19 Skoonheidsbykomstighede wat jy nie geweet het jy nodig het nie

Na jare (en jare) van produkte toets en probeer het ons as skoonheids-skrywers al ’n ding of twee geleer van skoonheidsbykomstighede. Hoewel daar baie “gimmicky” skoonheidstoestelle daar buite is wat alles en meer beloof, het ons ’n klompie waarin ons regtig glo (en steeds gebruik). Hierby deel ons graag met julle ’n handvol van wat al ’n ruk op ons skoonheidswenslysie is. Deur Justine Kroes

07/06/2024

Jou laaste gesiglappie

GLOV Expert Dry Skin (R303 Sparkle Cosmetics)

Verwyder grimering net met water?  Ja, so eenvoudig soos dit – hierdie oulike handskoen het ons grimeerverwydersessies ’n droom gemaak. Maak eenvoudig die handskoen nat en vee jou grimering weg, sonder enige ekstra seep of grimeringverwyderaar. Totsiens katoenballetjies!

GLOV Magnetic Cleanser Stick (R135)

Met die GLOV Magnetic Cleanser Stick (R135) is dit nog makliker om die handskoen skoon te hou. Die grimering (dink aan bloedrooi lipstiffie, maskara en onderlaag) wat op jou handskoen afgevee word, smelt eenvoudig weg wanneer jy die skoonmaakmiddel daaroor vryf. Boonop kan jy jou GLOV handskoen in die wasmasjien gooi so tussen skoonmaaksessies deur.

GLOV Quick Treat

Die GLOV Quick Treat is ’n kleiner weergawe wat jy op jou vingerpunt dra om enige grimeerblapse vinnig weg te vee terwyl jy grimering aanwend. Ek gebruik dit gereeld halfpad deur die dag wanneer ek sien my ooggrimering sit nie meer waar dit hoort nie. Ons gebruik dit ook op dae wanneer ons videos neem en ons het nodig om blitsvinnig lipstiffie of grimering te verander.

Haartangetjie met ’n liggie

Jy sal nie glo watter verskil maak dit om ’n haartangetjie met ’n liggie by te hê nie! Die LaTweez Illuminating Tweezers (R520) is al jare lank ’n gunsteling in ons smuktassies.

LaTweez Illuminating Tweezers (R520)

Die tangetjie se punte is bedek met “diamond dust” wat sorg dat jy die haartjies ordentlik vasvat. Die aan-en-af knoppie vir die LED liggie is ’n pragtige Swarovski kristal, en die liggie skyn presies daar waar jy haartjies wil uittrek. Die plukproses is met die gebruik van die tangetjie korter en ook meer akkuraat. Ons gunsteling deel is natuurlik die houertjie – en lyk skoon soos ’n lipstiffie waarin jy jou tangetjie bêre.

Beskikbaar in verskeie skakerings,

Trek die perfekte streep

Catrice Magic Perfectors Cosmetic Tape (R88,95)

Hoe slim is hierdie kleefband – plak dit daar waar jy jou perfekte katoog wil hê, trek jou streep met die oogomlyner, wag totdat dit droog is en trek af. Werk glo net so goed om die aanwending van oogskadu ook netjies te hou.

Eenvoudige selfverbruiner aanwender

Ons het so gelag toe ons die outjie onlangs beskryf “onthou jy daardie self tan applicator vir jou rug wat nes ’n shoe horn lyk” en hierdie verduidelik dit net so goed.

Die Loving Tan Easy to Reach Back Applicator (R450) is ideaal vir daardie areas (soos jou rug) wat net te moeilik is om self by kom. Hierdie slim skoonheidsbykomstigheid vou klein op vir maklike stoorplek.

Loving Tan Easy To Reach Back Applicator for Self Tanning (R450)

Hierdie een vir die rug lyk ook na ’n goeie opsie:

Skinny Tan Self Tan Applicator for Back (R269 takealot)

Gesighaar rollertjie

Gesighare wat pla? Geen probleem! Deesdae gaan ons vir ’n dermaplane behandeling. Waar al die fyn haartjies op jou gesig met ’n lemmetjie deur ’n terapeut afgeskeer word.

As jy nie tyd het om by jou dermaplane sessie uit te kom nie, probeer gerus die Tweezerman Smooth Finish Facial Hair Remover (R661,10 Care to Beauty)  

Tweezerman Smooth Finish Facial Hair Remover (R661,10 Care to Beauty)  

Die Tweezerman Smooth Finish Facial Hair Remover (R661,10 Care to Beauty) kan op jou nek, ken, wange, bo-lip en selfs op kleiner areas soos jou wenkbroue gebruik word. Die slim toestelletjie verminder ook haargroei omdat dit die hele haar en haarfollikel verwyder.

So werk dit: Jy hou die onderste twee punte vas en rol dit met jou vingerpunte, druk dan die bopunt (wat soos ’n veerlyk) teen die area waar jy hare wil verwyder.  Die gedraaide “coil” gedeelte trek die haartjie vas en dan uit soos dit draai. Dit werk so vinnig en trek ’n klompie hare op ’n slag uit, wat dit minder seer maak as om een-vir-een haartjies met ’n haartangetjie te verwyder.

