borste vir daardie langafstand oefeninge.

Junette in Koakoa

Bacon Bikinis het nou ook nuwe oefenstelle vrygestel – lieflik sag en so gemaklik – hierdie stelle is perfek vir oefeninge soos yoga en pilates.

Ek ondersteun graag hierdie drie brands, hulle word deur vroue besit en is plaaslik vervaardig, dit is vir my so belangrik om plaaslik te koop en te ondersteun.

Marciel oefen in:

Wildcat & Sweatgear. Beide handelsmerke se oefenklere is van ’n baie hoë kwaliteit met mooi kleure en patrone waaruit ’n mens kan kies. Daar is iets vir elkeen se smaak! As ek van die huis af werk, dra ek heeldag my oefenbroeke. Dis só gemaklik!

Marciel in Wilcat Clothing
Marciel in Sweatgear

Rozanne oefen in:

Met paaloefeninge oefen ek meestal in stelle van Indelicate Clothing. Die ontwerpe is ongelooflik kreatief en baie sexy. Dis ’n Suid-Afrikaanse maatskappy en hulle diens is puik. Die uitrustings is ontwerp deur mense wat self paal- en ander aerial arts-oefeninge doen, so hulle weet presies wat waar moet gaan om die gemaklikste te wees.

Rozanne in Indelicate Clothing

Ek is ook ’n groot aanhanger van Cheyna Dot. Die maatskappy word deur ’n vrou besit en alles is plaaslik vervaardig. Daar is soveel verskillende patrone en style om van te kies.

Roanne in Cheyna Dot

Uleen oefen in:

Ek dra werklik net Burnt se oefenklere, die kwaliteit, styl en hoe dit aan my lyf pas is net op ’n ander vlak!

Uleen in Burnt Fit

Lees ook: Verander so jou winter kapsuleklerekas in ’n somerklerekas

en Oefening en jou vel; 10 redes hoekom dit goed én sleg is

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kersgeskenke vir modeliefhebbers
error: Content is protected !!