Foto: Kat van Duinen

‘Very Peri’ Pantone kleur van die jaar items vir jou klerekas

Die nuwe pantone kleur van die jaar vir 2022 word “Very Peri” genoem – die periwinkle (alikreukel) skakering – ’n blou-pers skakering wat bedoel is om nuutheid en kreatiwiteit aan te moedig. Hierdie skakering is tans en gaan nog meer volop in winkelvensters en op loopplanke te sien wees. Ons het solank ’n klompie Very Peri Pantone kleur van die jaar items vir jou 2022 klerekas opgespoor, loer na ons gunstelinge hier: Deur Justine Kroes

PANTONE Very Peri skakering 17-3938

Die skakering word deur trend-voorspellers beskryf as ’n simbool van die wêreldzeitgeist van die oomblik – die oorgang wat ons almal se lewens raak – waar ons uit ’n tydperk van isolasie beweeg na ’n die nuwe (kreatiewe) manier van dink en doen. Die kleurskakering moedig ’n vreugdevolle en dinamiese teenwoordigheid deur kreatiwiteit en verbeeldingryke idees aan. Dit is ook die eerste keer in die geskiedenis van die Pantone Color Institute dat ’n skakering spesiaal geskep is met die hoop dat die kleur ander sou inspireer met die eindelose moontlikhede wat voor elkeen van ons lê.

Die skakering is al op talle loopplanke gesien, insluitend Valentino Haute Couture 2021 en Albert Ferreti Spring 2022 en Gucci Spring 2022. Ons weet ons kan sommer uitsien na vele meer verbeeldingryke ontwerpe in die nabye toekoms.

Valentino haute couture fall 2021
Alberta Ferretti Spring 2022
Gucci Spring 2022

Very Peri mode-items vir jou klerekas

’n Rok

Of dit nou ’n formele of meer informele ontwerp is, is ’n rok in ’n Very Peri skakering (of ’n blou-pers skakering naaste daaraan) ’n moet-hê op jou mode inkopielys. Moet nie terughou nie – hoe meer flair en drama, hoe beter!

Kat van Duinen Layered Cocktail Dress Tulle (R15,800)
Legit Strappy Dress (R199 Edgars)
Satin Shoulder Dress (R1499 Mango)
Missguided Cowl Neck Cami Dress (R599 Superbalist)
Geometric Print Dress Mango (R799)
Woolwich Ladies Maxi Dress (R219 Zando)

Handsak

’n Very Peri kleur handsak is een van die maklikste manière om nie net kleur by jou uitrusting te voeg nie maar ook hierdie kleur op ’n overwagse manier te dra. Sit weg jou tan en swart handsak en gryp iets meer aanlokliks!

Zara Mini Bucket Bag (R599)
Fino Faux Patent Clutch Bag (R300 Zando)
Shiny Satin Shoulder Bag (R859)

Bykomstighede

Serpe, oorbelle, hangertjies en gordels is slim items (en meer sakpas) om te toets of jy werklik van ’n skakering hou. Hier is ’n paar mooi Very Peri ontwerpe wat ons raakgesien het:

Barethread Fashions Leila Headband (R119)
Cape Karoo Genuine Ostritch Leather Belt (R1245)
Always Summer Panel Cap (R149 zando)

Skoene

Skoene is een van ons gunsteling maniere om kleur te dra – veral as jy nie seker is of die skakering by jou gelaat of veltoon pas nie – dit is ver genoeg van jou gesig af, maar skep steeds die indruk dat jy weet wat tans in die modewêreld aangaan.

Nike Air Max Pre Day (R2399 Superbalist)
Fabric High heel Slingbacks (R699)
Utopia Double Striped Joggers (R449 Zando)

Sonbrille

Het jy geweet gekleurde rame is tans nog ’n groot mode trend?  (lees hier meer). Ons weet hierdie sonbrille sal enige dag ophelder.

Always Summer UV Fashion Glasses (R299 Zando)
Prada Symbol Abstract Glasses (R6900)
Mr Price Sunglasses (R59,99)

Oefenklere

Jy mag dalk huiwerig wees om die skakering werk toe te dra, maar as jy (soos ons) lief is vir oefenklere met ’n verskil, probeer dalk ’n stel in ’n Very Peri skakering – ons is seker dit sal jou aanmoedig om te gaan oefen!

Gym Nerd Zoe Brown Biker Short (R499; Sports bra R299)
Adidas Performance Leggings (R899)
Woolworths Tie Dye Cycle Short (R179)

Swembroek

Die somer is nog vir ’n rukkie met ons … en so is hierdie ontwerpe (en natuurlik die Very Peri skakering) heel bo aan ons somerinkopielysie:

Swimsuit with maxi ruffle (R699)
Missguided Tie Dye Swimsuit (R599 Superbalist)
Bikini (R499 Zara)

Bo-stukke en broeke

Zara Flounce Sweater (R419)
Mango Puffed Sleeve Stripe Shirt (R799)
Zara Satin Shirt (R539)
Mango Flowy Shirt (R799; Slit Knit Trousers R1099)
Mom High Waist Jeans (R799 Mango)
Zara Straight Linen Blazer (R1099)

Lees ook: Maak jy hierdie uitverkopingfoute

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
8 Somerrok style – jou somerrok stylgids
error: Content is protected !!