11 Idees vir jou mees georganiseerde werkspasie ooit

’n Georganiseerde werkspasie en lessensaar help dat jy meer produktief is en beter kan fokus. Hier is idees; van doen-dit-self tot oulike produkte wat jy kan aanskaf en kantoor-inspirasie. Deur Suzanne Kotzé

Idees vir ’n georganiseerde werkspasie

Of jy nou van die huis af werk, of uit ’n kantoor, gebruik gerus van hierdie wenke, want ’n deurmekaar spasie kan jou brein ook sommer deurmekaar laat voel.

1. Hou jou laaie netjies

Deursigtige houertjies in jou lessenaarlaai help dat jy alles mooi kan sien en daar is ’n magdom beskikbaar.

Yamakazi Tower Stackable Organizer Large Deep – White (R399, Superbalist)

2. Ou boksies as laaiverdelers

Foto: Pinterest

Gebruik enige ou boksies en trek dit met geskenkpapier oor om jou laaie te verdeel.

3. Hergebruik wat jy reeds het

Papbokse as boek/papierhouers.

Foto: Pinterest

Knip en trek papbokse volgends jou kantoor se kleurskema oor en gebruik dit as houers vir boeke, tydskrifte of papiere.

Organiseer kabels met klampe.

Gebruik ’n klamp of twee om laaikabels byderhand te hou.

4. Benut vertikale spasie

Benut gerus jou muurspasie deur dit as stoorplek te gebruik. ’n Penbord (pegboard) en houertjies en rakkies wat vashaak werk goed. Selfs die tipe staalrakkies wat jy dalk in jou motorhuis/vir gereedskap gebruik werk goed.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Loer gerus hier na ‘n oulike stel by LeRoyMerlin en Makro

5. Bring ’n tikkie kleur in

Moenie bang wees om ’n spastel kleur by jou kantoor in te bring nie.

Kyk net hoe mooi is hierdie bokkietafel se geel bokkies en stoel. En dit is maklik om self te doen. Foto: Pinterest

6. Hoe hoër, hoe beter

Boeke wat vertikaal teen ’n muur hang, maak jou vloerspasie meer. Maak net seker jou boekie lyk netjies (oorweeg dit om dieselfde kleure boeke saam te groepeer).

Foto: Pinterest

Loer gerus na hierdie onsigbare muurhake: Concealed Shelf Coated Steel Silver (R229, LeRoy Merlin)

7. Hou by ’n kleurskema

’n Kleurskema, veral as jy sigbare vertikale spasie gebruik as stoorplek laat jou kantoor net dadelik kalmer en meer georganiseerd voel.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

8. ’n Allerlei-goed-houertjie

’n Houertjie waarin jy rondlêgoed, of goed wat jy op die oomblik kan gebruik tydelik in kan bêre help dat jou spasie minder deurmekaar word.

9. Steek jou kabels weg

Kabels wat oral uitsteek en rondlê laat dadelik jou kantoor deurmekaar lyk.

Drill Free Under Desk Cable Management Set R329, Amazon
Litem Cable o-plus-ivory (R280, Superbalist)

10. Beplan vir huiswerkspasie (as jy ’n tuiskantoor het)

Tuiskantoorspasie word dikwels gedeel met kinders wat moet huiswerk doen. Ruim ’n hoekie of twee vir jou kinders in, en maak seker alles wat hulle nodig het is byderhand, en dat hulle presies weet waar dit is, sodat hulle nie deur jou laaie hoef te krap nie.

Hive Desk Organiser – Sage Green (R319, Superbalist) Hou kinders se skryfbehoeftes op een plek waar hulle dit maklik kan bykom en sien.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wyn uitstal en dekoridees met jou wynversameling
error: Content is protected !!