parfuumwenke
parfuumwenke

10 Beste parfuumwenke

Hier is parfuumwenke waarvan elke vrou moet weet. Van parfuum wat langer aanbly aan ’n goedbevogtigde vel tot hoe om jou fyngeure reg te bêre! Deur Suzanne Kotzé

bygewerk 30/07/2024

Seisoenale parfuumwenke

1. Warmer houtgeure is goeie keuses vir winter.

“Die meeste parfuumrverbruikers verkies ’n parfuum wat swaarder hout en amber note het gedurende winter. Oud geure, peperige geure en selfs gourmand geure kan ’n heerlike warm gevoel skep vir die winter,” sê Barbara van Kraayenburg, bemarkingsbestuurder van parfuum en skoonheidsprodukte vir Bacher and Co.

2. Parfuum kan anders ruik na gelang van die seisoen

Jou parfuum gaan nie dieselfde ruik gedurende die somer as gedurende die winter nie, en sal ook anders reageer aan jou na gelang van die tyd van die jaar. Warm somerweer kan parfuumnote meer intens laat ruik. Daarom kies ons dikwels ligter, varser geure vir die somer. Met kouer winterweer verdamp parfuum nie so vinnig nie, maar omdat daar minder hitte is, ruik jou parfuum ook minder intens. En daarom dra ons natuurlik warmer, sterkter geure vir die winter.

Aanwending

3. Minder is meer

“Hierdie geld veral wanneer jy wintergeure dra, wat nogal sterk kan wees. Begin liewer spaarsamig met die aanwending eerder as wat die geur te oordonderend is,” beveel Barbara aan.

Onthou ook soos ons ouer word, neem ons reuksintuig af, so jy kan dalk self nie jou parfuum so goed ruik nie, maar ander mense kan.

4. Bevogtig jou vel voordat jy parfuum aanspuit

Baie van ons spuit parfuum aan net nadat ons gestort het, wanneer jou vel dalk juis gestroop is van natuurlike olies. Droër vel absorbeer, so jou parfuum sal dalk geabsorbeer word, eerder as om ‘bo-op’ jou vel te sit waar jy dit kan ruik. “Onthou ons vel is veral droër gedurende die wintermaande, so maak seker jy bevogtig dit goed met ’n lyfroom. Verkieslike een wat jou by jou parfuum pas,” sê Barbara.

5. Moenie jou polse vryf nie

Dit kom so natuurlik, maar onthou om eerder jou polse liggies teenmekaar te tik as om dit te vryf. Die gevryf veroorsaak nie net friksie wat die geurmolekules beskadig nie, maar dit veroorsaak ook hitte wat die geur beïnvloed.

Bêrewenke

6. Moenie uitstal nie

Hou eerder jou leë botteltjies vir uitstal, want lig is parfuum se grootste vyand. Bêre dit liefs in jou kas, en as dit geure is wat jy nie gereeld dra nie, hou dit sommer in die verpakking.

7. Geen parfuum in jou badkamer

Die veranderende temperatuur en klammigheid in jou badkamer is sleg vir parfuum. Dink net hoe warm en stomerig jou badkamer word, en dan weer koud daarna. Parfuum hou van ’n lae, gematigde temperatuur met die te veel temperatuur wisseling nie.

Nuwe parfuum-kies-wenke

8. Gebruik jou geurfamilie om nuwe geure te kies

“As jy byvoorbeed van ligte, blommegeure hou vir die somer, kies ’n blommerige houtgeur of ’n Oosterse blommegeur op die geurwiel,” sê Barbara.

9. Gebruik eers die toetsstrokies

Moenie net ’n klomp verskillende fyngeure op jou vel spuit nie. Gebruik eers die toetsstrokies wat by die meeste parfuumtoonbanke beskikbaar is om ’n paar fyngeure op te spuit. Kies dan net twee van jou ware gunstelinge om op jou vel te spuit.

