12 Oppak en uitverhuur wenke vir jou airbnb

Het jy al daaraan gedink om jou huis uit te verhuur op airbnb? Justine verhuur self hul huisie by die see tydens vakansiemaande. Hier is 12 wegpak- en dekorwenke plus ’n klein bietjie raad om jou spasie airbnb-gereed te kry vir gaste. Deur Justine Kroes

2/12/2022

Vir jou oppak en wegpak

Verwyder al jou persoonlike en waardevolle items. Persoonlike items, dokumente, klere ens moet weggepak of toegesluit word in ’n kas of kamer wat nie verhuur word nie.

Groot kratte met wieletjies is jou beste vriend – jy kan byna alles hier inpak van kos tot klere, boeke en selfs beddegoed en handoeke. Ons stoor dan al hierdie groot kratte in die motorhuis. Die deksels keer natuurlik ook dat alles vol stof raak en dit help met spasie deurdat dat jy hul netjies bo-op mekaar kan stapel.

Hier is ’n gunsteling wat ons self al gebruik het:

Leroy Merlin Storage box with wheels

Nog handige stoorplek vir klere, beddegoed en speelgoed is hierdie groot plastieksakke van PEP stores, jy sal verbaas wees wat jy als in so ’n sak kan inpas. Die handvatsels is lekker stewig en maak dit maklik om rond te dra (of sleep!) en dit hou boonop jou stoor-items skoon en stofvry.

PEP Home Large Woven Carrier Bags
PEP Home Medium Woven Carrier Bag

Jy hoef natuurlik nie al die kaste leeg te maak nie – maak net seker daar is genoeg pakplek vir twee mense per kamer. Sluit dan jou kaste waarin jy persoonlike items agterlaat.  

Indien daar nie genoeg pakplek is vir gaste nie, is ’n klere-reling vir klere ophang en uitpak ’n goeie idee. Hier is ’n mooi een:

Sixth Floor Single Bamboo Clothing Rail (Superbalist)

Vir beddegoed

Ek het al die jare wat ons die spasie uitverhuur aparte beddegoed, linne en handdoeke vir gaste. Dit maak ook natuurlik die oppak- en terugkeerproses makliker.

Hier kan jy meet avontuurlustig wees met jou keuses – hoewel baie mense wit beddegoed verkies is dit ook vakansietyd en ’n vrolike stel beddegoed sal verder daardie vakansiegevoel aanmoedig, dopamien dekor op sy beste.

Kyk hoe mooi is hierdie stelle van Linen House:

Linen House Pavlova Duvet Cover Set
Linen House Flowerbed Duvet Cover Set
Linen House Willamine Duvet Cover Set

Klein tikkies ekstra moeite word altyd raakgesien

En sal altyd jou baat in die “review” wat jou gaste vir jou op die AIRBNB app skryf.

Opgerolde handoeke (plus genoeg ekstra in die kas)

Los daardie sjokolade op die bed

Dalk yskoue vonkelwyn in die yskas om hul vakansie mee af te skop.

Sit ook mooi plante oral oor – lees Plante in jou slaapkamer, hier is raad.

Mooi lyfwas en lyfroom vir die badkamer en stort. (Indien jy wil kan jy klein botteltjies sjampoe en opknapper laat).

Hier is ’n paar idees:

Africology Bio Therapy Body Wash Wash & Lotion Bundle
Amanda Jayne Hand & Body Box Set

Maak seker jou gaste het die nodige kruideniersware

Baie van ons gaste het deur die jare laatmiddag of saans gearriveer – dit beteken hulle het nie noodwendig altyd tyd gehad om nog winkel toe te gaan om inkopies te doen nie.

Laat vir hulle vars melk in die yskas vir die volgende oggend se koffie; beskuit en muesli is nog ’n goeie idee.

Laat mooi servette en basiese speserye soos sout en peper ook uit.

Goeie koffie is ’n moet, geen kitskoffie nie. ’n Koffiemasjien wat eenvoudig is om te gebruik soos ’n Nespresso masjien is dalk ’n goeie idee:

Nespresso Citiz & Milk Coffee White

Maak seker daar is genoeg skoonmaakmiddels, toiletpapier ens – jou gaste sal nie noodwending ’n fortuin wil spandeer aan skoonmaakmiddels wat hul gaan moet agterlaat omdat hul dalk heen en weer vlieg of ry nie.

