veldskoen namaqualand.
veldskoen namaqualand.

Veldskoen se gemaklike Namaqualand sandale

Veldskoen het ook nou pragtige, gemaklike leersandale vir vroue. Die Namaqualand sandale is beskikbaar in twee kleure, olyfgroen en taan. En dit is beslis ’n somer moet-hê. Deur Suzanne Kotzé Foto’s Daréll Lourens

promosie

Veldskoen; die storie daaragter

Nadat vriende Nick Dreyer en Ross Zondagh die openingseremonie van die 2016 Olimpiese Spele in Rio gesien het, was altwee geweldig onbeïndruk met die Suid-Afrikaanse span se uitrustings. Hulle het toe so in die gesels begin dink aan wat die span kon aantrek wat darem ook Suid-Afrika kon weerspieël. Die vriende het die tradisionele veldskoen oorweeg, maar gevoel die skoen is nie modieus genoeg nie. Hulle kom toe met die plan vorendag om dit met helder kleure op te kikker… En so is die Veldskoen handelsmerk,  met sy kenmerkende gekleurde sole en veters, gebore. En ja die atlete het met die volgende Olimpiese Spele wraggies Veldskoen gedra!

Veldskoen se doel is om die mees herkenbare Suid-Afrikaanse handelsmerk wêreldwyd te word. Nick Dreyer, wat altyd die uitvoerende direkteur was, gaan nou op die VSA mark fokus, terwyl Ross (Zondagh) se fokus is nou op die ontwikkeling van nuwe besighede deur Veldskoen Capital. Al die skoengoed in Afrika word nou deur is Driekie oorsien. En dalk juis omdat daar nou ’n vrou aan die stuur is, het ons nou sandale vir vroue van Veldskoen.

Veldskoen se Namaqualand-reeks

Die delikate, maar helder en sterk blomme in die Namakwaland was die inspirasie vir die reeks.

Hulle is mooi en moet aanpas om die harde, koue winters te oorleef. “Pragtig en veerkragtig, net soos ’n vrou,” sê uitvoerende direkteur Driekie Zondagh.

Die sandale is in twee kleure beskbaar; taan (genoem Daisy) en olyfgroen (genoem Aloe)

Veldskoen Namaqualand Sandaal in Aloe (R899, veldskoen.com)

Die sandale se unieke name vier hoe Suid-Afrikaans Veldskoen is. Die reeks bring hulde aan die blommeryk van Namakwaland en die prag van die Noord-Kaap, waar wilde blomme die landskap in helder kleure verf.  Net soos die helder blomme kenmerkend is van die somer, so ook is die somersandale!

Wat betref die ontwerp was die klassieke Spaanse Avarca sandaal met ‘n plat sool, leer bande en uitstekende vakmanskap en kwaliteit die inspirasie.

Die sandale lyk ewe mooi saam met ligte somersrokke of kortbroeke as saam met jou sarong en swembroek.

  • Onthou, leer rek, en die sandaal moet amper te styf sit as jy dit koop.
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
gunsteling romantiese flieks
40 Gunsteling romantiese flieks
error: Content is protected !!