Al ooit op die strand gesit met jou sambreel wat koebaai koebaai daar ver oor die strand weg waai? Van strandtente, strandwaentjies, tot stoele, strandkoelers, speletjies en mooi handoeke; hier is ons Desember strandbykomstighede wenslysie wat ons graag met julle deel. Deur Justine Kroes
10/12/2023
Strandtente
Glo ons, jy wil nie die een wees wat agter jou strandsambreel op ’n volgepakte strand aanhardloop nie! Strandtente is beslis die nuwe strandsambreel – deesdae is die tente maklik genoeg om op en weer af te slaan met min of geen moeite.
Loer hier na die 4 strandtente wat ons onlangs raakgesien het:
Strandstoele
Vir die wat nie graag wil lê of binne-in die sand sit nie is ’n strandstoel ’n goeie kopie. Iets wat eenvoudig opvou, lekker maklik gedra kan word, en nog belangriker, lekker gemaklik sit natuurlik.
Strandwaentjies
Het jy ook al hierdie oulike waentjies gesien – hierdie mense wat die waentjies so sorgloos loop en sleep oor die strand dra nie meer arms vol strandsambrele, handdoeke, sakke of speelgoed nie. Laai eenvoudig als wat jy nodig het op jou strandwaentjie met sy 4×4 wiele wat maklik oor die sand beweeg. ’n Moet vir ouers wat net nog ’n hand of twee nodig het op daardie stranduitstappies.
Strandkussings
Dit is lieflik om in die son te lê en lyf laat verbruin, of selfs onder die sambreel te lê en lees, maar om opgerolde handoeke as kussings te gebruik, is nie altyd so gemaklik nie – plus iemand pluk altyd daardie opgerolde kussing onder jou uit terwyl jy op jou heel lekkerste lê! As dit klink soos jy, dan het jy ’n strandkussing nodig. ’n Klein en kompak, neem my enige plek strandkussing!
Hierdie ontwerpe is net so mooi:
Strandmatte en handdoeke
Ons resep vir die perfekte strandhanddoeke? Dit moet groot genoeg wees, ordentlik water absorbeer en dit moet natuurlik mooi wees! Loer hier na ’n klompie strandhanddoeke en strandmatte vir jou volgende stranduitstappie:
Vir ouers – hierdie Moove (R1 500) speelmat en sak in een is ’n moet hê. Die waterdigte materiaal vou oop soos ‘n mat – en trek weer toe as jy klaar gespeel het.
Strandspeletjies
Hetsy dit nou vir jouself of vir jou kinders is, strandspeletjies beslis nodig om in jou nuwe strandwaentjie te laai!
Strandkoelsakke
Strand koelsakke moet groot genoeg wees (wat help dit jy kan een bottel inpas!), dit moet gemaklik kan dra (dink Clifton strand se trappe of en af) EN moet natuurlik mooi genoeg wees om te wil uitstal.
Hier is ’n paar op ons wenslysie: