10 Vinnige klaarmaakwenke vir ’n besige Feestyd

Hoeveel keer gebeur nie dit net dat jy nog in die kombuis staan en kosmaak of rondskarrel om alles reg te kry en dan lui jou voordeurklokkie al en alles is klaar behalwe jy nie. Hier is vinnige klaarmaakwenke om te help (veral as jy die gasvrou is). Deur Suzanne Kotzé

1. Slaap jou hare mooi

Ons het hierdie by modereakteur Amy geleer. Ons het eenkeer saam Johannesburg toe gevlieg en sy het ’n satynband in haar hare gehad. “Hierdie is my beste tydspaarwenk ooit,” vertel sy.  Ek blaas my hare die aand voor die tyd mooi droog en borsel dit dan lekker uit. Ek gooi al my hare vorentoe en bind dit dan vas. Ek krul dan my poniestert met ’n krultang en bind dit dan vas met die ‘heatless rods’.  Hierdie is die metode wat vir my werk, want ek het baie, en lang hare. Ek slaap dan met ’n ‘bonnet’ en haal die ‘rods’ uit net voor my funksie.

TechByte Heatless Hair Curling Set / Satin Hair Curlers / Heat-Free Curling – Black (R199, Takealot)

Ons weergawe

Ek het dit getoets, en aangesien goed my maklik pla as ek slaap, het ek besluit om dit eerder die oggend te doen (op halfklam hare) en dan aan te gaan met my dag en dit uit te haal net voor my gaste arriveer. Jy kan dit natuurlik ook dan doen, net voordat jy moet ry na waar ookal jy moet wees.

Ek het my hare in drie lae verdeel, bo, middel en onder en elk laag met ’n ‘rod’ na vore vasgebind. Ek het dit so drie ure ingehou, die ‘rods’ uitgehaal, dit uitgeborsel en haarsproei aangespuit.

2. Ligte dekking

Jy het nie baie tyd om jou onderlaag perfek aan te wend nie, en met swaarder/voller dekking is foute meer sigbaar as jy die nie reg aanwend nie. Meng sommer net ’n bietjie onderlaag by jou dagroom in en smeer dit aan. So lyk jou vel minstens eweredig.

3. Verbloem waar nodig

Om jou neus, binnehoeke van jou oë en op enige deel waar jy dalk met rooiheid sukkel.

4. Een produk, vele gebruike

Sonder ’n roomblosser kan ons nie. Dit gee nie net mooi glans nie, maar as jy regtig baie haastig is, kan jy dit op jou ooglede, wange en lippe gebruik. Dit gee ’n mooi glansend, monkromatiese voorkoms.

Gloei Skylighte in Cosmo Skies (R390, gloei.beauty)
Nars The Multiple (R965, Arc Store)

5. Sagte bruin oogpotlood, in plaas van swart

Sit weg jou vloeibare swart oogomlyner; dit is ’n fout wat ons te gereeld maak. Een verkeerde beweging en jy moet van vooraf begin. Gebruik eerder ’n sagte bruin oogpotlood wat jy kan inmeng (veral as dit smeer.). So is foute nie so sigbaar nie.

Revlon Multiplayer Liquid Glide Eye Pen (R209,95) is ’n staatmaker. (R209,95, Bash)

6. Kies ’n helder lip

Of dit nou rooi, koraal of skelpienk is, ’n helder lipstiffie laat jou dadelik ‘gedoen’ lyk en neem veel minder tyd as oogskadu.

7. Droë sjampoe vir vuil hare en of volume

Nie tyd vir hare was nie? Droë sjampoe. Hare wat pap is? Droë sjampoe. Wees net versigtig vir sommige (goedkoper) droë sjampoes wat geneig is om wit poeier op jou skouers te laat as jy jou hande deur jou hare sit.

Spuit die droë sjampoe op jou wortels en kam dit deur om seker te maak geen wit deeltjies land op jou skouers as jy jou gaste groet nie.

8. Tem wegvlieghaartjies

Hierdie oulike maskarastokkie is ’n wenner vir wegvlieghaartjies. Ideaal om weer aan te wend, net voor julle foto’s neem ook. As jy nie so iets het nie, probeer haarsproei op ’n kam en kam liggies oor jou wegvlieghaartjies.

REF. Frizz Tamer 20ml (R375, Retailbox)

9. Haarbykomstighede

’n Lae bolla met ’n mooi serpie, of los hare met ’n haarknip is ’n redder. Lees gerus hier:

10. ‘Noodhulp’ sakkie

Hou ’n sakkie met knippies, ’n klein borsel, deodorant lappies, lipbalsem, maskara, jou gunsteling lipkleur, ’n toetsgrootte parfuum en kladpapiertjies, byderhand. Sodat wanneer gaste vroeg opdaag of jy laat is jy minstens gou binne sekondes jou voorkoms kan verfris. (Bêre dit sommer in die kombuis of naby jou voordeur).

Balancing Deodorant Wipes 10 Pk (R34,99, Woolworths)
W Beauty Face + Body Cleansing Wipes (R69,95, Woolworths)
MAC Extreme Dimension Mascara Mini (R350, Arc Store)
Revlon Super Lustrous Glass Shine™ – Cherry Lustre (R230, Superbalist)
Beauty Box – Wild Coll – Bobby Pins – 20pc Gold (R59, Bash)
Chloé Le Parfum Scent to Go (R500, Bash)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Feestelike haarbykomstighede; van strikke tot scrunchies en haarbande
error: Content is protected !!