cholera
cholera

10 dinge wat jy van cholera moet weet

Met skoolvakansie en sporttoere om die draai is dit goed om ekstra bewus te wees van cholera en wat jy kan doen om jou en jou familie hierteen te beskerm. Deur Suzanne Kotzé

28/05/2023

Die cholera-uitbraak in Suid-Afrika

Met die onlangse cholera-uitbraak, maan die Nasionale Gesondheidsdepartement ons om voorkomingsmaatreëls te tref deur veral te let op handhigiëne.

Cholera is reeds Gauteng aangemeld in (die swaarste getref), Limpopo en die Vrystaat.

1. Cholera word deur ’n bakterie veroorsaak

Die bakterie word deur die bakterie, Vibrio cholerae, veroorsaak.

2. Dit veroorsaak diarree en dehidrasie

Die bakterie veroorsaak infeksie in ons ingewande wat lei tot dehidrasie as gevolg van erge diarree. As jy erge cholera infeksie het en dit nie betyds behandel nie, kan dit binne ure fataal wees, selfs in gesonde mense, verduidelik Dr Noluthando Nematswerani, Discovery Health se hoof kliniese beampte.

3. Besoedelde water is die hoofoorsaak

Water wat besoedel is met riool is die hoofoorsaak van die verspreiding van cholera. Swak infrastruktuur of infrastruktuur wat onder druk is weens beurtkrag dra tans die blaam.

4. Kos wat afgespoel word met besmette water is ook gevaarlik.

Die infeksie verspei wanneer kos besproei word met besoedelde water.

5. Dit is nie aansteeklik van persoon tot persoon nie

Maar die bakterie kan wel versprei as ’n persoon met cholera-infeksie kos hanteer sonder om hulle hande te was, as julle badkamers deel of as hulle in ’n waterstroom ontlas.

6. Sommige mense het nie simptone nie

Daar is mense wat aan die cholera-bakterie blootgestel word en nie siek word nie. Hulle weet dan natuurlik nie dat hulle die infeksie het nie, maar die bakterie kom vir sewe tot veertien dae in hul faeces voor. Hulle kan dus steeds ander mense aansteek deur water te besmet.

7. Handewas is baie belangrik

Dit is tyd dat om ons Covid-handewas gewoontes weer af te stof.

Die Centre of Disease Control beveel aan dat jy jou hande moet was

  • Voor en na jy kos voorberei
  • Voor en nadat jy eet of jou kinders voer
  • Na jy die toilet gebruik het
  • Nadat jy jou kind se boude skoongemaak het
  • Nadat jy iemand met diarree versorg het

As jy nie toegang tot seep en water het nie, gebruik handontsmettingsmiddel met ’n alkohol-inhoud van 60% of meer. (Dalk het jy nog van jou Covid-voorraad).

Onthou ook om jou hande te was sodra jy by die werk kom. Skole in dele waar cholera voorkom, hou veral ’n groot risiko vir die gemeenskap van daardie skool in. Alle werknemers by die skool moet dus ook ekstra sorg neem om hulself en die kinders te beskerm.

8. Simptome begin gewoonlik 12-48 uur na blootstelling

Volgens die Nasionale Instituut vir Voorkombare Siektes word die meeste mense siek 12 tot 48 uur na blootstelling.

9. Kinders is geneig om koors te kry

In die meeste gevalle is mense nie baie siek nie; hulle het bloot bietjie diarree.

In ernstige gevalle het mense erger diarree en braking (veral aanvanklik). Kinders is geneig om koors te kry.

10. Hidrasie is belangrik

Dehidrasie is die hoofoorsaak dat mense baie siek word of sterf van die siekte. Rehidrasie is baie belangrik en kan jou lewe red,” sê Dr Nematswerani van Discovery. As jy matig siek of baie siek is, is dit nodig dat jy hospitaal toe gaan vir binne-aarse hidrasie. Antibiotika mag dalk voorgeskryf word.

