Schwarzkopf Professional Fibre Clinix se nuwe salonbehandeling en tuissorgprodukte is byna soos ’n persoonlike gesigbehandeling en velsorgprodukte vir jou hare! Deur Suzanne Kotzé en Justine Kroes
Schwarzkopf Professional Fibre Clinix salonbehandeling

Ons het die pragtige It’s my HeyDay Salon by die Val de Vie Landgoed, net buite Paarl, besoek waar ons die behandeling gekry het. Ons hare is eers met Schwarzkopf se nuwe Salon Smart Analyzer ontleed. Die slim toestel word oor jou hare getrek (amper soos ’n haaryster) terwyl infra-rooi tegnologie jou hare analiseer. Dit skakel aan ’n app wat vir jou haarstilis die toestand van jou hare presies uitwys. Hiervolgens stel jou stilis dan ’n behandeling en produkte voor.
Ons het altwee die Fibre Clinix behandeling ontvang.

Hierdie behandeling werk aan die binnekant van jou haarvesels om dit te versterk en aan die buitekant om dit minder porieus, en dus ook sterker, te maak. Volgens Schwarzkopf Professional kan die behandeling jou hare tot tien keer sterker maak en herstel dit die binneste en buitenste struktuur van jou hare binne 60 dae.
Ons altwee se hare het baie sagter gevoel en blinker gelyk na die behandeling.
Die Schwarzkopf Professional Fibre Clinix tuissorgprodukte wat vir ons aanbeveel is:
Om die behandeling se effek langer te laat hou, moet jy die tuissorgprodukte gebruik. Hierdie produkte word na gelang van jou haar analise wat deur die Smart Lab Analizer gedoen is, aanbeveel (let wel hierdie Analyzer is net by sekere salonne beskikbaar).
Suzanne se tuissorgprodukte: Schwarzkopf Professional Fibre Clinix Vibrancy en Hydrate

Blonde hare blink mos nie so mooi soos donker hare nie, en glans (en hidrasie) is altyd iets waarna ek soek. Die Vibrancy produkte bevat AHA ,alfa-hidroksiesure wat ook in velsorgprodukte gebruik word om af te sklifer. Dit help om jou kleur mooi en blink te hou. Dit help ook om jou hare sagter en gladder te maak. Ek hou veral van die Booster, waarvan jy ’n paar druppels by jou masker inmeng. Die masker wat ek twee keer per week gebruik (hierdie gebleikte hare kort baie vog!) is die Hydrate Mask. Dit bevat die velsorgbestanddeel squalene wat jou vel bevogtig. Hierdie masker is spesifiek vir droë en breekbare hare. Ek kan beslis voel dat my hare minder droog en breekbaar is. As ek my hare kam, voel dit asof my hare minder ‘rekbaar’ is en dit is ook minder gekoek nadat ek dit gewas het.
Justine se tuissorgprodukte: Schwarzkopf Professional Fibre Clinix Volumize

Ek kleur nie so gereeld my hare nie, maar ek gebruik vreeslik baie hitte met daaglikse stilering op my hare, van haardroër, tot haaryster en krultang. Dit is dus is dit vir my belangrik om produkte te gebruik wat my hare goed versorg en die skade van hittestilering verminder. Ek kan beslis ’n verskil sien aan die gesondheid van my hare na die gebruik van Schwarzkopf se nuwe Fibre Clinix reeks.
Ek het dun, pap, amper lewenslose reguit haartjies (rede vir al die hitte stilering!). Die Fibre Clinix Volumize reeks is beslis ’n nuwe gunsteling. Te danke aan die bestanddeel phytokine, ’n sojaboonekstrak, werk dit op jou vel (en hare!). Dit stimuleer kollageen en verbeter elastisiteit. Hierdie produkte laat my hare dikker, voller en meer blink lyk en voel. Ek gebruik die sjampoe en opknapper elke derde tot vierde dag wanneer ek hare was. Ek gebruik een keer per week die haarmasker met ’n druppel van die Volumize booster treatment om vir my hare daardie ekstra sorg en hupstoot te gee.
My hare is minder staties en daar is beslis ook minder wegvlieg- en regopstaan- haartjies te sien. My hare het lanklaas so sag en gesond gevoel het en daar is meer beweging en volume. My stilering (veral krulle) hou verbasend langer as te vore.