Van mini-Franse naels tot kat-oog naels, skakerings van bruin en donut-naels 2.0; hier is die nuutste naeltrends wat jy gerus kan probeer. Deur Suzanne Kotzé
Naeltrends
Naelkunstenaar Minelli van der Merwe van Minelli Nail Art deel met ons die volgende trends.
1. Soliede kleure
Eenvoudige goed versorgde naels in soliede kleure is op die oomblik baie in.
2. Mocha mousse en ander bruin skakerings
Hierdie is ’n reuse trend en so mooi vir Herfs. “Ek is mal oor al die kleure van BioSculpture se Mocha versameling,” sê Minelli.
3. Metaalpunte (vir spesiale geleenthede)
“Metaalpunte is baie mooi en in, maar vir die drie weke salon ‘girlies’ is hierdie nie ’n goeie keuse nie, want dit splinter (chip) te vinnig. Dit is wel baie mooi vir ’n spesiale geleentheid.”

4. Kat-oog naels
Dink aan katte se glimmerende oë, dit is presies hoe hierdie tipe naels lyk wat sosiale media platforms (en veral TikTok) aan die gons het. Naelverf met spesiale magnetiese deeltjies word meestal gebruik om die voorkoms te skep. Wanneer ’n magneet oor die naelverf gehou word, trek dit die magnetiese deeltjies saam om die patroon te vorm.

5. Skoon neutrale
Minelli sê skoon neutrale kleure is ook baie in. Dink aan skoon neutrale as die ‘quiet luxury’ (wat steeds ’n mode-trend is) van naels. Sagte pienk, ‘blush’ en selfs natuurlike appelkoosskakerings is almal mooi skoon neutrale skakerings. Woorde wat ook saam met hierdie trend gebruik word is die minimalistiese manikuur (goed versorgde naels en hande sonder dat dit te gedoen lyk.)

Lucho Mlhongo van Revlon Cosmetics deel met ons watter trends nou groot nuus is.
“Naeltrends vir hierdie seisoen gaan oor selfuitdrukking, tydlose elegansie en speelse teksture.
6. Glazed Donut naels 2.0
’n Sagter, kleurspelende weergawe van die virale trend; nou in warm perskeskakerings.


7. Mikro Franse punte
’n Moderne, minimalistiese weergawe van die klassie Franse manikuur. In plaas van die kenmerkende wit punte, is daar allerfynste lyntjies in wit, pastelkleure of metaalskakerings.
8 Jellienaels
Deursigte, glansende kleure met ’n sappige, glas-effek, ideaal vir somer. Of kies donkerder skakerings vir herfs en winter.


9. Metaalchroom
Hoogs-glansend, met ’n futuristiese afwerking in silwer, roosgoud of diepbrons.


10. Onbypassende manikure
Speelse kombinasies in verskillende kleure of ontwerpe of elke nael vir ’n prettige, kunssinnige gevoel. Ook bekende as ‘skittle’ naels.
Vermy hierdie foute as jyself jou naels doen
Lucho gee raad
Om nie ’n basislagie aan te wend nie
’n Basislagie is nodig sodat jy jou kleur mooi glad kan aanwend. Dit help ook dat jou naels nie vlek van jou naelkleur nie en dat jou naels langer hou.
Te dik lae
Dun, eweredige lagies word vinniger droog en keer dat jou naels smeer of ’n oneweredige tekstuur.
Om nie die randte te seël nie
Deur jou naelfverf ook om die rand van jou naels te verf verhoed dat dit nie voortydig splinter nie.
Skud die botteltjie
Rol eerder jou botteltjie tussen jou hande om te keer dat lugborrels vorm (en jou kleur oneweredig aanwend).
Geen bo-lagie
’n Goeie kwalititeit bo-lagie seël jou kleur en lyk glansend, terwyl dit ook jou naels beskerm sodat dit die kleur nie voortydig splinter nie.
“Revlon se ColorStay Gel Envy™ gee goeie kleur wat lank aanbly met ’n ingeboude basislaag vir salonnaels tuis,” sê Lucho.