Maak jou eie rehidrasie vloeistof

Die Departement van Gesondheid beveel aan dat jy die volgende rehidrasievloeistof kan maak.

  • 1 liter gekookte water
  • 9 teelepels suiker
  • ½ teelepel sout

Cholera-voorsorgmaatreëls tydens vakansie

Let veral op die volgende as julle vakansie hou in een van die provinsies waar daar ’n cholera-uitbraak aan die gang is. Die verwagting is dat die uitbraak na ander provinsies kan uitbrei. Dit is verstandig on die volgende riglyne te volg, waar julle ookal is en as julle onseker is oor die gehalte van die water.

  • As julle ’n huis huur, vee alle oppervlakke ’n ekstra keer af met skoonmaakmiddel wat jy sonder water kan gebruik.
  • Was alle kombuisgoed met warm, seperige water.
  • As jy in een van die besmette areas is, kook jul drinkwater of drink gebottelde water. As jy nie water kan kook of gebottelde water het nie kan jy dit met bleikmiddel behandel.

Gooi een teelepel huishoudelike bleikmiddel (wat 3 tot 5% chloor bevat) by 20 liter water. Meng en los dit vir minstens 30 minute voordat jy dit drink.

  • Skil jou vrugte en groente en vermy rou groente wat jy nie kan afskil nie.
  • Maak kos (en veral vis of seekos) goed gaar en bedek enige oorblywende kos.

As julle in ’n hotel of gastehuis bly waar etes voorsien word of uiteet

  • Vermy vars slaaie en vars vrugteslaai
  • Eet liewer gekookte kos, en verkieslik kos wat gekook en dadelik bedien word, soos biefstuk.
  • Moenie gedeelde badkamergeriewe gebruik nie.

 Cholera-voorsorg as julle kamp

  • Ontsmet die wasbakke voor jy tande borsel of gesig was
  • Gebruik drinkwater vir tande borsel
  • Spoel jul skottelgoed met gechloreerde water af nadat jy dit gewas het 
  • Maak ’n spuitbottel vol bleikmiddel en ontsmet die toiletbak en toiletbril voor jy dit gebruik. Die verhouding is een deel bleikmiddel vir 10 dele water. As jou spuitbottel 750 ml kan hou, gooi een derde koppie bleikmiddel daarin en vul dit tot bo met gewone water.
  • Wees ekstra versigtig as julle opmerk dat iemand diarree het.
  • Dit is die veiligste as jul gesin nie badkamergeriewe met ander mense hoef te deel nie.
  •  As julle langs ’n rivier of dam bly of kamp, maak seker jou kinders weet ook om nie van die water van die rivier of dam te drink nie.
  • Geen ontlasting in of naby riviere of damme nie.

As iemand wel cholera-simptome het, voorkom infeksie van ander familie-lede so

  • Indien moontlik dra rubberhandskoene om die kamer of beddegoed wat in aanraking met ontlasting was, skoon te maak.
  • Verwyder dadelik enige beddegoed of klere wat in aanraking met ontlasting was en was dit op jou wasmasjien se warmsiklus.
  • As jy enige klere/beddegoed wil weggooi, draai dit in twee plastieksakke toe voordat jy dit weggooi.
  • Gebruik huishoudelike ontsmettingsmiddel of die bleikmiddel (resep bo) om enige area wat met ontlasting in aanraking was, skoon te maak.
  • Pasiënte met cholera moet twee weke wag nadat hulle simptome weg is, voordat hulle swem.
  • As enige ander familielede simptome begin ontwikkel, gee dadelik vir hulle rehidrasiemiddel of maak ’n afspraak by die dokter of kliniek.
  • Moenie gaste oornooi of gaan kuier as iemand enige vorm van maagongesteldheid het nie.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Vyf afskakelwenke om intensioneel vakansie te hou
error: Content is protected !!