lea vivier
lea vivier

12 grootste krulhaar-foute; stel dit so reg

Watter van die krulhaar-foute maak jy? Haarkappers deel met ons die grootste foute wat krulkoppe maak en hoe om dit reg te stel.  Deur Suzanne Kotzé

Krulhaar-foute

1. Jy borsel jou droë hare

Aktrise Lea Vivier sê: “Moet nooit jou krulhare borsel wanneer dit droog is nie. Sjampoe, opknapper en ‘airdry’ werk vir my. 

“Embrace jou krulle! Hulle is op jou kop vir ’n rede. Ek moet dít nog daagliks oefen!” Lea Vivier.
Foto: Kristina Stojiljkovic; Lea se hare en grimering: Cheryl Parker; Rok Cindy Bam

2. Jy vryf jou hare met ’n handdoek droog

“Moenie aan jou hare raak met ’n handdoek nie,” sê Lea. Haarstilis Kenny Orchison van Tosca Salon, Paarl, stem saam. “As jy jou hare met ’n handdoek droogvryf kan dit jou krulle skei en jou hare laat kroes. Gebruik eerder ’n T-hemp of mikrovesel-handdoek om jou hare droog te druk.  

Psst: baie krulkoppe gebruik ’n langmou T-hemp of ’n mikrovesel-handdoek in plaas van ’n handdoek. Jy maak jou hare op jou kop bymekaar, vou die T-hemp daarom en draai die arms liggies om jou kop en bind dit bo-op vas – amper soos ’n tulband. Hierdie tegniek word “plopping” genoem. Jou krulle word dus nie platgedruk soos deur ’n handdoek nie. 

3. Jy was met ’n sjampoe wat sulfate bevat

“Sulfate kan krulhare (wat juis geneig is om droog te wees) uitdroog en veroorsaak dat dit kroes.” So sê Francois van der Walt van Tosca Hair, Tygervallei. 

Francois se aanbeveling: Kérastase Discipline Bain Fluidelisy Gentle. Hierdie sjampoe bevat geen sulfate nie, bevogtig en is baie sag op jou hare

Kérastase Discipline Bain Fluidealiste Gentle (R380, La Belle aanlyn winkel, of uitgesoekte salonne)

3. Jy borsel klam/nat hare

“Moet nooit jou klam of nat krulle borsel nie, dit kan jou hare beskadig of breek. Gebruik eerder ’n wyetandkam. Dit help ook om te keer dat jy jou hare ‘oorwerk’”. Stephen Phillips van Absolute Hair, Claremont, Kaapstad. 

Kenny Orchison van Tosca Salon, Paarl, stem saam. Hy beveel aan dat jy jou wyetand kam sommer in die stort al gebruik om jou opknapper deur te kam. 

4. Te veel hitte

“Krulhare het nie die baie warm lug nodig van ’n haardroër nie. Te veel hitte kan veroorsaak dat jou krulle hul vog verloor wat weer veroorsaak dat jou hare baie droog word. Stel jou haardroeër op ’n lae hitte en gebruik ’n hittebeskermingsproei vooraf.” Francois van der Walt, van Tosca Salon, Tygervallei. 

As jy jou krulle wil reguit maak beveel ek ghd Straight and Tame Cream aan. 

ghd Straight and Tame Cream (R224, La Belle aanlyn winkel of uitgeboekte salonne)

5. Jy was jou hare elke dag. 

“Om elke dag jou hare te was, is nie die beste opsie vir vroue met krulhare nie. Krulhare sukkel soms met te min vog (droogheid). Was daarom een of twee keer per week jou hare; dit sal help om die natuurlike olie-inhoud van jou hare te herstel. As jy jou jou hare elke dag was, stroop dit jou hare van die natuurlike olies.” Francois van der Walt, van Tosca Salon, Tygervallei. 

6. Jy vat te veel aan of vroetel te veel met jou hare.

Moenie te veel aan jou hare vat of daarmee speel nie. Dit kan lei tot hare wat kroes, want die krulpatroon word gebreek. Francois van der Walt van Tosca Salon, Tygervallei. Ronel van Wyk van Fringe Beauty Emporium, Pretoria stem saam. “Hou op karring aan jou hare.”

7. Jy slaap met jou opknapper of masker aan

“Sommige van ons krulhaar-kliënte dink hulle kan hul krulle se vogvlakke verbeter deur met ’n opknapper of masker aan te slaap. Dit kan egter lei tot kopvelprobleme soos swamme of bakterieë wat sensitiwiteit kan veroorsaak.” Steven Phillips van Absolut Hair, Claremont.

