Forever New

Pienk – die kleur van die oomblik, dra dit so

Pienk! Of jy nou daarvan hou of nie, pienk is deur modekenners gedoop as “die kleur van die jaar”. En nee nie sagte spookasempienk nie – meer iets in die lyn van skelhelder en neonweergawes van pienk. Te danke aan die modehuis en ontwerper Valentino is die skakering onder meer “Valentino Pink” gedoop (dit het selfs sy eie Pantone kleurskakering ontvang!) omdat byna die hele lentereeks in dieselfde pienk ontwerp is.

pienk
“Valentino pink”

Die skakering is natuurlik ook gekoppel aan die nuutste “Barbiecore” trend (verbeel jou Barbie en Ken in hul meer is meer uitrustings, maar in lewende lywe met ’n oormaat van pienk).

Voorkomskonsultant en kleurkenner Simoné Lombard deel handige raad om hierdie (effens intimiderende) skakering van pienk met gemak aan te pak. Saamgestel deur Justine Kroes

09/09/2022

Hou jou veltoon in gedagte:

“Hot Pink” sal veral goed lyk by mense met ’n blou (koue) ondertoon.

Iemand met ’n blou veltoon kies ’n pienk met ’n blou en pers ondertoon.

Iemand met ’n geel veltoon kies ’n pienk met ’n geel en oranje ondertoon.

 ’n Pienk wat vir ALMAL werk is koraalpienk

Dra jou pienk so, hier is 6 wenke

Hier is ’n paar maklike pienk uitrustingidees volgens Simoné se raad;

1. Kleurblok jou pienk:

As jy onseker is oor hoe om te “kleurblok”, loer na ’n kleurwiel en kies óf skakerings wat naby aan mekaar op die wiel is, óf kies skakerings direk oorkant mekaar op die kleurwiel vir ’n meer dramatiese effek – byvoorbeeld pienk en groen.

pienk
Versace Spring 2022 Ready To Wear

Vir meer subtiele kleurblok, dra jou pienk by neutrale skakerings soos wit en beige – dit sal ook die aksent skakering (in die geval die pienk) meer laat uitstaan.

2. Pienk bykomstighede

Hierdie is natuurlik die maklikste manier om die trend te dra. Met ’n pienk serp, handsak, oorbelle of skoene sal dit dadelik lyk asof jy weet wat tans in die modewêreld aangaan. Ook ’n goeie idee as jy nie die pienk naby jou gesig wil dra nie – dan is skoene of ’n handsak jou antwoord!

Zara Lace Up High Heel Shoes (R759)
Zara Printed Satin Scarf (R259)
Witchery Odessa Leather Sling (R1499)

Wenk: Dra jou pienk skoene saam met jou gunsteling jeans en T-hemp vir ’n trendy voorkoms.

3. Monokroom jou pienk

’n Monokroom uitrusting is verslankend. Speel met layering-tegnieke om die eentonigheid te breek. Dra ’n hot pienk rok of pretpakkie gestileer saam met ’n sagte pienk baadjie. Die ligter skakering sal ’n versagtende effek hê. Of ‘n helder pienk pak met ‘n sagter skakering pienk bloes, verskillende skakerings van pienk sal diepte skep in so monokroom uitrusting.

pienk
Foto: Witchery

4. Dra dit by leer

Vir ’n meer kontemporêre uitrusting, kombineer jou helder pienk by ’n leerbaadjie of leerstewels, dit gee ’n edgy gevoel ingeval jy bang is om te “poppie perfek in pienk” te lyk.

pienk
Foto: Pinterest

5. Pienk in manlike snitte

Dis ’n totale styl oksimoron, maar ’n slim een; jy verbreek die sagte vroulikheid deur dit in manlike snitte te koop. Dink aan ’n pienk power suit, of klere items met sterk lyne soos ’n kraaghemp byvoorbeeld.

pienk
Mango Shirt Pai Pink (R799)
pienk
Mango Work Shirt (R1299)

6. Dra jou pienk as ’n lipstiffie of oogskadu

 Jy kan natuurlik ook hierdie pienk by jou skoonheidsroetine insluit – helder pienk lippe of ooggrimering is tans net so in die mode soos pienk skoene of ’n handsak!

Hier is ‘n paar gunsteling pienk items:

Mango One Piece Suit Nalita (R1499)
Zara T-Shirt with Gathering and Ruffles (R419)
Witchery Flutter Sleeve Maxi Dress (R2499)
Superbalist Aline Mini Skirt Hot Pink (R379)
Witchery Cotton Sateen Blouse (R1199)
Zara Fabric High Heel Ankle Boots (R699)
Witchery Viscose Linen Blazer (R2799)
Mango Quilted Chain Bag Fuchsia (R799)
Forever New Nylah High Waisted Pants (R999) Maeve Boyfriend Blazer (R1399)

Simoné Lombard

Simoné Lombard is ’n stylkenner en voorkomskonsultant – bespreek jou stylanalise met Simoné by simlombardimage@gmail.com en volg haar op Instagram hier.

Lees ook 14 Lentetrends op ons stylradar.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
‘Balletcore’, wat is dit, en hoe dra ek dit?
error: Content is protected !!