Tydlose hemde en bloese op ons stylradar

Ons weet nie van julle nie, maar die afgelope ruk sukkel ons werklik om hemde en bloese te vind wat stylvol, trendy en daarby goeie kwaliteit is (en boonop ’n bloes waarvan die onderste gedeelte nie verdwyn het nie, nee dankie crop tops!). Ons het met kenners van Trenery in Australië gesels oor dié seisoen se hemp- en bloesstyle, hoe om ’n hemp te kies wat nog jare lank sal hou, hoe om vir die hemde te sorg en daarby ’n paar handige stileerwenke. Deur Justine Kroes

04/03/2022

Kies so jou tydlose hemp/bloes

Deur duursame en goeie gehalte bloese en hemde te kies sorg jy dat hierdie klere-items vir jare en seisoen op seisoen lank gunstelinge sal bly in enige klerekas. Kwaliteit bo kwantiteit.

’n Klerekas van blywende waarde moet opgebou word deur beginsels van kwaliteit, veelsydigheid en tydlose keuses daarby. Die fokus by Trenery is dat ’n kledingstuk as ’n belegging gesien moet word, eerder as ’n impulsiewe besluit.

Kies hemde en bloese in klassieke style wat jare lank nog tydloos sal bly.

Kies goeie gehalte materiaalstof. Hemde en bloese in materiale soos linne, egte sy en katoen, wat gemaak is om te hou.

Trenery Gathered Sleeve Vent Neck Top (R999 White)
Trenery Gathered Sleeve Vent Neck Top (R999 Red)
Trenery Gathered Sleeve Vent Neck Top (R999 Night Sky)

Sorg so vir jou duursame hemde en bloese:

Sy: Werk delikaat met jou egte sy klere-items, was hul eerder met die hand. Vermy “spot cleaning” en moet nooit parfuum direk op jou sy-item spuit nie – dit kan maklik vlek. Hou ook jou sy kledingstuk uit direkte sonlig – dit kan die item se kleur minder helder laat voorkom.

Katoen: Pima katoen (gemaak van langer vesels) wat meestal in Trenery se ontwerpe gebruik word is lieflik sag maar steeds baie sterk. Wees versigtig wanneer jy jou katoen-items was en let op watter ander kledingstukke jy in die wasbondel gooi, harde knope kan maklik gaatjies of haakplekke in die katoen veroorsaak. Dit is algemeen dat katoenhemde effens krimp in die was – was daarom altyd op ’n koue siklus in die masjien en stoom jou katoenhemp om die natuurlike vesels te laat “ontspan”.  

Linne: Linne is een van daardie materiale wat werklik net beter en mooier raak hoe meer jy dit dra, effens gekreukel vir daardie ingeleefde effek is ’n gunsteling. As jy ’n netjieser linnevoorkoms verkies, gebruik jou stoomstrykyster en pers sagkens jou linne terwyl dit nog klam is.

Onthou om jou kledingstukke altyd teen 30°C en minder te was, dit is nie net goed vir jou klere nie maar ook meer omgewingsvriendelik.

Vermy eerder die tuimeldroër, dit kan maklik klere laat krimp, vaal en vinnig oud laat lyk.