10. Wag minstens ’n halfuur voor jy koop

Soos die alkohol van die parfuum verdamp, kom sommige geure sterkter na vore. Die topnote wat jy eerste ruik, verdamp gewoonlik vinniger en so sal jy die kans kry die middel en onderste note (wat die langste aanbly) beter te ruik. Drink gerus ’n koffie terwyl jy wag, want koffie sal jou reuksintuig neutraliseer.

Nuwe fyngeure om te toets

Stories by Lapidus

Die ‘Stories by Lapidus’ reeks het geure vir mans en vroue. Dit is ’n speelse, prettige reeks, wat gerig is op die effense jonger mark en wat geïnspireer is deur Brasilië. Die kleurvolle botteltjies weerspieël die sypaadjies van die Rio de Janeiro kusdorpies Ipanema en Copacabana. Hierdie geure ruik almal heerlik en dit sal ook oulike geskenke wees vir ’n tienerdogter of -seun.

Supreme Desire Die aromatiese fyngeur met speseryerige geure van jenewer en salieblaar en rooshout laat jou aan ’n polsende aandjie uit dink. Die mans- parfuum sal beslis ook by vroue aanklank vind.

Sexy Muse . Die onskuldige malvalekkergeur teenoor die ‘stoute morellokersie en sandelhoutgeure skep beslis ’n sexy geur.

Wild Attraction Die vrugtige groen geure van steranys, appel en basilikum word gekomplementeer deur patsjoeli en tonkabone. Die mansgeur val in die houtgeurfamilie.

Seducation Vibes (R499, Foschini Beauty) se verleidelike note sluit ’n interessante samestelling van onder meer appel, swart bessies, pienk peper, roos, soetemaling (tuberose), vanielje en sjokolade en sjokolade truffel.

Ariana Grande

Arianators” (die naam wat Ariana Grande se aanhangers hulself gegee het) sal gaande wees oor hierdie fyngeure. Dit is effens soet en speels, en sal menigte meisieharte bly maak. En kyk net die mooi bottels! Kan jy jou net die verwonderling op ’n meisie/dogtertjie se gesig voorstel as sy hierdie sien! Dit gaan beslis op ons Kersfeeslysie vir twiener en tiener niggies en peetkinders.

Ariande-Grande-cloud
Ariana Grande Cloud

Met hierdie geur wou Ariana die positiwiteit en geluk na haar aanhangers oordra. Van die note wat jy ruik is laventel, peer en bergamot met middelnote soos kokosneut, pralien en vanielje orgidee.

R.E.M

Hierdie geur ruik lekker genoeg om te eet! Jy ruik beslis die sappige vy en gesoute karamel en malvalekkers. Peerbloeisels en laventel breek die soet terwyl Tonka bone, muskus en sandelhout diepte aan die geur gee.

Ariana Grande Thank u, next

Hierdie word beskryf as die ‘die geur vir leer, liefhê en jou lewe ten volle te leef, met jou ‘besties’ aan jou sy. Peer en framboos topnote met kokosneutroom en roosblare middelnote. Macaronsuiker en muskus as onderste note.

Kate Spade Sparkle

Kate Spade, Sparkle

Hierdie is ’n sensuele, vroulike vermening van vrugte en blomme. Die soet, tog effens skerper reuk van die swart bessies en die kenmerkende peonie geur kom beslis na vore. En een van die basisnote is vanilje Crème Brulee. Dit is ’n warm, blommegeur. Ideaal vir winter. Ons is gaande hieroor!

Guess Bella Vita Rosa

Guess Bella Vita Rosa ( Woolworths)

Die voorganger van hierdie parfuum, Guess Bella Vita was gefokus daarop om baie sensueel en verleidelik te wees. En soos meeste Guess fyngeure is hierdie beslis steeds ‘sexy’, maar dit is glo geskep met eenvoud in gedagte. Ten spyte van die naam (Rosa) bevat die geur nie roosnote nie, maar vrugtige bonote (soos swartbessies), eksotiese blomme middelnote (onder andere magnolia) met sensuele onderste note wat fyngeur net daardie tikkie sensualiteit gee.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
15 Beste haar- en grimeerwenke vir konsertgrimering;
error: Content is protected !!