Planne vir winterskoene: van skoenrakke vir jou voorportaal tot oplossings vir vuil sportskoene in jou motor

Dié tyd van die jaar gaan gewoonlik met modderige winterskoene gepaard. Hier is ’n paar gunsteling skoenrakke vir jou voorportaal. En idees vir daai vreeslike vuil modderige sportskoene (vir al die sport-ouers!). Deur Suzanne Kotzé

Skoenrakke vir jou voorportaal

Om skoene by die voordeur te los en op sokkies in die huis te loop, is dikwels ’n kulturele ding. En wie sal ooit die Sex and the City episode vergeet waar Carrie Bradshaw gedwing word om haar skoene uit te trek(!) tydens ’n ete by vriende se huis en haar Manolo’s gesteel word.

Of jy nou span skoene-in-die-huis of span sokkies-in-die-huis is, een ding is seker, niemand hou van modderspore nie. Reënstewels en sokkies kan gerus by jou voor- of agterdeur gelos word.  Die meeste kinders skop ook hul skoolskoene uit sodra hul tuis kom. Om ’n rakkie te hê waar hul eerder die skoene kan los, en die volgende oggend weer kan gryp, maak dinge soveel makliker.

Skoenrakke-wenke

Maak dit mooi.

Jou skoenrak hoef nie ’n lelike element in jou voorportaal te wees nie. Kry een wat onder ’n reeds bestaande rakkie of tafeltjie kan inskuif. Dink aan ’n plant op een rakkie of ’n spieël bokant dit.

Hou dit prakties

Maak dit so maklik as moontlik vir jou en jou gesin om skoene te bêre. Hetsy dit met ’n bankie-tipe skoenrakkie is, of om dit net toeganklik te hou.

Neem die res van jou dekor in ag

Daar is soveel verskillende style skoenrakkies beskikbaar. Maak seker jy kies een wat by jou dekorstyle en kleure pas. Dit help nie jy koop ’n ligte Skandi-styl rakkie as die res van jou meubels byvoorbeeld van swaarder donker hout is nie.

Dit is belangrik dat jou skoenrakkie insmelt by die res van jou dekor en nie te veel uitstaan nie.

Hou dit netjies

Skoene by jou voordeur moet nie ’n neersitplek word en later ’n berg skoene huisves nie. Hou net die buiteskoene, sportskoene of skoolskoene hier. Anders is jou hele skoenekas later by jou voordeur.

Wolsokkies vir by die huis loop

Vloere kan ykoud wees in die winter, so hou gerus ’n houertjie met lekker dik loopsokkies by die voordeur. Hierdie kan in die huis gedra word, todat jy jou huisskoene aantrek.

Bamboo 2 Tier Shoe Rack, 76x36cm (R349,99, Mr Price Home)
Yamazaki Plain extendable shoe rack 3 tier
Yamazaki Plain extendable shoe rack 3 tier – white (R1 099, Takealot)
Bench 3 Cpt Natural (R1799,90 Store & More)
Tom Tom Foyer Show Bench (R3 100, Little White House)
Shoe bench with cusion- Bahari Range (R1499, wenkosa.co.za)
Alfa Folding Basket Rack (R3795, Weylandts)
Umbra Bellwood garment rack – natural (R4 499, Superbalist). Hierdie is oulik vir jasse of baadjies en handsakke hang asook skoene. Jy kan selfs ’n mooi plant op die boonste rakkie sit. Hoeveel keer kuier mense by jou en handsakke en jasse word net op die naaste stoel of tafeltjie neergesit. So kan jou gaste se sakke en jasse op een plek hang (sonder dat jou huis deurmekaar hoef te lyk!) en dit is nie soek as almal weer huis toe gaan nie.
Present time Cabinet Sole medium steel & PVC Veneer (R2 299, Superbalist)
Linea Standing Shelf Black And Oak (R6999, @home en bash.com)
Copper Two Tier Shoe Rack (R1950, knus.co)
Round Sewing Seagrass Basket – Diamond Design (R1099, White house)
Cotton/Bulrush Basket with Handle Large – Cream (R599, White House)
Decor Organisation Winter Boots Holder Shoe Rack (57cm) (R530, Takealot)

Skoenrakke Pinspirasie

Oulike Pinterest-inspirasie

Houthake en bankie

So ’n eenvoudige houthaak lyk pragtig bokant ’n skoenbankie/rakkie.

Foto: Intereriordesignstories. Net/Pinterest

Bankie en mandjies

’n Eenvoudige houtbankie met ’n spieël en mandjies vir skoene is ’n goeie opsie as jy skoene uit die oog verkies.

Bankie met laaie

Foto: Pinterest/ArchitectureArtDesigns

Planne vir vuil sportskoene

In jou motor

Hierdie TikTok video van ’n ma wat ’n Cleaning Caddy gebruik sodat kinders met hul vuil sportskoen voete in die caddy kan sit, het behoorlik sportma’s wêreldwyd se harte laat vinniger klop.

Caddy Tool bucket  38cm x 33cm x 11cm (R200, Takealot)

’n Ander opsie wat vir my (ma van seuns wat rugby speel) goed werk is om net ’n reghoekige plastiekkommetjie en ’n skoenborsel in my kattebak te hou. Die seuns weet al hulle moet by die kattebak hulle skoene uittrek, skud en grond en modder uitborsel (sommer so by die sportgrond se parkeer-area) voordat hulle in die motor mag klim (ja, loukei ma help dalk soms)

Hierdie houer is op my wenslysie, omdat dit plat gestoor kan word waneer jy dit nie gebruik nie en ek is mal oor die handvatsels.

10L Easy Drain Rectangular Multifunctional Silicone Collapsible Basket (R268, Takealot)

Sneaker Lab Sneaker Wipes (R99, Superbalist) is ook wonderlik om in jou motor te hou, om enige oortollige modder af te vee. Ideaal vir netbalskoene en jou eie tekkies! Onthou, hoe skoner jou skoene is voordat jy by jou huis instap, hoe skoner bly die vloere!

Ek gebruik op die oomblik sommer net ’n gewone houer soortgelyk aan die Addis – Heavy Duty Basin Small – Dark Grey en ’n gewone skoenborsel.

By die huis

As jy nie ’n houer in jou motor wil hou nie, hou een by jou garage of naby jou voordeur, sodat kinders dadelik hulle skoene kan uittrek voordat hulle by die deur mag instap.

Jy kan selfs ’n skoenrakkie in jou motorhuis hou, net vir sportskoene. Veral as julle ’n binnedeur na die motorhuis het.

Klam sportskoene stink; koeksoda help hiervoor.

Baie skole en sportsentrums het hierdie handige staan skoenskoonmaker; ons mag maar droom!

Compact bootscraper brush and wiper (R3239, Net World Sports)

Probeer die gewoonte aankweek by kinders dat hulle verantwoordelik is vir hul vuil sportskoene (ons mag maar droom).

Oulike plan vir reënstewels en tuiniers

Gebruik houtpenne om stewels aan op te hang sodat water kan uitloop.

Foto: Pinterest

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
dust pink postrukt
Lentekleure vir jou huis
error: Content is protected !!