12 Haarstyle wat nou hoogmode is

Waarskuwing; jy gaan waarskynlik jou hare wil laat waai nadat jy van hierdie haarstyle gesien het. Van die Riviera tot die bixie, pixie en vele meer. Hier is ‘knipspirasie’ vir jou volgende salonbesoek. Deur Suzanne Kotzé

Hierdie haarstyle is groot nuus in 2025

1. Die Riviera bob

Hierdie bob word die ‘Riviera bob’ genoem omdat Sofia Richie haar hare geknip het terwyl sy met vakansie was in Frankryk.

Sofie Richie: Foto: Instagram

“Dink aan die klassieke Franse bob, maar met golwe in ’n S-vorm,” sê Kaapse haarstilis Charles-Junior Louw.  “Pamela Anderson het ook op die oomblik hierdie styl.”

Pamela Anderson: Foto: Instagram

2. Kort krullebob in karamelskakerings

Natuurlike tekstuur en krulle is altyd mooi, en Halle Berry se karamelkleur beklemtoon dit.

Foto: Halle Berry Instagram

3. Die Franse bob

Hierdie klassieke styl sal nooit uit die mode gaan nie.

4. Die Bixie

Die Bixie is ’n mengsel van die bob en pixie en is so vier jaar gelede deur haarstilis Briana Cisneros bekend gemaak en is steeds baie gewild.

Foto: @brianacisneros

“Hierdie styl is ideaal vir die tipe persoon wat hou van ‘razor cuts’. Dit is ook belangrik dat jy daarvan hou om jou hare te stileer, want die styl (wat punterig geknip is) kan maklik slierterig lyk as jy dit nie reg stileer nie. ’n Vinnig krultang, net by jou punte, werk gewoonlik goed,” is Junior se raad.

5. Die pixiesnit

Foto: Pinterest
kort pixie-haarstyl met kuif
Foto: Intercoiffure Frankryk Affranchi(e)s versameling:

Vanjaar is die pixie, in al sy gedaantes, van die klassieke pixie tot by die moderne, sagter weergawe met meer tekstuur, tot die ‘gamine’ (seunsagtige) pixie, beslis in.

Foto: Instagram

Emma Stone se ondersnit pixie by hierdie jaar se Golden Globes het sjiek, minalisties en modern gelyk.

6. Die stomp (blunt) bob

Foto: Instagram Kate Reid Creative

Die stomp bob is ’n reguit gesnyde snit, sonder enige lae wat enige lengte bo jou skouers is. Dit skep ’n sterk, skoon silhoëet wat aandag trek.  “Hierdie tipe snit werk veral goed om fyn hare dikker te laat lyk,” sê Junior.

7. Krulle

Krulle bly groot nuus, en so ook snitte wat met die natuurlike haartekstuur werk. Van lobs, tot bobs.

Foto: @naivashaintl Instagram
Foto: @emilychengmakeup Instagram

8. Die Mikro bob

Die weergawe van die bob is kort en word beskryf as die meer moderne weergawe van die Franse bob. Die styl kan met of sonder ‘n kuif wees.

Foto: Instagram @angele_vi
Instagram Briana Cisneros @brianacisneros

Negentigs snitte

8. Skoenlappersnitte

Dit skoenlappersnit het baie lae, met korter stukke rondom jou gesig en kan enige lengte wees, van lank tot lob of bob.

Foto: Kort skoenlappersnit. @Laura_pumiliahair Instagram

9. Die Wofsnit

Dink aan ‘shaggy’ lae gemeng met ’n mullet in verskeie lengtes, meestal met ’n 90’s ondersnit daarby.

11. “Shaggy’ gelaagde snit

Foto: Intercoiffure Mondial

Of dit nou ’n ‘shaggy’ bob of ’n ‘shaggy’ kort styl is, lae en tekstuur is groot nuus. “Die ‘shaggy’ gelaagde snitte gemeng met die ‘mullet’ is ook tans baie gewild,” vertel Junior. Die style gee ’n rock ’n roll gevoel en werk veral goed as jy fyn hare het, of ’n effense golf.

12. Die supermodel lob

Foto: @
jacobschwartzhair Instagram
Foto: @victoriabeckham Instagram
Foto: @oliviapalermo Instagram

Die gewilde “supermodel lob”-haarstyl vir 2025 is ’n langer bob (lob) haarstyl wat tekstuur en volume beklemtoon, dikwels gestileer met ‘n 90’s-geïnspireerde flip.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Donker kringe, pofferige oë of ooglede wat hang? Hier’s hulp!
error: Content is protected !!