haarstyle 2026
haarstyle 2026

20 Haartrends (van kleure tot snitte)  waarvan jy nou moet weet

As dit by haartrends en kleur kom, is warmer natuurlike skakerings van die grootste nuus, terwyl snitte sag en ingeleef lyk. Deur Suzanne Kotzé.

1. Gesonde hare

Gesonde hare wat blink, lyk makliker moeiteloos mooi. Dit is juis hierdie ‘moeiteloos mooi’ wat op die oomblik een van die grootste trends is. “Hare wat blink en sterk is,” volgens haarstilis Salome de Wet.

2. Bixie

Die bob-pixie kruising is steeds groot nuus die jaar. “Die bixie-snit is kort, sag en moeiteloos koel,” sê haarstilis Salome de Wet.

3. ‘Birkin bangs’

“Birkin bangs lyk ongedoen, tydloos en sjiek,” sê Salome. Die kuif het sy naam gekry van die sewentigs Britse aktrise en styl-ikoon Jane Birkin wat haar kuif sag en veeragtig gedra het. Die lengte is op die wenkbroue.

Jane Birkin: Foto Pinterest, Daisy Edgar Jones: Foto: Instagram, Olivia Moore, hare deur Rachel Williams foto: Instagram, Foto: Pinterest, Foto: Pinterest

4. Gordyn-kuiwe

Saam met die lae-snitte wat in is, werk gordyn-kuiwe baie goed. Dit is ook ’n makliker tipe kuif om te dra (en groei ook makliker uit) as ’n vol kuif. Wat die gordyn kuif verskillend maak van die Birkin Bangs is dat dit langer lae aan die kant het wat by jou haarstyl insmelt. Jou kuif is soos half-oopgetrekte gordyne wat langs jou gesig afhang.

Foto: Sabrina Carpenter Instagram, Foto: Pinterest, Foto: Pinterest, Foto: Pinterest

5. Gedefinieërde krulle

Volgens Salome is “tekstuur die nuwe luukse”. Beklemtoon jou krulle en laat dit op hul beste lyk.

Fotos: Pinterest

6. Sypaadjies

As jy onseker is oor waar jou sy-paadjie moet val, is die bo-punt van jou wenkbrou ’n goeie plek.

Foto: Pinterest, Foto: Pinterest, Foto: Pinterest, Foto: Pinterest

7. Japanese bob

Die minimalistiese bobstyl het min (sigbare)lae, reguit lyne en eindig min of meer by jou ken.

Foto: Instagram, Foto:Instagram, Foto:Instagram

8. Wolkerige (cloudy) bob

Hierdie is nou die teenoorgestelde van die netjiese Japanese bob. Die styl is langer (maar nog nie ’n lob nie), en sagte, bonsende lae wat ingeleef en ongedoen lyk.

Foto: Pinterest, Foto:Pinterest

9. Skoenlappersnit

Dit skoenlappersnit het baie lae, met korter stukke rondom jou gesig en kan enige lengte wees, van lank tot lob of bob.

Foto: Instagram en Pinterest

10. Die V-snit

Die lae agter vorm ’n V. Dit kan ’n meer duidelike sewentigs gevoel hê, of meer subtiel wees.

Foto: Pinterest, foto: Instagram, foto: Pinterest, foto: Pinterest

11. Kastaiingbruin esdoring bronde

“Dink aan bruin blonde skakerings wat warm, ryk en maklik om te dra is,” sê Salome.

Foto: Instagram, foto: Pinterest, foto: Instagram, foto:Pinterest

12. Ysige, vanieljeblond

Die kleur is volgens Salome “skoon, modern en verhewe (elevated).”

Foto: Instagram

13. Khaki-bronde

Moenie skrik nie, khaki verwys darem nie regtig na khaki nie, maar eerder na ’n sagte, gouerige kleur met spatsels askleur deur die sogenaame kleursmelt tegniek te gebruik. Bronde verwys natuurlik na ’n mengsel van brunette en blond.

Foto: Instagram, Foto: Pinterest

14. Sagte appelkoosblond

Die warmer blonde skakerings is al vir ’n paar jaar groot nuus. Appelkoosblond is ’n warmer blond met ’n subtiele appelkoos ondertoon. ’n Skakering so tussen koper, aarbeiblond en goudblond.

Foto: Instagram Madeleine Kay , Foto: Pinterest

15. Botterroomblond

Dink aan botteroom as ’n skakering tussen goud en romerige blond. Warm, glansend en gesond. ’n Warm blonde ondertoon met romerige strepies van die midlengtes na die punte is volgens haarstilis Jason Collier ’n goeie manier om dit te doen. 

Foro @claytonhawkins), Foto: Instagram

16. Gedempte (muted) blond

Kleur met gedempte kontras, skakerings wat inmekaarsmelt en fluweelagtig lyk. Die kleur lyk ingeleef, natuurlik en moeiteloos met kleurname soos ‘suede’.

Foto: Instagram, Foto: Instagram

17. Teddiebeerbruin

Sagte, heuning, karamelskakerings met ’n songesoende gesonde glans, sonder dat dit waarlik blond is. Dit is veral gewild onder brunette wat ’n warmer kleur wil hê sonder harde, kontrasterende ligstrepies.

18. Sjokolade kersie

Dink aan “diepbruin met ’n speelse rooierige kersie-kinkel,” verduidelik Salome.

Foto: Facebook Foto: Pinterest

19. Sagte ombré

“Skakerings wat subtiel vermeng, eerder as harde kontras,” verduidelik Salome.

Foto: Instagram, Foto: Pinterest, Foto: Instagram

20. Espresso brunette

Dink aan diep, ryk en glansende brunette skakerings met subtiele, skaars sigbare goue of karamel ligstrepies wat diepte en beweging skep.

Foto: Instagram, Foto: Instagram

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kies so die regte oogskadu vir jou oogkleur
error: Content is protected !!