Sommige skoonheidsprodukte geniet ’n vlietende oomblik in die kollig, veral met sosiale media wat daagliks ‘nuwe moet-hê’ produkte en trends wys, net om dikwels binne ’n week of twee weer vergete te wees, of net in jou badkamerkassie bly staan. Ander word staatmakers. Vir 25 jaar het Dermalogica Daily Microfoliant presies dit gedoen; kultusstatus in badkamerkassies, spieëltafels en skoonheidsredakteurs se gunstelinge regoor die wêreld verwerf. Deur Suzanne Kotzé
Waarom Dermalogica Daily Microfoliant so suksesvol is
Lank voordat velsorg, “glasvel” en afskilferende sure velsorggesprekke oorheers het, het Dermalogica Daily Microfoliant vroue aan ’n sagter, slimmer manier van afskilfering bekendgestel. Die fyn wit poeier wat met ’n paar druppels water in ’n romerige pasta verander, het sedert die bekendstelling daarvan in 2001 merkwaardig onveranderd gebly; amper ongehoord in ’n bedryf wat die heel tyd besig is met voortdurende heruitvinding en nuwe, beter produkte.
Die Japannese spa-ritueel wat die wêreldwye topverkoper geïnspireer het
By die opening van die nuwe Dermalogica winkel en salon by Winelands Square, deel Paul Breytenbach, handelsbemarkingsbestuurder van Dermalogica met ons hoe Microfoliant ontstaan het.
Dermalogica-stigter Jane Wurwand was in 1999 in Japan en het ’n onsen (’n warmwater bron) besoek, waar sy ’n spa-behandeling gehad het. Tydens die tradisionele spa-ritueel het haar terapeut fyn wit ryspoeier saggies in klein sirkelbewegings op haar klam vel gemasseer. Jane was gefassineer deur hoe goed dit gevoel het en ook hoe goed haar vel na die tyd gelyk het.
Terug in die VSA het Dermalogica se navorsingspan begin om ’n moderne weergawe te ontwikkel wat deur daardie ritueel geïnspireer is. Die resultaat was Daily Microfoliant: ’n water-geaktiveerde afskilferende poeier wat rysensieme, papaiïen, salisielsuur en strelende hawermout kombineer om die vel af te skilfer sonder die hardheid wat met tradisionele skropmiddels geassosieer word.
Afskilfering in die vroeë 2000’s het dikwels harde korreltjies bevat wat jou vel dikwels geïrriteer het of sensitief laat voel het. Daily Microfoliant het iets anders gebied: professionele afskilfering wat sag genoeg was om daagliks te gebruik.
Die produk het glo tydens die eerste jaar meer as een miljoen eenhede verkoop en is vandag nog Dermalogice se topverkoper produk.
Jane Wurwand se visie: velgesondheid en opleiding

Om te verstaan waarom Daily Microfoliant so lank so suksesvol is, is dit belangrik om die filosofie agter Dermalogica en Briste stigter Jane Wurward self verstaan.
Tydens haar besoek in Suid-Afrika, toe sy haar boek ‘Skin in the Game’ bekendgestel het in Stellenbosch, vertel sy hoe haar verpleegster-ma se woorde aan hulle vier dogters (wat sy alleen grootgemaak het) ‘leer om iets te doen’, haar lewe gevorm het.
Leer om iets die doen.
Jane Wurwand se ma
Jane het al op 15 na skool hare gevee en koffie en tee gemaak in ‘n haarsalon. Sy is later opgelei as velsorgterapeut en het op die ouderdom van 19 Suid-Afrika toe gekom, waar sy in ’n salon in Seepunt gewerk het, en ook haar man ontmoet het.
Nadat sy Amerika toe getrek het en daar begin werk het, hdt sy agter gekom dat daar ’n groot leemte in opleiding is. Sy het toe in ’n kametjie begin met opleiding en die International Dermal Institute gestig om nagraadse opleiding vir velterapeute te bied.
Jane was gefrustreerd deur produkte vol kunsmatige geure, minerale olies en irriterende bestanddele wat luuksheid bo resultate geprioritiseer het, wat hulle op kliënte moes gebruik. In 1986 stig sy Dermalogica. Met die fokus op opvoeding, professionele kundigheid en bestanddele wat die vel se integriteit behou moet wees.
Daardie professionele benadering het een van Dermalogica se grootste sterkpunte geword. Vroue het die produkte vertrou omdat dit deur opgeleide terapeute aanbeveel is eerder as nog ’n advertensie-veldtog.
Waarom dit steeds vandag so gewild is
In ’n velsorgmark propvol nuwe bekendstellings, TikTok-tendense en “wonderwerk”-bestanddele, kom Daily Microfoliant se blywende krag neer op drie dinge: konsekwentheid, sensoriese ervaring en resultate.
Die formule lewer steeds wat moderne verbruikers wil hê; gladder tekstuur, helderder vel en sagte afskilfering sonder om die velversperring in die gedrang te bring. Die rysgebaseerde poeier aktiveer met water, wat jou toelaat om die intensiteit aan te pas afhangende van hoeveel water jy byvoeg.
Vyf-en-twintig jaar later, terwyl vele afskilferaars gekom en gegaan het, wen Microfoliant steeds pryse en bly bo aan topverkoperlyste.
Verskillende maniere om Microfoliant te gebruik
Vir ’n professionele gevoel tuis-afskilfering



Meng dit in ’n bakkie met ’n velsorgkwas en klits dit in ’n skuim voordat jy dit aanverf
Vinnige daaglikse gebruik

Gooi poeier in jou hand en meng dit met ’n paar druppels water in jou handpalm. Vryf jou hande saam todat die poeier meer skuimerig word.
In die stort

Gebruik dit soos normaal op jou gesig en sommer op growwe dele soos jou elmboë en knieë ook.
’n Moet voor grimering

Ons maak altyd seker om Microfoliant te gebruik, veral voordat ons grimering moet doen. Grimering gaan soveel beter aan ’n gladde vel, sonder dooie velletjies. Jou vel is immers die skilderdoek vir jou grimering.
In ons gim-sakke
Die klein reis-grootte Microfoliant is ideaal vir gimsakke (en reis) en om al die oefensweet saggies af te skrop.
Dermalogica produkte is beskikbaar uitgesoekte Dermalogica salonne en -winkels en ook aanlyn by dermalogica.co.za









