Strooikussingwenke vir jou bed

Hier is strooikussingwenke vir jou bed, want strooitkussings is ’n maklike manier om bietjie nuwe lewe in jou slaapkamer (dekor) in te blaas. ‘Dit laat dadelik jou spasie anders voel,’ deel dekorstilis Kalinka Lombaard van The Home Collective met ons. Saamgestel deur Suzanne Kotzé.

28/06/2024

Nadat ek self onlangs lus was vir klein veranderinge en meer tekstuur in ons slaapkamer, het ek agtergekom strooikussings vir jou bed is ’n wonderlike manier om jou spasie anders te laat lyk, maar om die regte grootte en hoeveelheid strooikussings te kies vir jou bedgrootte is nie altyd so eenvoudig nie.  

Hoop hierdie diagramme help jou.

Strooikussing-idees en groottes vir jou koning-grootte bed

Strooikussing-idees en groottes vir jou koningin-grootte bed

Strooikussing-idees en groottes vir jou dubbelbed

Sewe strooikussingwenke vir jou bed

Ons het dekorstilis Kalinka Lombaard van The Home Collective gevra vir raad

1. Neem jou kleurpalet in ag

Foto en stilering: The Home Collective

Onthou om jou kleurpalet van jou kamer en bedlinne in ag te hou en saam met dit te werk as jy strooikussings kies.

2. Gebruik verskillende groottes kussings

Onthou altyd groot agter en kleiner voor. Meng gerus ook die vorms van die kussings.

3. Gebruik tekstuur as jou kleurpalet neutraal is

Foto en stilering: The Home Collective

As jy van ’n neutrale palet hou, is dit mooi om verskillende teksture te gebruik. Dit hou dit interessant sonder om te kleurvol te raak.

4. Meng kleure en patrone

Foto en stilering: The Home Collective

As jy ’n kleurliefhebber is, moenie bang wees om verskillende patrone te meng nie. Mooi stepe met ’n blom of ’n paisley patroon kan saam gemix en match word. Onthou die goue reël as dit by patrone meng kom, maak seker daar is een deurlopende kleur wat die patrone bind.

5. Die grootte van jou bed is belangrik

Foto en stilering: The Home Collective

Hoe kleiner die bed, hoe minder kussings. ’n Mens wil nie die bed so vol pak dat dit oorweldig word nie. Daar moet nog steeds lekker spasie wees.

6. ’n Throw of kombers vir afronding

Foto en stilering: The Home Collective

Mooi strooikussings word altyd goed afgerond met met ’n throw/kombers. Kies iets wat meer neutraal is as jou kussings patrone op het. Of werk met tekstuur. Dis altyd ’n wenner.

7. Bêre jou strooikussings

Die versoeking is dalk daar om net jou strooikussings van die bed af te gooi, en neer te val op jou bed. Maak dit deel van jou aandroetine om jou kussing af te haal en op ’n bank of stoel te pak, jou pantoffels uit te trek en in die bed in te klim.

Op ons kussing-wenslysie

Dover Scatter Cushion 40 x 70cm (R799, Poetry)
Animal Tufting Cotton Scatter Cushion 50x50cm (R359, Woolworths)
Country Road Floe Boucle Cushion 60×60 (R899, Woolworths)
Country Road Hailey Recycled Polyester Blend 40×40 Round Cushion (R449,Woolworths)
Natural Colour Block Scatter Cushion 50x50cm (R379, Woolworths)
Alice Embroided Sham (R599, Poetry)
Dobby Scatter Cushion 90x40cm (R449, Woolworths)
Tufted Retro Sage Cotton Scatter Cushion 40x70cm (R499, Woolworths)
Pink Fossil Natural Cushion Cover (R750, naturalselectiondecor.co.za)
Colour Pop Round Cushion Cover – Shell/Lemon 40cm (R535, Skinnylaminx)
Cushion Cover – Sunshine Gold (R625vir 50x50cm; R715 vir 60 x 60cm Skinnylaminx)
Wilderness Scatter in Carnelian 60 x60cm (Hertex Haus)   
Wiggle Scatter in Lapis 40 x60cm (Hertex Haus)
H&M Tufted wool cushion cover – bright blue & white (R499, Superbalist)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonmaakwenke: Maak jou wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser só skoon
error: Content is protected !!