Jaareindfunksies en die partytjieseisoen het met ’n behoorlike slag afgeskop, en CATRICE Cosmetics het net betyds splinternuwe grimeerprodukte vrygestel. Getoets en goedgekeur deur die Stylvol span kan ons die volgende 10 moet-hê sakpasprodukte vir die partytjie-seisoen ten volle aanbeveel. Van slim droë druppels vir naellak om vinnig droog te word tot produkte vir foutlose glansende vel (koebaai donker kringe!) en wimpers met woema. Lees meer hier oor die sakpas slim produkte wat jy eenvoudig moet probeer! Deur Justine Kroes
Promosie/ Fotos: Raincoat Media
25/11/2022
Foutlose vel
1. The Glowifier Illuminating Primer (R125,95)
’n Voorbereidingslagie (primer) soos g’n ander – Ek het hierdie primer op twee verskillende maniere getoets – eerstens onder my onderlaag – dit het die mooiste gouerige glans gegee en het gesorg dat my onderlaag veel langer aanbly as enige ander dag wat ek nie ’n primer dra nie. Ek het die volgende dag hierdie Glowifier Illuminating Primer by my onderlaag ingemeng en ek was so beindruk met die resultaat – dit gee die mooiste gesonde velglans; nie te veel nie, nie te min nie, net reg!
Wenk: jy benodig werklik net ’n druppel van hierdie voorbereidingslagie – ons weet sommer hy gaan nog lekker lank in ons grimeertassie hou.
2. Airblush Glow in Coral Sky 010 (R105,95)
Hierdie blosser bied ’n sagte, glansende en gloeiende effek op jou vel – die verskillende skakering in die blosser werk goed saam en bied net genoeg kleur en net genoeg glans.
Ook beskikbaar in skakerings 020 Cloud Wine en 0303 Rosy Love, kies die een wat die beste by jou veltoon pas.
3. Under Eye Brightener (R100,95)
Dit is daardie tyd van die jaar en moegheid, min slaap en nimmereindige stresvlakke begin op ons almal se gesigte wys. As jy ook hiermee sukkel is ’n goeie verbloemer, of nog beter – oog-verhelderaar, die beste vriend in jou grimeer-arsenaal, glo ons!
Sê (dadelik!) totsiens aan jou donker kringe met CATRICE se Under Eye Brightener. Die pienk skakering verbloem dadelik die donker kringe en bied ’n onmiddelike glans. Die room verhelderaar gaan ook nie poeierig in jou plooie gaan sit nie – met bestanddele soos shea butter en hialuroonsuur is dit lieflik hidrerend.
Wimpers met woema
4. Lash Couture 3D Panoramic Volume Lashes (R100,95)
Ons is groot aanhangers van vals wimpers – veral op fotosessies en vir aande uit. Vals wimpers rond ooggrimering perfek af.
Die Lash Couture 3D Panoramic Volume Lashes laat oë oper en groter vertoon en die wimpers se tekstuur is fyn en natuurlik genoeg dat niemand eers sal agterkom jy dra falsies nie.
5. Boost Up Volume & Lash Boost Mascara (R125,95)
Die borseltjie is wonderlik – jy kry onmiddelike volume na die eerste aanwending en gly deur (selfs my wimperverlengings) sonder dat dit aan mekaar vasplak, die fyn borseltjie werk veral goed op my onderste wimpers waar ek gewoonlik die grootste maskara blapse maak! Die BOOST UP Volume & Lash Mascara bevat appelkoosolie vir ekstra hidrasievoordele.
Elektriese oë
6. Electric Rose Eyeshadow Palette (R151,95)
Ek dink nie jy het sommer ’n ander oogskadupalet nodig nie – die mooiste skakerings geskik vir beide dag- en aandgrimering. Hierdie palet bevat agt roosskakerings met ’n pigment wat besonders afgee.
Fluweelsagte tekstuur wend soos ’n droom aan – die donker bruine gebruik ons aan die buitehoeke van ons oë en die ligter sjampanje en pienk skakerings op die binnehoeke om ons oë groter te laat vertoon.
