Snoesige winterkomberse vir elke hoekie van jou huis

Soos dit kouer word, is niks so vertroostend as om jouself in ’n sagte, warm kombers toe te wikkel nie. Winterkomberse doen meer as om jou warm te hou; dit laat ’n huis onmiddellik gesellig voel, so asof dit jou nooi om in te klim, rustig te voel en langer te bly. Van die slaapkamer tot die sitkamer kan goed gekose komberse tekstuur, kleur en gemak by jou ruimte voeg. Deur Suzanne Kotzé

Winterskomberse vir verskillende dele van jou huis

Slaapkamer

Jou bed is die voor die voorhandliggende plek om te begin. Dik vlies-, wol- of kunsmatige pelskomberse skep nie net ’n mooi gelaagde voorkoms oor jou duvet nie, maar kan ook sorg vir ekstra warmte gedurende ysige nagte. En dit is natuurlik ook heerlik om bedags net onder jou kombers in te klim.

Neutrale kleure soos hawermout, room, houtskool of sjokoladebruin skep ’n kalmerende wintervoorkoms. Dik gebreide komberse gee tekstuur en skep ’n luukse hotelstyl-gevoel.

Kinderkamers

Kies komberse in sagte mikrovesel- of katoenmengsels wat maklik in die masjien gewas kan word vir kinderkamers.

Sitkamer

Die sitkamer is waar winterkomberse werklik skitter. Drapeer oorgroot komberse oor rusbanke, leunstoele of geweefde mandjies vir maklike toegang tydens fliek-aande. Kies materiale wat by jou leefstyl pas:

  • Wol vir natuurlike warmte
  • Vlies vir sagtheid en bekostigbaarheid
  • Katoenbreiwerk vir ligte lae
  • Kunspels vir ’n tikkie luuksheid

Meng verskillende teksture; leerbanke met dik breiwerk-komberse of fluweelstoele met katoenkomberse.  Die doel is nie net om fisiese warmte te gee nie, maar ook visuele diepte te skep. Dit is ook ’n maklike manier om ’n tikkie kleur (wat by jou dekor pas) en patrone in te bring.

Lees- en sonnige hoekies

’n Gesellige stoel in ’n sonkolletjie word selfs meer uitnodigend met ’n sagte kombers naby. Liggewig komberse werk goed hier, want hulle kan maklik om skouers gedraai word terwyl jy lees of ’n koppie tee geniet.

’n Geweefde mandjie gevul met netjies gevoude komberse dien ook as stylvolle winterdekor.

Buitelugruimtes

As jy ’n onderdak-patio of balkon het, kan komberse help om die gebruik van die ruimte gedurende die kouer maande te verleng. Soek duursame geweefde komberse wat af en toe vog en gereelde gebruik kan hanteer.

Hoe om die regte kombers te kies

Wanneer jy winterkomberse koop, oorweeg drie hoofdinge: warmte, onderhoud en hoe mooi dit is.

Materiaal maak saak

  • Wol: Uiters warm en langdurig, maar kan swaar en soms jeukerig wees vir sensitiewe vel.
  • Vlies: Liggewig, warm en bekostigbaar.
  • Katoen: Asemhaalbaar en ideaal vir lae.
  • Kunspels: Luuks en dekoratief, perfek vir die stilering van beddens of rusbanke.

Gee ook aandag aan die kombersgrootte. Oorgroot komberse skep ’n meer luukse gevoel en is prakties vir groot rusbanke of beddens.

H&M Wool-blend blanket light beige (R399, Superbalist)
H&M Bouclé blanket – white (R629, Superbalist)
Volpes Madison Mocca Blanket (R1 499, Bash)
Volpes Brenton Natural Blanket (R1 874,25, Bash)
@home Broad Rib Faux Fur Blanket (R1 999, Bash)
@home Soft Grid Faux Fur Blanket 150x180cm (R1 299, Bash)
Knitted Pom Pom Throw, (R599,99, Mr Price Home)
Premium Knitted Throw (R599, Mr Price Home)

Lees ook: Snoesige winterkomberse vir elke hoekie van jou huis

 
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Skoonmaakwenke: Maak jou wasmasjien, tuimeldroër en skottelgoedwasser só skoon
error: Content is protected !!