Plante in jou slaapkamer lyk nie net mooi nie, maar dit kan ons ook help kalmeer en sodoende help om beter te slaap. Binneshuise versierder Sarah Ord deel kundige wenke vir plante vir jou slaapkamer. Deur Suzanne Kotzé
Dit is lank reeds bekend dat plante help om die lug in ons huise te suiwer, en die meeste van ons het so ’n effense plantobsessie ontwikkel gedurende inperking, wat natuurlik net voortleef. Plante kan ook help om ons te kalmeer en so ook beter te slaap, so geen wonder slaapkamerplante is so gewild nie.
Plante in jou slaapkamer; binneshuise versierder Sarah Ord gee raad
Plante in enige binneshuise ruimte is nie nie prakties nie, maar ook pragtig.
1. Kies oorgroot mandjies vir groter plante
In ’n slaapkamer is my voorstel om groter plante in oorgroot mandjies te plaas, naby ’n venster waar dit natuurlike lig kry.
2. Rakke of tafeltjies vir kleiner plante
Jy kan kleiner potplante laat hang of saamgroepeer op ’n boekrak, swewende rak of sytafeltjie.
3. Kleur, kleur en kleur
Ek is mal oor kleur, en hoe groter en helderder, hoe beter. Moenie bang wees om veskillende interessente keramiekpotte in verskillende groottes en kleure saam te gebruik nie.
4. Plante met takkies wat afhang
Ek is gaande oor plante met takke en blare wat afhang. Hang hulle hoër op, sodat die voorkante mooi kan afhang.
Verbeel jouself ‘n slaapkamer met lekkerruik potplante of klimplante oral, jou eie oerwoud om in te onstpan en slaap.
Goeie slaapkamerplante om van te kies
Die kundiges by Stodels beveel hierdie plante aan
Varings, Monstera adamsonii en Monstera Deliciosa
Sarah sê dat sy egter plante sal kies met sagter blare en kleure en selfs blomplante, wat oor die algemeen goed in die skaduwee groei.
“Hoe meer blare, hoe beter. Alles gaan egter oor instandhouding. As jy nie jou plante behoorlik versorg, en gereeld van enige dooie deeltjies ontslae raak nie, kies eerder plante wat min instandhouding versorg. Dit sal beslis nie goeie Feng Shui wees as jy dooie plante in jou kamer het nie.”
Sarah Ord
Kayleigh Snyman van Plantify sê dat dit altyd belangrik is om na die lig in ’n vertrek te kyk; is dit helder, medium of min lig? Sy beveel die volgende plante aan wat nie net die lug suiwer nie, maar ook geskik is vir meeste lig (behalwe direkte sonlig).
Sarah Ord is ’n binneshuise versierder in Kaapstad en is bekend vir haar eklektiese styl en gebruik van kleur. Besoek gerus sarahord.com