Naeltangetjie

As jy gereeld aan jou naelvliesies karring en trek (of byt!) is hierdie ’n moet. Ons het nog nie ’n ander naelvliesknippertjie gevind wat so raakvat soos hierdie Tweezerman Grip & Snip Spiral Spring Cuticle Nipper (R882,40).

Tweezerman Grip & Snip Spiral Spring Cuticle Nipper (R882,40)

Hierdie knippertjie van my bly nou al na 8 jaar vlymskerp en ek gebruik dit gereeld. Ook so handig vir allerhande ander redes, hiermee het ek al ’n moeilike splinter verwyder en dit natuurlik selfs al gebruik as ’n skêr (wanneer ek nie een byderhand gehad het nie!) Ook maklik om skoon te hou met klein bietjie alkohol. Beslis een van my gunsteling skoonheidsbykomstighede in my skoonheidslaai.

Ys gesigroller

Hierdie silikoon gesig ysroller is ’n moet hê vir enige iemand wat sukkel met pofferige oë, of iemand wat gesonde bloedvloei in die gesigarea wil stimuleer. Die koue temperatuur van die balgedeelte help om swelling te verminder. veral rondom die oogarea.

Olio Store Ice Facial Roller (R199)

Hierdie ysroller kan ook gebruik word om ’n geirriteerde vel te streel en inflammasie te verminder. Ideaal om sonbrand te streel of verminder of koel of ’n warm dag.

Vul eenvoudig die toestel met water en plaas regop in die vrieskas vir minstens 3 ure (tot gevries).

’n Skoonheidspatel

Gebruik ‘n silikoon aanwendingstokkie om eweredig produkte en maskers aan te wend. Die hoekige punte maak aanwending ’n droom. Ons gunsteling deel van die spatels is om die kleinste punt te gebruik as ’n lepeltjie om daardie laaste bietjie produkte uit te skep wat nog onderin die houertjie sit.

Hierdie spatel is ook natuurlik perfek vir daardie potjies rome en maskers waar jy nie alewig jou vingerpunte wil indruk nie. Maak eenvoudig na elke gebruik skoon.

Hier is ’n paar verskillende tipes beskikbaar:

Foreo Silicone Applicator (R599)
Clicks Beauty Essentials Mask Applicator (R69,99)
Olyt Cosmetic Spatula (R49)
Benefit All in in one Mask Wand (R390)

Olie kladpapiertjies

Hierdie staatmaker kladpapiertjies hou ons altyd byderhand. Hou dit in jou motor of handsak om vinnig daardie blink voorkop of T-sone minder blink te maak. Klad eenvoudig een of twee papiertjies soos nodig oor die area wat blink.

Essence All About Matt Oil Control Paper (R57,95)

Die slim papiertjie absorbeer die olie binne sekondes en maak g’n verskil aan jou grimering/onderlaag nie. Nie meer nodig om daardie bonkige gesigpoeier rond te dra nie!

Mini yskas vir skoonheidsprodukte

Al ooit jou water gesigsproei tydens hoogsomer in die yskas gebêre en aangespuit? Dit is beslis ’n strelende moet probeer. Ons dink ’n mini yskas spesiaal vir skoonheidsprodukte is die perfekte geskenk vir skoonheidsliefhebbers.

Portable Beauty Cosmetics Skincare Fridge 4l White Gold Handles (R1 499)

Hierdie skoonheids-yskassies het twee stellings, op die “cold” funksie kan jy produkte soos gesigrome, serums, maskers, gesisgsproei en gesigrollers stoor. Dit werk ook goed om produkte soos naellak te stoor tydens warmer maande.

Daar is selfs ’n “warm” stelling wat gebruik kan word om masseerolies, klein warm handdoekies, gesigmaskers en tuiswaksprodukte te verhit.

Vergrootbril

Grimeerkunstenaar Alicia Buckle het onlangs op haar sosiale media hierdie oulike grimeerbril gedeel. Alicia sê “ek sien gereeld vroue wat sukkel om grimering aan te wend omdat hulle nie meer so skerp kan sien nie”

Hierdie slimgrimeerbril (beskikbaar in twee sterktes) lyk soos ’n gewone bril maar het net een lens wat oorskuif van een oog na die ander. Die idee is dat jy dan met die een oog beter kan sien hoe jy die ander oog grimeer.

Kontak vir Alicia direk op Instagram hier om jou bestelling te plaas – teen R120 per bril.

Vergrootspieël met liggies

Die Riki Skinny Spieël het Oprah Winfrey se lys van haar gunsteling bykomstighede gehaal en ons verstaan hoekom. Hierdie slim liggiespieël is klein genoeg om rond te dra, en het 5 verskillende ligstellings.

Hierdie spieël is lekker lig (omtrent dieselfde gewig as ’n ipad) en het ’n 5x of 10x vergroot spieëltjie by. Daar is boonop ’n magnetiese foonhouer wat teen die spieël kan vasplak vir foutlose “selfies”. Bestel uit Amerika (aflweringskostes is om en by R500).

Tweezerman Tweezermate 10x Lighted Mirror (R538,49) is ’n kleiner vergrootspieël met ’n liggie by wat jou beter laat sien.

Tweezerman Tweezermate 10x Lighted Mirror (R538,49)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Nael-inspirasie-idees vir die winter
error: Content is protected !!