Stylkenners deel hul 7 gunsteling winterrokstyle

Dra jy ook graag rokke, maar weet nie watter rokstyle hierdie winter in die mode is nie? Moet nie bekommer nie, ons het vir vyf stylkenners gevra, hulle deel die winterrokstyle op hul kooplysie. Die kenners gee boonop stileerwenke. Pssst, baie van die rokstyle (van die somer af, glo dit of nie) het jy dalk reeds in jou klerekas. Lees meer hier: Saamgestel deur Justine Kroes

10/05/2024

1. Luiperdmotiefrok met rooi bykomstighede

Foto: Pinterest

Dit gons seker ook oral oor op jou sosiale media met stylkenners wat luiperdpatrone (broek, romp of rok) by ’n rooi kledingstuk stileer. Voorkomskonsultant en stylkenner Jeanine Theron (@transformed_by_jeanine op Instagram) sê, “ek is mal oor die luiperdpatroon trend hierdie winter! Ek dra my (somers) luipermotief-rok met ’n mooi rooi top of truie vir die kouer dae.

Jy kan dit natuurlik stileer met tekkies of langer stewels.”

Voorkomskonsultant Susra Matthee (@susra_matthee_image_consulting op Instagram) stem saam – “ek hou baie van die luiperd en rooi kombinasie. Ek sal ’n luiperdpatroon rok saam met rooi sneakers of ’n rooi jas dra.”

2. Syagtige Slooprok (slip dress)

Ja jy het reg gehoor, ’n slooprok vir die winter, meer as een stylkenner se gunsteling wintersrok, loer hier hoe hulle dit sal stileer;

Foto: @Despi_Naka op Instagram

Voorkomskonsultant Lizanne Anderson (@hellobeautiful_imageandstyle op Instagram) sê “’n Slooprok is vroulik, funksioneel, vleiend en kan tydens die winter op verskillende maniere gedra word.  Jy kan jou slooprok as ’n romp stileer met ’n trui of gemaklike top bo-oor en ’n lekker paar sneakers daarby. As dit dalk te koel is, dra jou trench-coat (soldatejas) vir ’n bietjie ekstra warmte bo-oor hierdie uitrusting. ’n Lang warm wintersjas met enkel of knie-hoogte stewels sal ook stylvol hierby lyk.

Foto: @despi_naka op Instagram

Jean-Mari Hellig, voorkomskonsutant (@jeanmarihelligimage op Instagram) sê “die slooprok is baie in die mode hierdie seisoen. Die meeste slooprokke is van ’n syerige materiaal met kantafwerkings op, daarom gaan dit vir sommige voel hulle koop nagklere, maar met die regte stilering gaan jy soos ’n miljoen Rand lyk!

My gunsteling manier om die slooprok te dra, is met ’n blazer styl baadjie, ’n lekker dik serp en ’n paar stewels. Die geheim, oftewel truuk met die slooprok, is layering. Jy gaan of onderaan, of bo-oor, lae moet aantrek om die rok gepas te maak vir die winter.

Foto: @harperandharley op Instagram

’n Trui bo-oor vir ’n romp styl, en selfs in die somer dra met ’n t-hemp onderaan vir ’n gemaklike slooprok voorkoms. Hierdie rok kan jou regtig vat van jou kantoor na date night.

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Stylkenner en voorkomskonsultant Simone Lombard (@simlombard_image op Instagram) sê ’n slooprok is vir haar ’n moet; “omdat dit amper altyd warm is waar ek woon (selfs in die winter), probeer ek rokke koop wat gepas is vir somer- en wintermaande en die slooprok is een.

Ek dra graag ’n langmouhemp onder my slooprok – iets wat styf sit sodat die onderste lae nie die vorm van die rok verander nie. 

Simone Lombard

’n Leerbaadjie en stewels hierby en siedaar, jy lyk afgerond. Om dit meer ontspanne te laat lyk sal ek ’n blazer en ’n paar tekkies saam met die rok dra.

Foto: Pinterest
H&M Shimmering Bodycon Dress (R529)

Wenk: Simone sê “kies jou slooprok in ’n skakering wat by die meeste klere in jou klerekas gaan pas wanneer dit kom by rolnektruie vir onderaan en jasse vir bo-oor dra”.