6 Stileerwenke vir hemde en bloese:

  1. Stileer ʼn vroulike maar steeds trendy voorkoms met jou opknoophemp – knoop ʼn paar boonste knope los en rol die moue op vir ʼn gemaklike gevoel. Jy hoef nie perfek te lyk nie!
  2. Druk die voorste deel van die hemp of bloes in en los die agterste gedeelte om uit te hang. Hierdie tegniek word die French tuck genoem, en as ons iets by die Franse dames geleer het – hulle bly altyd klassiek!
  3. Jy kan selfs die voorpunt van jou hemp knoop net waar jou broek of romp begin – nog ’n trendy manier om ’n hemp of bloes te stileeer.
  4. Die Trenery span se raad: Hemde kan maklik in verskillende lae gedra word (layering) – dra ’n opknoop hemp oop bo-oor ’n t-hemp. Of dra selfs ’n trui bo-oor jou kraaghemp of bloes. Layering lyk nie net stylvol nie, maar is ook so prakties vir die tussen-in weer!
  5. Vir dames met ’n groter borsmaat is die vleiendste hempstyle een wat jou hals wys en dit beklemtoon. Vel rondom die nek moet oop en sigbaar wees sodat dit nie die oë verder opwaarts trek nie. Kies hemp en bloesstyle met v-halse, of scoop necks. Wys daardie decolletage vir ’n verslankende effek.
  6. As jy vinnig jou bloes of hemp voorkoms wil verander van dag na aand, is die maklikste om jou onderstukke en bykomstighede te verander. Verruil jou denims en tekkies vir ’n wyepypboek en hakskoene, blitsvinnig verander jou bloes van dag na aandtydsjiek.

Hemde en bloese dié seisoen by Trenery

Beide Suzanne en Justine het die hemde wat die seisoen by Trenery beskikbaar is (klik hier) aangepas en getoets. Wat duidelik vir ons albei uitgestaan het, was die ongelooflike gehalte van materiale wat gebruik is in elke ontwerp. Die egte sy voel so sag soos botter teen jou vel, die katoenbloese lieflik lig en sag, die linne voel nie krapperig nie en voel luuks.

Suzanne dra: Gathered Sleeve Vent Neck Top (R999) Justine dra: Silk Pocket Detail Shirt (R1499)

Hierdie seisoen se fokus vir hemde en bloese by Trenery is die fokus op “layering”. Wat veral goed werk met die tussen-in seisoen waarin ons onsself bevind.

Trenery se hemde en bloese is die seisoen ook langer gesny. Dit beteken jy kan jou hemp of bloes insteek of laat uithang, afhangend van jou figuur of stylpersoonlikheid.

Die syhemp, ’n ware klassieke stapel-item, het die seisoen ’n meer gemaklike amper lospassende silhoeët. Selfs al is die ontwerp meer gemaklik, lyk dit steeds super-sjiek en stylvol danksy die luukse sy en pragtige skakerings van room, groen, rooi en blou. Dit hempstyl sal goed pas by rompe, netjiese langbroeke of selfs by jou denim. Kyk net hoe pragtig is die skakerings:

Trenery Silk Pocket Detail Shirt (R1499 Red)
Trenery Silk Pocket Detail Shirt (R1499 Grass Green)
Trenery Silk Pocket Detail Shirt (R1499 Bordeaux)

Die uitstaanskakerings van die seisoen by Trenery lyk vir ons baie na dié van pragtige herfsblare. Rooi, diep wynrooi (deep berry en burgundy) en sagte skakerings van room, karamel en tikkies pienk met die allermooiste patrone. Daar is beslis ’n skakering van rooi, room, groen of sagte pienk vir elke veltoon in die reeks beskikbaar.

Moue bly steeds ’n groot trend in die modewêreld en bloese met interessante moue is tans volop by Trenery. Steeds klassieke hempstyle maar met ’n unieke mouontwerp soos blouson, flute, en dolman moustyle.

Hier is ’n klompie gunsteling bloes en hempstyle op ons wenslysie:

Double Ocelot Blouse (R999)
Trenery Silk Tangled Lily Shirt (R1599)
Trenery Ditsy Floral Tab Sleeve Top (R899)
Trenery Silk Placed Floral Blouse (R1999)
Trenery Clipped Hibiscus Top (R899)
Trenery Forest Floral Keyhole Blouse (R999)
Trenery Modal Striped Relaxed Shirt (R899)
Trenery Floral Button Through Blouse (R999)
Trenery Cotton Modal Micro Spot Longline Shirt (R999)

Die artikel is geborg deur Trenery. Besoek gerus die webwerf hier om die nuutste Trenery hemp en bloes-style te koop.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Bonkige stewels
Trend: die 90’s bonkige stewel
error: Content is protected !!