As jy ‘n reghoekige lyfvorm het is jou liggaamskenmerke meestal so; jou middellyf, heupe en skouers is ewe breed; jy het nie ’n duidelike middel nie; jy dra dieselfde grootte bo en onder. Hier is wenke en swembroek opsies vir jou:
Die doelwit vir reghoekige lyfvorms:
Kies swembroeke wat die illusie van kurwes sal skep.
Kies jou swebroeke so:
- Swembroeke met lig-kleurige bo-stukke, wye bandjies, en opgestopte kussinkies, al hierdie elemente skep kurwes rondom die bo-deel van jou lyf.
- Weereens swembroeke met valle en versierings trek die oë op en skep volume vir jou bolyf.
- Swembroeke met rompies, patrone en ligter skakerings rondom jou onderlyf sal help om kurwes te skep rondom jou heupe.
- Kies laaggesnyde swembroeke wat reguit sit rondom jou heupe, dit laat jou onderlyf voller lyk wat weereens die illusie van kurwes skep.
- Ideaal is ’n eenstuk swembroek wat kruis aan die voorkant met versierings op die heupe en bors area wat sodoende kurwes skep.