8. Geen stileerprodukte

“Om nie stileerprodukte vir krulhare te gebruik nie, is ’n groot fout. Stileerprodukte gee jou nie net beter beheer oor jou krulle nie, maar laat ook jou styl beter hou.” Steven Phillips van Absolut Hair, Claremont

9. Gebruik opknapper as ’n stileerproduk

“Moenie opknapper as stileerproduk gebruik nie; dit sal jou hare vaal en leweloos laat lyk en dit het geen houkrag nie.” Steven Phillips van Absolut Hair, Claremont

10. Jy gebruik die verkeerde haarprodukte

“Om nie die regte haarsorgreeks en stileerprodukte te gebruik nie, is ’n probleem.” Steven Phillips, Absolute Hair. Hy beveel die volgende produkte aan:

Die System Professional Smoothen is by uitgesoekte salonne soos Absolut Hair. Klik hier om ‘n salon naby jou te vind. 
System Professional Smoothen Curl Definer is ’n baie gewilde produk wat krulle definieër as jy dit op nat hare gebruik of help om hare reguit en sonder kroes droog te blaas.
Sebastian Texturiser (R355, uitgesoekte salonne soos Absolut Hair of by modernhairbeauty.com) is goed om natuurlik krulle te beklemtoon  
Sebastian Whipped Crème (R390, uitgesoekte salonne soos Absolut Hair of by modernhairbeauty.com) het minder hourkag as die Texturizer, maar dit behandel ook jou hare en is as ’n behandlings-stileerproduk bekend. 

Om te voorkom dat jou krulle vaal en kroes lyk, moet jy ’n produk kies wat goed bevog sodat jou krulle glansend en bonserig kan lyk.” Francois van der Walt, van Tosca Salon, Tygervallei. Hy beveel die volgende produkte aan:

Morocanoil  Hydration Hydrating Shampoo (R365, La Belle aanlyn winkel of uitgesoekte salonne)
Moroccanoil  Hydration Intense Hydrating Mask (R556, La Belle aanlyn winkel of uitgesoekte salonne)
Moroccanoil  Intense Curl Cream (R515, La Belle aanlyn winkel of uitgesoekte salonne)
Moroccanoil  Intense Curl Cream (R515, La Belle aanlyn winkel of uitgesoekte salonne)

Mense sukkel dikwels om die verskil tussen droë en beskadigde hare te onderskei.

Kenny Orchison, Tosca Salon, Paarl.

Mense met krulhare kies dan verkeerdelik produkte wat herstel en nie bevogtig nie. Produkte wat herstel bevat gewoonlik protiëne wat droë krulhare hard en bros kan maak. Stileerprodukte soos jel of mousse bevat dikwels ’n hoë persentasie alkohol wat krulhare hare vaal en kroes kan laat lyk en gee gewoonlik ’n harder voorkoms sonder glans. Krulroom en jel skuim/mousse het ’n laer alcohol-inhoud, maar laat weer nie altyd die styl goed genoeg hou nie.” Kenny Orchison van Tosca Salon, Paarl. Hy beveel die volgende produkte aan:

KMS Curl Up Wave Foam (R310, La Belle aanlyn winkel of uitgesoekte salonne)
Sebastian Potion 9 (R175 vir 50ml of R420 vir 150ml) uitgesoekte salonne of by modernhairbeauty.com)

11. Jou snit en styl is verkeerd

“Die regte snit en styl is veral belangrik as jy krulhare het anders kan dit bossierig of vormloos lyk. Die regte snit maak die wêreld se verskil,” sê Steven Phillips.

“Wees versigtig om nie jou krulhare in een lengte te dra nie, want dit kan jou hare soos ’n piramiede en ekstra dik laat lyk,” sê Kenny van Tosca Salon, Paarl. 

12. Jy probeer perfekte hare kry

“Om perfekte hare te probeer kry,” is nog ’n groot fout wat mense met krul hare maak,” sê Ronel van Wyk van Fringe Beauty Emporium, Pretoria.

Kry outomaties 5% afslag op alle produkte by La Belle aanlyn winkel deur hieronder te klik. As jy ‘uitcheck’ word die 5% afgetrek.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kleure vir winternaels plus naelsorgwenke
error: Content is protected !!