Werkspasie wenslysie: lessenaars, stoele en funksionele dekor

’n Gemaklike en georganiseerde werkspasie is nie noodwendig ’n moet nie, maar dit kan beslis bydra tot ’n effektiewe en produktiewe werksomgewing. Ons deel met jou die mooiste (sit en staan) lessenaars, mooi kantoorstoele en funksionele werkspasie dekorbykomstighede. Deur Justine Kroes

19/01/2024

Wenke vir jou werkspasie

Die regte stoel is baie belangrik

Vir enige werk wat vereis dat jy ’n paar uur per dag moet sit, is ’n goeie stoel belangrik. Een wat nie jou postuur sleg sal beinvloed of jou rugpyn gee nie.

Wees op die uitkyk vir stoele wat in hoogte kan verstel sodat jy seker maak jou voete is plat op die grond, en jou arms is gelyk met die tafel se hoogte. Jy behoort ook jou arms gemaklik op die armleunings van die stoel te kan rus wanneer jy werk. Hierdie sal sorg vir goeie postuur en gemaklike sitposisies vir daardie lang werksdae.

Wenk: Moet nie die eerste swart kantoorstoel koop wat jy sien nie – kyk uit vir ’n mooi ontwerp, dalk een met tekstuur of in ’n kleur wat ’n dekorelement in jou werkspasie kan wees. ’n Mooi stoel was nog nooit lelik nie! Hier is ’n paar wat ons raakgesien het:

Game Furniture Cali Office Chair Green (R1 499)
Mr Price Home Rattan Back Office Chair (R1 700)
Mr Price Home Scalloped Office Chair (R2 200)
@home Portman Office Chair Brass Leg (R3 299 Bash)
Sixth Floor Cohen Office Chair (R2 599)
@home Bailey Office Chair (R3 999 Bash)

Lessenaar

Of jy nou ’n sit- of staanlessenaar verkies, hou hierdie in gedagte: as jy vir lang ure werk is ’n staan- lessenaar dalk nie die beste idee nie. ’n Alternatief sou wees om een te kies wat kan verstel tussen ’n staan en sit werkspasie.

Indien jy ’n tradisionele lessenaar verkies, maak seker oor die groottes sodat dit ordentlik in jou werkpasie inpas. ’n Lessenaar met laaie of rakke bied ekstra stoorplek wat altyd handig te pas kom. Maak ook seker jou lessenaar pas by die omgewing se dekor sodat dit nie soos ’n seer duim uitstaan nie.

Staan (en sit) lessenaars

Original DeskStand Adjustable Standing Desk (R1 999) Sit of staan en werk.
WallStand Adjustable Wall Mounted Stading/ Sitting Desk (R4 999)
Wellback Shop HiLo Height Adjustable Desk (R11 995)

Tradisionele lessenaars

Little Whitehouse Maverick Loft Desk (R3 500)
Little Whitehouse Bo Desk (R3 200)
Blockhouse Osbourne Deks (R2 999 Superbalist)
Pedersen Lennard Firenze Desk (R13 500)
Little Whitehouse Tom Tom L Shape Storage Desk (R9 930)

Spasie-bespaarder lessenaars

Indien spasie ’n probleem is, kies kleiner lessenaars, of selfs lessenaars wat teen die muur vas is om daardie ekstra spasie wat die pote opneem te bespaar.

Elevenpast Saffron Wooden Desk Oak Veneer (R3 299)
Elevenpast Nordic Desk Table (R6099)
Emerging Creatives Stockholm Floating Work Desk (R4 299 Superbalist)

Handige werkspasie bykomstighede

Voetstoeltjies:

Indien jou voete nie die vloer raak nie, probeer een van hierdie voetstoeltjies waarop jou voete kan rus.

Miller Woodworks Under Desk Footrest (R350)
Heartdeco Adjustable Office Under Desk Footrest (R599 takealot)

Vullismandjies

’n Vullismandjie is gewoonlik die laaste ding waaraan ons dink in ons werkspasie.  Kies ’n mooi ontwerp wat by jou spasie sal inpas en dit komplementeer.

Hier is ’n paar mooi opsies:

Yamazaki Como Bin (R379 Superbalist)
Makro Home Office Nordic Wrinkle Style Wastepaper bin (R395)
Iconomy Online Stockholm Dustbin Black (R1 899)
Umbra Skinny Metallic Dustbin (R199)

Funksionele dekor

Dit is geen geheim dat ’n mooi omgewing jou produktiwiteit kan verbeter nie. Wees intensioneel met jou dekorelemente in jou werkspasie. Kies kantoordekor wat mooi is maar ook ’n funksie of doel het.

Kyk hoe mooi:

Iconomy Online Scandi Office Set (R999) elk van die items dien as ’n dekorelement daarby het elk ‘n funksie op die boekrak of lessenaar.
Oulike penhouers van Typo (R149,99)
Yamazaki Tosca Pen & Letter Stand (R699 Superbalist) Hierdie houer lyk mooi en dien ook ’n funksie om jou werkspasie netjies en georganiseerd te hou.
TYPO Flip Clock (R249,99) lyk nie net mooi nie, maar gee tyd, dag en datum daarby.
Iconomy Envy Table Lamp (R1 299) Lyk mooi as ’n dekorelement op jou lessenaar en gee lig vir daardie laataand werksessies.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wyn uitstal en dekoridees met jou wynversameling
error: Content is protected !!