11 Perfekte piekniekbenodighede

Dit is die mooiste tyd van die jaar vir piekniekhou. Of jy nou ’n oggend, middag of sonsondergang-piekniek beplan, hier is alles wat jy nodig het om dit te geniet. Deur Suzanne Kotzé

1. Beplan vir die perfekte piekniek

Maak vooraf seker oor die reëls van waar jy gaan piekniek hou.

  • Mag alkohol gebruik word? (of moet jy dit dalk oorweeg om drankies oor te gooi in ‘koeldrankbottels?).
  • Hoe vêr se loop is dit (en hoe swaar wil jy dra?)
  • Is daar dromme?
  • Mag jy musiek speel?

2. Begin met ’n groot-genoeg en gemaklike basis.

’n Groot piekniekkombers (verkieslik waterbestand onder) is ’n moet.  Onthou jy wil gewoonlik bene uitgestrek sit en gemaklik wees, so groter is beter as dit by jou piekniek-kombers kom.

Bring ’n paar ekstra kussings of serpe om op te sit as die grond ongelyk of hard is.

Decathlon Printed Comfort Picnic Blanket 170×140 cm (R399, Bash)
Gift Baskets Large Picnic Rug 1.8m L x 1.5m W (R699, Yuppiechef)
Good Again Extra Large Picnic Outdoor Blankets with Carry Strap (R1 215,82, Amazon)

3. Rugstoeltjies sorg vir ekstra gemak

Daar is deesdae die allermooiste piekniekstoele beskikbaar. Plat op die vloer met ’n kussing en ruglening is ideaal vir piekniek.

Wenk: kry ekstra gebruik uit jou piekniekstoel deur dit te gebruik op ongemaklike, harde sportpawiljoene.

The Pop Chair (R1 350, Beach Bums). Hierdie is beslis op ons wenslysie!
Sit Clouch Portable Designs (R1 999, Portable Designs)

4. Drasak of piekniekmandjie

Of jy nou ’n drasak of piekniekmandjie verkies, maak seker jy kies een wat gerieflik dra en nie net mooi lyk nie.

K-Way Aluminium 2 Piece Cooler Bag (R999, Cape Union Mart) sluit eetgerei en messegoed vir vier in.
Collapsible Picnic Basket Table (R399,99 Mr Price Home)
Willow Picnic Basket 2 Person (R999, Bash)
Natural Instincts Picnic Backpack 4 Person (R1 099, Outdoor Warehouse)

5. Gerieflike opslaantafeltjie en glashouers

’n Opslaantafeltjie (veral een met gaatjies waarin jy jou glase kan hou) help vir minder mors (en veral glase wat omval).

Raw Portable Oak Picnic Table (R2 199, Yuppiechef)
My Butcher’s Block Large Grazing Table (R999, Yuppiechef)
Hands Free Wine Glass Holder
Hands Free Wine Glass Holder (R149 vir ’n stel van vier, myhandsfree.co.za)
Universal Vulindlela Picnic & Beach Wine Glasses (R349, Yuppiechef)

6. Pak kos in herbruikbare houers

Ons weet dit is gerieflik om piekniekkos sommer net so in die houers te neem waarin jy dit gekoop het. So dikwels bly kos oor en dan is die plastiekbedekking af en dan moet jy oorskietkos weggooi. Wees op die uitkyk vir herbruikbare houers (wat natuurlik by jou kleurskema pas).

Mepal Cirqula Bento Bowl Vivid Mauve (R399, Bash)

7. Moenie van die nodighede vergeet nie

Behalwe borde, glase en messegoed, onthou ook van ’n skerp snymessie en plankie.

KitchenCraft Colourworks Tumblers, Set of 4 (R349, Yuppiechef)
KitchenCraft Set of Four Melamine Dinner Plates (R399, Yuppiechef)

8. Praktiese koelsakke

Ja ons weet ’n Fieldbar is ’n piekniek status-ikoon. Maar ’n ligter koelsak, waarin jy meer kan inpas (vir veral jou kas) is ook nodig. Kies gerus een op wiele as julle verder moet stap.

Wenk: vries bottels water vooraf; dit hou kos koel en verdubbel as koue drankies later.

Summer Fun Cooler Box, 10l (R199.99, Mr Price Home)
Monochrome Stripe Backpack R329.99, Mr Price Home)
@home Nautical Stripe Cooler Bag Navy 36cm (R599, Bash)
Caddy Cooler | Laminated Fabric Wit Genuine Leather (R1 999, Thandana)
Camp Master Multi Purpose Trolley Cooler Bag (R699, Makro)
Stanley Easy Carry Outdoor Cooler 15L (R3 130, Poetry)

9. Skoon hande (en omgewing)

Onthou die klein noodsaaklikhede: borde, koppies, glase, servette, eetgerei en ‘n klein kapmessie en plankie. Handskoonmaaklappies en ’n swart sak/plastieksak vir vullis. Onthou om niks agter te laat nie. Sommige piekniekplekke is dromvry (so jy moet dikwels jou vullis huis toe neem.)

10. Wees weer-gereed

Onthou sonbrille, hoede, sonskerm en warmer baadjies of serpe. Die weer kan onvoorspelbaar wees, en dit word dikwels vinnig koud wanneer die son ondergaan. Groot ligte serpe is veral wenners, want jy kan dit gebruik vir ekstra sitplek, as ’n kombersie of natuurlik om jou nek of selfs om jou hare as die wind waai.

11. Tikkie romanse met beligting

Voeg ’n tikkie romanse by met mooi liggies. Dit is ook prakties, want ’n sonsondergangpiekniek verander blitsig in pikdonker, veral in die natuur.

BonBon 2 Rechargeable table lamp (R899,98 ElevenPast)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
plante vir jou slaapkamer
Plante in jou slaapkamer; hier is raad
error: Content is protected !!