Sportondersteuner mode

Julle dit is ysig en om in die koue langs die veld te ondersteun vir ure op ’n slag maak dit moeilik om partykeer mooi en stylvol te lyk. Ons wonder self wat om aan te trek vir langs die sportveld staan op so ‘n ysige wintersdag. Hier is ’n paar sportondersteuner mode uitrusting idees vir die praktiese ondersteuner, die glam en altyd stylvolle ondersteuner asook die modieuse (sports luxe) ondersteuner, daarby ’n paar handige ondersteuner moet-hê wenke ook. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze

25/07/2024

Hier is lys ’n sportondersteuner modewenke en moet-hê items:

Chunky oftewel bonkige tekkies – is altyd ’n goeie idee. Die sole is effens hoër en sal jou skoene en voete droog hou.

Vermy ’n materiaaltekkie, kies eerder ’n leer of sintetiese leer tekkie wat ’n beter kans sal staan teen die elemente. Wat boonop later ook maklik sal kan skoonvee.

’n Waterdigte stewel is ’n goeie idee – hou voete warm en droog.

Jy kan nie verkeerd gaan met ’n lekker groot snoesige serp nie – vou om jou skouers soos ’n kombers op ysige dae. ’n Lekker truuk is om bo op jou serp te sit as die pawiljoen se sitplekke koud (of nat) is. Oorgroot serpe is tans een van ons gunsteling mode bykomstighede!

’n Groot genoeg sak. Dit is handig om ’n groter sak as normaalweg te neem vir als wat jy moet saamneem. Onthou om die volgende in jou sak te hou; ‘n waterbottel, al die versnaperinge en natuurlik sonskerm. Moet ook nie jou “wipes” vergeet nie die kans is goed dat iemand iets gaan mors of ’n taai hand sal hê. Muskietweerder is ook dalk nie ’n slegte idee nie.

’n Mooi keps beskerm jou vel teen die son, verhoed dat jy skrefiesoë op sonnige dae die wedstryd volg en boonop hou dit hare droog en op sy plek ingeval daar wind en reën voorspel is.

’n Klein opvousambreel is ook altyd ’n wenner vir beskerming teen die winterson (Gauteng!) of yskoue winterreën (Kapenaars!)

Suzanne se topwenk; hou ’n ou handdoek in jou kattebak vir nat modderige skoene.

Watter tipe “langs die sportveld” ondersteuner is meer jy?

Die praktiese sportondersteuner

Jou modestyl is gewoonlik meer prakties as modieus – dit is nie te sê jy hou nie van mooi klere nie, jy sal byvoorbeeld eerder ’n baie warm jas en donkerkleurige stewels aantrek omdat dit vir praktiese doeleindes (byvboorbeeld nie vinnig vuil word nie) sin maak. Gemaklik wees is vir jou belangrik.

’n Mooi en goeie kwaliteit sweetpak; Woolworths Drawsting Modal Blend Hoodie (R599) Woolworths Edition Jogger Pants (R599); Truworths Black Parka Jacket (R1299) hierdie toutjie in die middel is so vleiend ons wens sommer alle baadjies het een. ‘n T-hemp onderaan – layering is vir jou belangrik Zara Varsity t-shirt (R249). ’n Lekker groot sak – H&M Shopper Black (R429 Superbalist); ‘n Mooi en praktiese serp (Exact Check Blanket Scarf R189,99); New Balance en donker skoene wat jy nie gereeld hoef skoon te vee nie, Women’s 574+ Black/Pink Sneaker (R1999,95 Bash)

Nog ’n paar gunstelinge vir die praktiese ondersteuner:

Bena Woman Travel Track Set (R1450 ook in bruin en navy beskikbaar)
Roea Clothing Cardiff Black Boot Long (R2 500)
SuperDry Vintage Cap (R499 Woolworths)

Die altyd-stylvolle sportondersteuner

Jy is nie bang om aandag te trek of uit te staan met jou voorkoms nie, jy hou daarvan om mooi en afgerond te lyk ten alle tye. Jy glo: “net omdat dit ’n sportdag is, beteken nie jy hoef jou voorkoms af te skeep nie.” Jou hare en grimering word ook beslis nie op sportdae afgeskeep nie.

Jy verkies ‘n afgeronde jas of soldatejas; Zara Classic Trench Coat (R1999) ‘n trendy keps, H&M Motif Twill Cap (R249 Superbalist); ‘n mooi trui, Woolworths Textured Striped Cardigan (R749); ‘n paar glam sonbrille Woolworths Black Cat Eye Sunglasses (R149); en ‘n paar gemaklike denims, Woolworths High Rise Straight Leg Jeans (R549); Hunter Womens Commando Chelsea Boot (R33 99 Trenton); Jy is nooit sonder jou juwele nie Woolworths Chain & Faux Pearl Necklace (R349). ‘n Mooi sak Mango Shopper Bag with Buckle (R899)

Nog ’n paar gunstelinge vir die stylvolle, glam ondersteuner:

Milady’s Striped Knit Pullover (R499)
Stanley The Quencher Flowstate (R1299 yuppiechef.com)
Veldskoen Ladies Gumboot (R699)

Die modieuse ondersteuner

Jy hou van ’n trendy en luukse voorkoms en die sports luxe voorkoms is 100% jou styl op dae wat jy langs die sportveld moet staan. Jy volg trends (die wat vir jou werk) en sal maklik ’n luukse trend item by ’n meer informele langs die sportveld voorkoms kan dra. Blink, patrone en uitstaan kleure is heel moontlik jou mode gunstelinge. 

’n Gemaklike leer effek jogger-styl broek (Woolworths Faux Leather Joggers (R699); ’n Helder paar trendy bonkige tekkies (Adidas Gazelle Indoor Shoes Red (R1799); ‘n denim trench-styl jas (News Denim Trench Coat (R899); ‘n Sak wat oor jou lyf kruis (Cotton On slouch crosbody Bag (R299); Rooi is vanjaar ‘n groot skakering in modekringe, dra dit by ander rooi of net ‘n tikkie. Kyk hoe mooi is hierdie rooi trui (Mango zip neck jumper (R899); Oorgroot sonbrille is enige Ma se beste vriendin Prada Dark Grey Sunglasses (R4540 sunglass hut); Moet nie vergeet van jou klein opvou sambreel nie (Mango striped folding umbrella R429). en keps Rubi Classic Dad Cap Cotton On (R249) om die voorkoms af te rond.

Nog ‘n paar gunstelinge vir die modieuse ondersteuner:

Me & B Abstract Floral Quilted Puffer (R2200) Die moue kan selfs af-zip
Canvas Studio Canvas Quilted Scarf (R399)
Mango Striped Poloneck Sweater (R899)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kenners deel – hierdie 7 skoenstyle hoort in elke vrou se klerekas
error: Content is protected !!