Hierdie palet kan ook beskryf word as jou “alles in een” palet
Gebruik die bruine as oogskadu en oogomlyner – maak net jou grimeerkwas nat vir die oogomlyner truuk. Gebruik die pienk/appelkoos roosskakering as ’n blosser op die appels van jou wange. En gebruik die sjampanje skakerings as verhelderaar (highlighter) op jou wangbene, binnehoeke van oë, op jou neus en bo die kupido bogie van jou mond vir ’n songesoende glans!
7. Aloe Vera Eyeshadow Stick in Golden Toffee (R105,95)
Hierdie is nou ’n veelsydige ooggrimeerproduk. Jy kan die Aloe Vera Eyeshadow Stick gebruik as ’n oogomlynerpotlood of as ’n room oogskadu. Ek trek ’n vinnige streep op my boonste ooglid en meng sommer die room oogskadu met my vinger in (jy kan natuurlik ‘n borseltjie gebruik as jy meer tyd het!). Moet nie dink dat die romerige tekstuur sommer in die voue van jou ooglid sal sit of afgee nie – na aanwending set hierdie room oogskadu en dit beweeg nie. Teen die einde van die aand lyk die grimering nog net so mooi en op sy plek.
Die kleurpigment van die oogskadu is mooi helder, ek het die Golden Toffee skakering getoets, en dis ook beskikbaar in skakerings van Touch of Rose, Olive Glam en Lavender Brown. Die towerstafie bevat aloe vera ekstrak wat verder hidrasie bied en nie die dun vel op jou ooglede uitdroog nie.
Lieflike lippe
8. CATRICE Shine Bomb Lipstick (R113,95)
Lippe is terug – en ons is dankbaar! Ons dra graag helderpienk lipstiffie en die nuwe CATRICE Shine Bomb Lipstick in Scandalous Pink is ’n gunsteling in ons handsak vir ’n aand uit. Ons hou veral van die glans oor ons lippe omdat ons weet dat glansende lippe natuurlik voller en meer plomp lyk!
Die lipstiffie wend so maklik aan en die tekstuur is liefik. Dit bevat hialuroonsuur wat sorg dat jou lippe sag en gehidreerd bly.
Hierdie lipstiffie is beskikbaar in 10 skakerings – iets vir elke persoonlikheid en veltoon!
Naels met sprankel
9. Brave Metallics Nail Polish in 05 Everyday I’m Sparkling (R95.95)
Metaalkeur in alles is in – van klere, en skoene tot selfs naels in metaalkleure is ’n moet dié seisoen. Selfs nog beter vir ’n aand uit, daardie tikkie blink bied ekstra glans! CATRICE se naellak is altyd ’n gunsteling om aan te wend – net omdat die borseltjie jou help om so perfek en foutloos te verf (en byna niks te mors nie!).
Die blinkers in die naellak is superfyn en voel nie grof oor jou naels nie. Kies een van die 5 verskillende metaalskakerings van grys, blou en selfs wynrooi – die sagte sjampanje skakering 05 Everyday I’m Sparklin’ is ’n gunsteling in die stylvol kantoor.
Blitsig klaar
10. CATRICE Instant Dry Drops (R75,95)
Ek is eerlik as ek sê ek was huiwerig of hierdie druppels werklik gaan doen wat dit beloof – en ek is binne 40 sekondes verkeerd bewys. Getoets en goedgekeur – doen dit so: wend jou naellakkleur aan en drup een tot twee druppels van hierdie wondermiddel aan die bokant van jou nael (sodat die druppel oor jou hele nael afloop) en wag 40 sekondes – siedaar – jou naellak is droog!
Perfek vir wanneer jy op pad uit is vir die aand en nog spoedig jou naels moet verf voor jy aantrek.
Bonus – hierdie droë druppels bevat vitmiene E wat jou naels versterk, voed en hidreer en voel glad nie olierig nie.
Gebruik die kode STYLVOL10 vir 10% afslag op www.houseofcosmetics.co.za