18 Selfverbruiningwenke vir kleur sonder die geel strepe

En net so is dit amper tyd vir somervakansie, en ons is nog asvaal. Hier is selfverbruiningswenke, sodat jy kleur sonder die geel strepe (of handpalms) kan aanwend. Deur Suzanne Kotzé.

1. Doen jou huiswerk

Begin minstens ’n week voor die tyd met afskilfering en bevogtiging. Hoe minder dooie en droë velle, hoe beter is jou kanse vir sukses.

2. Lyfroom wat afskilfer

Gebruik gerus voor die tyd ’n lyfroom of -olie wat alfa-hidroksie sure bevat. Dit skilfer jou lyf af terwyl dit bevogtig. (Gebruik egter steeds afskilferaar ook).  Maar moet dit nie gebruik nadat jy selfverbruiningskleur aangewend het nie, want dit sal die kleur ook afskilfer.

3. Laat doen jou manikuur of pedikuur die dag voor die tyd

Die hand en voetskrob gaan jou kleur afskilfer en die asetoon gaan ook die kleur verwyder.

4. ’n Sponsie, growwe waslap of handskoen is ’n goeie alternatief

Jy kan ook ‘n sponsie, waslap of afskilferingshandskoen gebruik om jou vel af te skilfer. Veral as jy nie ’n lyfafskilferaar het nie.

5. Let op jou droë areas

Maak seker veral jou droë areas is goed bevogtig en afgesklilfer. Knieë, elmboë, hakskene en enkels is veral geneig om streperig te lyk as gevolg van dooie velletjies wat kleur onegalig maak.

6. Moenie skeer (en afskilfer) net voor jy kleur

Onthou skeer en afskilfer maak jou velporië oop en kan ook mikroskeurtjies veroorsaak. Wanneer jy selfverbruining (wat gewoonlik ook parfuum bevat) kan dit jou vel sensitief en branderig laat voel. Dit kan ook jou kleur oneweredig laat ontwikkel. Doen hierdie liefs 24 uur voordat jy jou kleur aanwend.

7. Geen lyfroom, deodorant en parfuum voor aanwending

Hierdie kan almal ’n lagie vorm waar die kleur nie goed/oneweredig sal ontwikkel nie.

8. Haal jou juwele af

Dit is dalk voor die handliggend, maar haal jou ringe en armbande af voordat jy fopkleur aansmeer. (Dikwels vergeet mens van veral trouringe.) Die kleur in selfverbruiningsprodukte kan jou juwele vlek.

9. Skud die produk

Skud jou produk liggies voor aanwending, om seker te maak die kleurpigmente lê nie alles onder in die buisie of bottel nie.

10. Gebruik ’n lappieshandskoen om geel hande te keer

Gebruik ‘n lappieshandskoen (tanning mitt) om te keer dat jou handpalms geel. Druk ’n klein bietjie van die produk op die middel van jou handskoen uit. Begin by jou voete en wend dit in ligte sirkelbewegings aan, en sit nog produk op jou hand/handskoen soos nodig. Nadat jy klaar is met jou lyf, druk oortollige produk op jou hand/handskoen liggies aan die bokant van jou voete, hande, gesig en nek.

11. Was jou hande goed

Veral as jy die kleur met jou hande ingemseer het. Was dit sommer meer as een keer.

12. Wees geduldig

Meeste produkte neem ses tot ag ure om te ontwikkel. Moenie nog selfverbruining aanwend as jy na twee ure nie tevrede is met jou kleur nie.

Moenie dink jy wend selfverbruining aan en as jy ’n uur later op die stand kom is jy mooi ‘getan’ nie.. Die sand kan boonop jou kleur afskilfer en veroorsaak dat dit onegalig lyk.

13. Vermy oefening na jou kleur

Sweet nadat jy jou kleur aangewend het, sal maak dat jou kleur oneweredig ontwikkel. Wag eerder todat jou kleur ontwikkel het.

14. Hoe meer watertyd hoe korter hou jou kleur

Hoe meer tyd jy in die water spandeer, hoe korter sal jou kleur hou.

15. Vermy ’n sauna of stoomkamer na die tyd

Die hitte en sweet sal maak dat jou kleur oneweredig ontwikkel en ook dat jou kleur nie so lank hou nie.

16. Geleidelike kleur is makliker om te gebruik

Ons verkies geleidelike selfverbruiningsprodukte. Dit is ’n selfverbruiner wat ’n minder hoeveelheid van die bestanddeel wat kleur gee bevat, en jou kleur is meer subtiel. Jy wend dit daagliks soos ’n lyfroom aan (maar hou steeds in gedagte dat dit wel ’n selfverbruiner is en dieselfde reëls vir aanwending geld hier). Hierdie kleur ontwikkel oor ’n paar dae. Jy besluit om op te hou aanwend wanneer die kleur donker genoeg is vir jou. Daarna wend jy dit elke paar dae aan.

Skinny Tan Tan & Tone Oil (R485, Clicks)
Azure Nourish & Glow Gradual Tan Lotion (R599, Azure Tan)
Caribbean Tan Tan In A Can Aerosol – Gradual Self Tan (R144,95, Carribean Tan)

17. Afwas selfverbruiningskleur vir ‘noodgevalle’ en mooi glans

Hierdie werk soos grimering (vir jou lyf) of soos ’n getinte lyfroom wat jou lyf effens meer sonbruin en glansend laat lyk, maar jy was dit in die stort/bad af. Hierdie is ’n goeie keuse wanneer jy moet uitgaan en te laat besef jou bene is dalk nog spierwit, of as jy net meer glansend wil lyk. (Dit werk ook goed op jou décolletage en arms). 

Caribbean Tan Tinted Body Bronzer Shimmer Cream (R89,95)
Caribbean Tan Tinted Body Bronzer Shimmer Cream (R119,95)

18. Raak ontslae van oneweredige kleur

Wend dadelik ’n oliegebaseerde produk soos ’n lyfolie aan, laat dit intrek en wend dit nog so twee tot drie keer aan. Dit sal jou vel sagter maak. Skilfer die vel dan liggies af, maar moenie te hard te skrop en jou vel beskadig nie. As dit steeds sigbaar is gebruik ’n getinte lyfroom (sien bo). Dit kan help om oneweredige fopkleur weg te steek.  

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Rolanda Marais
Rolanda Marais word grys vir ’n rol
error: Content is protected !!