3. Denimrok

Woolworths Denim Midi Shirt Dress (R1 199)

Denim gaan vir lank nog ’n trend bly – ons hou van die gemaklike maar steeds stylvolle denimrok as ’n winterrok opsie. Kies ’n midi- of maksilengte en dra dit saam met ’n paar tekkies of ’n paar stewels. Perfek vir daardie wintersdae wanneer jy net nie meer lus is vir broek of denim dra nie.

Me & B Denim Shirt Dress (R1 499)

Wenk: Jy kan party denimrokke oop as ’n ‘denim-jas’ dra – dit is nou ’n veelsydige kopie!

4. Drop waist

Susra sê – hierdie rokstyl is tans ’n groot tendens en is so klassiek en vroulik. Ek sal dit stileer met stewels of ballet pumps, ’n rooi lip en baie min juwele.

Mango A Line Dress (R799)

Hierdie wintterrokstyl pas in by die balletcore tendens – leer meer hier.

5. Truirok

Forever New Lyla Crew Neck Detail Dress (R1 699)

Die geliefde winters-truirok is vanjaar steeds groot mode, Lizanne Anderson sê “die truirok gee ’n gesofistikeerde voorkoms en sorg vir die gemaklikste wintersuitrustings EN is ook lekker warm. Stileer jou truirok met ’n paar mooi kniehoogte stewels of met enkelstewels en sykouse.

Desigual x M. Christian Lacroix neon midi Knit dress (R2639)

Jy kan selfs jou gunsteling paar sneakers hierby dra. Nog ’n opsie is om ’n lang “trench coat” of lekker warm woljas bo-oor jou truirok te dra. Om jou middel te beklemtoon, dra ’n gordel – dit sal boonop die uitrusting mooi afrond.

Zara Long Dress With Buttons (R899)
Witchery Rib Split Detail Knit Dress (R2 299)
Forever New Liv Collar Wrap Midi Knit Dress (R1 599)

Wenk: Lizanne se topwenk wanneer dit kom by die regte truirok kies: “Wees op die uitkyk vir ’n luukse (dikker geweefde) truirok en kies ook een met ’n interessante neklyn, soos ’n “turtleneck” of interessante mou – hierdie details sal jou hele voorkoms  verder verhef.

6. Hemprok

Mango Polkadot Shirt Dress (R899)

Voorkomskonsultant Jean-Mari Hellig se goue wenk

“Ek probeer altyd myself vra as ek ’n nuwe rok in die winter/somer koop of ek dit regdeur die jaar kan dra? In die somer met ’n paar sandale en tydens koeler wintermaande by stewels en ’n jas. Dit bly my golden rule.

Jean-Mari Hellig

En die hemprok is presies dit. Jean-Mari se raad “’n topkeuse wanneer dit kom by rok kies vir die winter. Dit is vroulik, gemaklik en iets wat jy meer of minder formeel kan stileer. Dra jou hemprok tydens die winter met stewels, kouse en ’n jas, of by ’n soldatejas (trench coat) en sneakers.

Hierdie rok pas ook by meeste styl persoonlikhede en liggaamsvorms. Ek sou sê wees hierdie seisoen avontuurlustig en kies een in ’n dierepatroon! is Jean-Mari se raad.

Vanjaar is daar ook baie hemprokke in kunsleer beskikbaar, kyk net hoe stylvol is hierdie ontwerpe:

Leather/Pleather Country Road Cuff Detail Shirt Dress (R3 499)
Country Road Wrap Shirt Dress (R3 499)

7. Blompatrone (moody blooms)

Mango Asymmetric Flower Dress (R1 899)

Susra verduidelik “Ek was nog altyd ’n groot aanhanger van moody blooms, veral vir die winter. Ek dra graag hierdie winterrokstyle saam met lang stewels en ’n jas.”

Moody blooms verwys na ’n blompatroon wat ’n donker (dink aan swart, grys of donker juweelskakerings) agtergrond het en ligter blompatrone wat uitstaan.

Siesoen na seisoen bly moody blooms ’n gunsteling patroon, veral vir wintersrok ontwerpe. ’n Stapel wintersrok vir enige klerekas!

Witchery Floral Haze Silk Linen Dress (R2 799)

Wenk: Kies ’n wintersrok in ’n donker blompatroon wat jou stylpersoonlikheid die beste pas en waarin jy goed voel – dit sal verseker dat hierdie rok blitsvinnig ’n gunsteling in jou winterklerekas raak.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Rolanda Marais gee raad oor ‘vintage’ klere
error: Content is protected !!