39 Strandbykomstighede vir jou Desembervakansie

Benodig jou strandbykomstighede dalk ’n verfrissing? Hier is van strandtente en strandwaentjies tot stoele, strandkoelers, speletjies en mooi handdoeke. Ons deel graag ons Desember strandbykomstighede wenslysie, 39 van hulle! Deur Justine Kroes

39 Strandbykomstighede

Strandsambrele

Op ons wenslysie is ’n parasol-styl strand sambreel in die mooiste skakerings:

Strandtente

Indien jy nie die een wil wees wat agter jou strandsambreel op ’n volgepakte strand aanhardloop nie dan is ’n strandtent vir jou.  Strandtente is deesdae die maklik genoeg om op en weer af te slaan en is die ideale rusplek vir moeë lyfies!

Strandkussings

Dit is lieflik om in die son te lê en lyf laat verbruin, of selfs onder die sambreel te lê en lees, maar om opgerolde handoeke as kussings te gebruik, is nie altyd so gemaklik nie – plus iemand pluk altyd daardie opgerolde kussing onder jou uit terwyl jy op jou heel lekkerste lê! As dit bekend klink, dan het jy ’n strandkussing nodig. Klein en kompak, neem my enige plek strandkussing!

Strandstoele

Vir die wat nie graag wil lê of binne-in die sand sit nie is ’n strandstoel ’n goeie kopie. Iets wat eenvoudig opvou, lekker maklik gedra kan word, en nog belangriker, lekker gemaklik sit natuurlik.

Strandwaentjies

Het jy ook al daardie mense gesien wat hierdie slim waentjies so sorgloos loop en sleep oor die strand? Hulle dra nie meer arms vol strandsambrele, handdoeke, sakke of speelgoed nie. Laai eenvoudig als wat jy nodig het op jou strandwaentjie met sy 4×4 wiele wat maklik oor die sand beweeg. ’n Moet vir ouers wat net nog ’n hand of twee nodig het op daardie stranduitstappies.

Strandmatte en handdoeke

Ons resep vir die perfekte strandhanddoeke? Dit moet groot genoeg wees, ordentlik water absorbeer en dit moet natuurlik mooi wees! Loer hier na ’n klompie strandhanddoeke en strandmatte vir jou volgende stranduitstappie:

Piekniekmatte/ komberse

Partykeer het mens iets net so tikkie groter as ’n handdoek nodig.

Strandspeletjies

Hetsy dit nou vir jouself of vir jou kinders is, strandspeletjies beslis nodig om in jou nuwe strandwaentjie te laai!

Strandkoelsakke

Strand koelsakke moet groot genoeg wees (wat help dit jy kan een bottel inpas!), dit moet gemaklik kan dra (dink Clifton strand se trappe of en af) EN moet natuurlik mooi genoeg wees om te wil uitstal.

Hier is ’n paar op ons wenslysie:

Thandana 45L Big Boy Cooler (R4 459) Laminated Fabric, hard inner bin with bamboo cutting/serving board.

Slim ekstras

Hier is ’n klompie slim ekstra bykomstighede wat jy dalk nie eers geweet het jy nodig het nie!

Hou jou selfoon droog en veilig:

Hou jou kar sitplekke skoon en droog met hierdie

’n Onderwater kamera, hiermee sal ouers en kinders lekker kan speel!

Strandsakke wat sand aan die onderkant deurlaat, hoe slim! Thandana Meshie Bucket Bag (R499) verskillende groottes beskikbaar.

’n “Wetbag” – sakkie waarin jy jou nat swembroek kan stoor om die res van jou strandsak droog te hou.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dink nuut oor jou lessenaar, 8 lessenaarstyle om nou te oorweeg
error: Content is protected !!