Botoks hou gewoonlik tussen drie en vier maande, maar sekere leefstylfaktore en botoksfoute na jou behandeling kan veroorsaak dat die effek van jou botoks vinniger afneem.
Hier is 10 algemene Botoks-foute wat jou resultate moontlik verkort, maak jy dalk een van hulle? Deur Justine Kroes
10 Botoksfoute wat jou resultate verkort
1. Jy gebruik nie daagliks sonskerm nie
Indien jy nie daagliks sonskerm aansmeer nie, sal jou botoks nie so lank hou nie. Sonblootstelling is een van die grootste oorsake van voortydige velveroudering. Hoewel UV-strale nie Botoks self afbreek nie, versnel dit kollageenverlies en kan dit plooie meer sigbaar maak namate jou behandeling begin uitwerk.

Daaglikse SPF is steeds een van die beste beleggings wat jy vir jou vel kan maak.
2. Jy oefen te vinnig na jou behandeling
Lief vir die gimnasium? Dan is dit dalk wys om vir ’n dag of twee na jou behandeling rustig te vat.
Dokters beveel aan dat strawwe oefening vir minstens 24 uur ná Botoks vermy word. Verhoogde bloedvloei kan die risiko van kneusing verhoog en moontlik beïnvloed hoe die produk in die spier vestig.
Geen oefening direk na jou behandeling nie, die verhoging van bloedvloei na ingespuite areas kan die effektiwiteit van die Botoks verminder.
3. Jy Is ’n Kardio-Koningin
Hierdie een mag jou dalk verras! Sommige studies en waarnemings dui daarop dat mense wat gereeld baie intense oefening doen, soos marathonhardlopers, uithouvermoë-atlete of die wat daagliks HIIT-klasse aanpak, hul Botoks moontlik vinniger metaboliseer.

Dit beteken nie jy moet ophou oefen nie, maar dit kan verduidelik waarom sommige baie aktiewe mense vind dat hul Botox nie so lank hou as wat hulle verwag het nie.
4. Volg nie behoorlik jou nabehandelingsinstruksies nie
Dit klink voor die hand liggend, maar baie mense vergeet die basiese riglyne. Daardie eerste 24 uur is belangriker as wat baie mense besef.
Hier is jou herinnering:
Geen druk of behandelings op area vir minstens 2 weke nie
Moet ook nie jou gesig hard vryf nie, sodat die ingespuite Botoks nie na ander spiere in jou gesig versprei nie.
Dit sluit in “helmets” dra en gesigbehandelings ontvang waar jou gesig masseer word. Vermy enige skoonheidsbehandelings op die gesig vir minstens twee weke na Botoks – dit kan ook veroorsaak dat die Botox na ander spiere versprei.

Gedurende die eerste paar uur ná behandeling moet jy vermy om die area te vryf, plat te lê of gesigsmasserings te kry, tensy jou praktisyn anders aanbeveel.
Bly regop vir minstens 4uur na jou botoks
Moet vir 4 tot 6 uur na Botoks nie gaan lê nie – die botoks neem ’n paar uur om te vestig, en as jy gaan lê kan dit moontlik na ander spiere versprei.

Vermy alkohol, ibuprofen en bloeverdunners voor botoks
Moenie alkohol en bloedverdunners drink voor jou Botox behandeling nie – dit kan lei tot ‘Botox bruising’.

Vermy oormatige hitte vir 24 uur
Bly uit die son en vermy enige intense hitte vir die volgende 24 uur (geen sonbed, saunas of direkte sonlig). Dit kan die effektiwiteit van botoks verminder.

5. Jy kies prys bo kundigheid
Botok is uiters tegniek-afhanklik. Die ervaring en vaardigheid van jou dokter speel ’n groot rol in hoe natuurlik jou resultate lyk én hoe lank dit hou. ’n Gekwalifiseerde inspuiter verstaan gesigsanatomie, spierbeweging en hoe om resultate te skep wat subtiel en gebalanseerd lyk. Doen jou huiswerk, soek kundiges in hul veld, en gaan vooraf vir ’n konsultasie en vra al jou vrae om seker te maak jy het die regte persoon gevind. Onthou goedkoper is in hierdie geval nie noodwendig beter nie.
En onthou oorbehandeling kan soms ’n onnatuurlike voorkoms veroorsaak en is nie noodwendig die geheim tot langerhoudende resultate nie.
6. Jy gebruik nie ’n sink aanvulling nie
Sink word dikwels as ’n sogenaamde “Botox-versterker” beskryf. Sommige studies dui daarop dat sinkaanvullings die effek van botulinumtoksienbehandelings met tot 30% kan verleng. Volgens navorsing wat in die Journal of Drugs in Dermatology gepubliseer is, het byna 92% van deelnemers wat sink gebruik het, gerapporteer dat hul Botoks vinniger begin werk het en vir langer gehou het.

Kenners beveel gewoonlik aan dat sink ongeveer vier dae voor behandeling geneem word. Daar word geglo dat voldoende sinkvlakke in die liggaam die werking van botulinumtoksien kan ondersteun en sodoende die effek van die behandeling kan verbeter.
Hoewel die resultate belowend lyk, is verdere navorsing steeds nodig. Gesels daarom met jou dokter of gesondheidspraktisyn voordat jy enige aanvullings by jou roetine voeg.
7. Jy wag te lank tussen behandelings
Jy wag totdat alle beweging en plooie terugkeer voordat jy weer ’n afspraak maak.
Gereelde onderhoudsbehandelings kan help om sekere spiere langer ontspanne te hou, wat met verloop van tyd tot gladder resultate en minder diep uitdrukkingslyne kan lei.
8. Jy prioritiseer nie jou slaap nie
Min slaap of slegte slaapgewoontes kan bydra tot verhoogde streshormone, inflammasie en velveroudering.

Hoewel slaap nie jou Botoks langer sal laat hou nie, ondersteun gesonde slaapgewoontes algemene velgesondheid en die herstel van velselle.
9. Jy beheer nie jou stresvlakke nie
Chroniese stres kan spierspanning verhoog en lei tot herhalende gesigsuitdrukkings soos frons, en die saamtrek van die voorkop. Met verloop van tyd dra hierdie herhalende bewegings by tot die vorming van plooie en uitdrukkingslyne.

Om jou stresvlakke te beheer kan help om sommige van die gewoontes wat uitdrukkingslyne veroorsaak, te verminder.
10. Jy volg nie ’n velsorgroetine nie
Botoks ontspan spiere, maar dit verbeter nie die kwaliteit van jou veltekstuur op sy eie nie.
’n Goeie velsorgroetine met bestanddele soos retinoïede, peptiede, antioksidante, en sonskerm kan jou Botoks-resultate aanvul deur veltekstuur, glans en die algemene voorkoms van die vel te verbeter.

Hoe gesonder jou vel lyk, hoe mooier sal die resultate van jou Botoks vertoon.