Moet nie van noodgevalle vergeet nie:

Hou ’n noodhulpkissie vir jou gaste gereed – maak seker daar is pleisters, ’n brandwondstelletjie, verbande ensovoorts. Kyk net hoe mooi is die kissie:

Big Blue Medicine Storage Box

’n Vuurblusser is ook ’n goeie idee (plus een van Airbnb se moet-hê voorstelle vir jou spasie). Koop dit hier.

Laat ook ’n noodgevalle nommerlysies op jou yskas met noodnommers soos:

Polisiestasie nommer

Alarmmaatskappy nommer

NSRI nommer (indien jy naby die see woon)

Nommer vir ’n geregistreerde persoon wat slange vang (indien slange in jou area voorkom).

Maak die vakansie vir hul ’n plesier

Dink aan dit waarvan jy sal hou as jy vakansie hou – ’n sambreel vir die strand – strandspeelgoed vir die kinders, strandhanddoeke.  

Maak dit gemaklik

Dink aan elemente soos lampies langs die bed met ’n handige leesliggie, asook ’n gaatjie vir ’n usb om enige elektronika te herlaai.

Arora Lighting Wall Light with Reader Light and USB

Houers/waterkraffie vir water langs die bed

Humble & Mash Water Carafe with Glass (Ryuppiechef.com)

Ons het een jaar hierdie terugvoer ontvang “alles was perfek – al wat gekort het was ’n lekker throw kombersie vir middagslapies” kyk net hoe mooi is die ontwerpe van Linen House.

Linenhouse Somers Pineapple Bed Cover
Linenhouse Somers Rose Bed Cover

Los hout en vuuraanstekers vir ’n braai. Hier is mooi plekke waar jy hout kan stoor.

Pedersen Lennard Firewood Holder

Los ook jou leesboeke uit vir indien jou gaste dit sou geniet om te lees.

Maak dit persoonlik en spesiaal

As hulle dalk noem hulle vier ’n verjaarsdag, los byvoorbeeld kolwyntjies uit vir die gaste.

Vra vooraf uit oor kinders en honde – Indien jy dalk speelgoed of boekies het, is dit maklik genoeg om vir jou gaste se kinders te los – dit spaar hul ook die moeite om speelgdoed heen en weer te karwei. En stoor dit in mooi mandjies wat die spasie klottervry los.

Hier is ’n paar oulike opsies:

PEP Home planter basket
Sixth Floor Combo Belly Basket
Sixth Floor Belly Basket Black

Vir honde laat ons gewoonlik ook ‘n klein bederf. Hier is ’n idee:

Petheaven Christmas Crackers for Dogs (pet heaven)

Mense hou daarvan dat jy hulle in ag neem en spesiaal laat voel.

Los ’n huisgids.

As jy nie self jou gaste inboek nie, skiet ’n video (sommer so op jou foon) en stap deur die huis – wys waar skakel jy ligte aan en af, hoe die televisie werk ens.

Los ook ’n fisiese huisgids; Met informasie oor die internet en wifi kodes. Sluit ook jou huisreëls by jou huisgids in- soos byvoorbeeld: Geen rook in die huis nie; Diere mag nie op banke of beddens nie; Geen geraas na 11:00 – julle het ’n goeie verhouding met bure en sal dit graag so wil hou.

Los dalk ook ’n paar aanbevelings van restaurante en aktiwiteite om te doen in jou area.

 Lockbox

As jy dalk gereeld jou spasie uitverhuur mag dit dalk die moeite werd wees om ’n “lockbox” te installeer. ’n Slimboks waarin jy sleutels vir jou gaste kan los as hulle dalk laataand arriveer of vroegoggend wil ry.

4 Digit Combination Wall Mounted Safe Box for Keys (takealot)

Staan gereed om te help

Ons het ’n slag ’n vriendekring van blinde mense in ons huis verwelkom – hoewel hul heel goed aangepas het in die spasie, kon hul natuurlik nie die huisgids lees nie. Dus het ons al die nodige informasie per whatsapp stemboodskappe verduidelik en deurgegee.

Wees versigtig vir indoeners

Moet nooit buite Airbnb jou spasie uitverhuur nie (behalwe as dit mense is wat jy persoonlik ken) Ons het ’n slag hierdie bloutjie geloop – en gesukkel om betaling uit huurders te kry en boonop het jy nie ’n sekuriteitsdeposito meer in plek ingeval die huurders iets beskadig of gebreek het nie.


Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Dekorgeskenke vir Kersfees
error: Content is protected !!