Die nederige vrugtebak, kies so die regte een vir jou spasie

Die nederige vrugtebak word nie net gebruik om appels en piesangs te stoor nie, die regte vrugtebak dien as dekorelemente wat ’n groot impak het op jou kombuistoonbank of eetkamertafel. Die regte vrugtebak voeg ‘n tikkie styl by jou spasie.

’n Goed gestileerde vrugtebak voeg kleur, lewe en warmte by ’n ruimte op ’n manier wat min ander dekoritems kan. En anders as die meeste dekor, is dit iets wat jy werklik kan gebruik.

Juis daarom is die vrugtebak ’n eenvoudige dekoritem wat dekades lank ’n gunsteling stileertruuk onder interieurontwerpers bly. Hier’s ons beste vrugtebak keuse, stileer en uitstal wenke: Deur Justine Kroes

Hou hierdie in gedagte vir wanneer jy jou volgende vrugtebak kies:

Hou vrugte vir langer vars:

Kies ’n vrugtebak met goeie sirkulasie (veral in die somermaande), die lugvloei sal jou vrugte vir langer vars hou. Dink aan groter vrugtebakke of metaal of draad vrugtebakke.

Hou jou vrugtebak in ’n koel droë spasie om vrugte langer vars te hou. En loer gereeld na vrugte om seker te maak hulle is nog vars.

Was jou vrugtebak gereeld om te verhoed dat daar enige kieme of stof op jou vrugtebak opbou.

Stileerwenke vir jou vrugtebak:

In die middel:

Plaas jou vrugtebak reg in die middel van jou kombuiseiland of eetkamertafel. Maklik en uitnodigend vir die hele gesin om ’n vars vrug as versnapering te gryp.

Dink aan lae:

Gebruik lae (levels and layers) om jou vrugtebak as ontwerpselement te gebruik. Byvoorbeeld ’n vrugtebak met potjies, gestapel op resepteboeke om visuele belangstelling te skep.

Naby aan die kant:

Plaas jou vrugtebak op ’n toonbankhoek wat andersins leeg voel. Dit is makliker bereikbaar en hou boonop jou kombuistoonbank skoon en klottervry met genoeg werkspasie.

Minder is meer

Baie mense maak die fout om elke vrug wat hulle besit in die bak te probeer indruk.

’n Halfgevulde bak lyk meer elegant as een wat oorvol is. Gee die vrugte ruimte om asem te haal sodat elke item gesien kan word.

Gebruik die “mark-vars” beginsel

Die mooiste vrugtebakke lyk nooit perfek gerangskik nie. Interieurontwerpers vermy dikwels die té netjiese voorkoms. Laat die vrugte effens natuurlik lê, asof jy dit pas van die mark af huis toe gebring het. Hierdie ontspanne gevoel laat ’n ruimte meer “ingeleef” en verwelkomend voel.

Kies die regte bak

Kies ’n vrugtebak wat jou dekorstyl en spasie komplementeer.

Die vrugte is belangrik, maar die bak self speel net so ’n groot rol.

’n Groot keramiekbak, natuurlike houtbak of handgemaakte klipbak lyk pragtig wanneer dit met vrugte gevul is, maar kies liefs ’n vrugtebak wat ook mooi lyk wanneer dit leeg is.

Hout vir natuurlike warmte

’n Hout vrugtebak bring ’n naturlike warmte na jou toonbank, kies ’n warm hout soos acacia vir ’n organiese gevoel. Hout vrugtebakke is veral veelsydig, en pas goed in byna enige spasie, van meer rustieke dekorspasies tot ultra moderne spasies. Jou hout vrugtebak sal enige spasie komplementeer.

Klassieke keramiek en tydloos

’n Wit keramiek vrugtebak is altyd ’n goeie idee. Dit lyk skoon, minimalisties en foutloos sjiek. Dit pas maklik in by enige dekorstyl.

Psst moet nie net enige vervelige ronde wit keramiekbak kies nie, dink aan interesante vorme, een op ’n voetstuk of een wat nie 100% simmetries is nie.

Dopamiene vrugtebak

Jou vrugtebak is die ideale item om ’n energieke hupstoot aan jou spasie te gee. Dink aan kleurvolle, helder vrugtebakke met patrone of versierings.

Jou gesin sal nie hierdie vrugtebak kan miskyk nie!

Glas vrugtebak

Lyk modern, skoon en minimalisties. Kleurvolle vrugte lyk altyd pragtig in ’n glas vrugtebak. Ideaal vir modern, skoon en minimalistiese spasies. ’n Geribde glas vrugtebak lyk modern en trendy, en bring ’n interessante ontwerptekstuur na jou spasie.

Klip of marmar

Hierdie teksture voel luuks, en die ideale materiaal waarteen helder vrugte pragtig uitgestal kan word, hetsy dit nou lig of donker in skakering is. Kies moderne vorme en ontwerpe om jou vrugtebak 2026 sjiek te hou.

X Vrugtebakke op ons wenslysie

Poetry Esme Serving Bowl (R399)
The Local Edit Gather Pedestal Bowl (R950)
Jet Home Irregular Shape Bowl (R379,99)
Babylonstoren White Footed Bowl (R790)
Poetry Rachel Resic Bowl (R999)
Checkers Mango Wood Large Serving Bowl (R299,99)
Poetry Grechin Resin Serving Bowl (R999)
Block and Chisel Avo Green Ceramic Bowl (R1495)
Robert Welch Stainless Steel Bowl (R2999 Bash)
Le Creuset Stoneware Iris Serving Bowl (R1999)
Humble & Mash Wooden Bowl (R399 yuppiechef)
Poetry Rachel Resin Bowl Large (R1299)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Doen-dit-self Valentynsidees
error: Content is protected !!