Julle dit is ysig en om in die koue langs die veld te ondersteun vir ure op ’n slag maak dit moeilik om partykeer mooi en stylvol te lyk. Hier is ’n paar sportondersteuner mode uitrusting idees vir die praktiese ondersteuner, die glam en altyd stylvolle ondersteuner asook die modieuse (sports luxe) ondersteuner, daarby ’n paar handige ondersteuner moet-hê wenke ook. Deur Justine Kroes en Suzanne Kotze
23/05/2025
Hier is lys ’n sportondersteuner modewenke en 8 moet-hê items:
1. Bonkige tekkies of patroon tekkies
Hierdie tipe skoene is altyd ’n goeie idee vir stap langs die sportveld. Die sole is effens hoër en sal jou skoene en voete droog hou.
Nog ‘n idee is om donker patroon tekkies te kies soos die luiperdmotief tekkie wat tans hoogmode is. Hierdie tekkie lyk nie net stylvol nie, maar sal ook nie vinnig vuil wys nie.
Vermy ’n materiaaltekkie, kies eerder ’n leer of sintetiese leer tekkie wat ’n beter kans sal staan teen die elemente. Wat boonop later ook maklik sal kan skoonvee.
2. ’n Waterdigte stewel
Is ’n goeie idee – hou voete warm en droog. As jy in die Kaap woon, ken jy van dae aaneen se reën en reën. Wees op die uitkyk vir stylvolle stewels wat jou voete sal warm EN droog hou
3. ’n Groot genoeg sak.
Dit is handig om ’n groter sak as normaalweg te neem vir als wat jy moet saamneem. Onthou om die volgende in jou sak te hou; ‘n waterbottel, al die versnaperinge en natuurlik sonskerm. Moet ook nie jou “wipes” vergeet nie die kans is goed dat iemand iets gaan mors of ’n taai hand sal hê. Muskietweerder is ook dalk nie ’n slegte idee nie.
4. Keps, hoed of mussie
’n Mooi keps beskerm jou vel teen die son, verhoed dat jy skrefiesoë op sonnige dae die wedstryd volg en boonop hou dit hare droog en op sy plek ingeval daar wind en reën voorspel is.
‘n Knus mussie sal jou ore warm hou op ysige dae.
5. Serp
Jy kan nie verkeerd gaan met ’n lekker groot snoesige serp nie – vou om jou skouers soos ’n kombers op ysige dae. ’n Lekker truuk is om bo op jou serp te sit as die pawiljoen se sitplekke koud (of nat) is.
Daar is selfs nou twee-in-een mussie serpe beskikbaar, wat nie net in die kol stylvol is op die oomblik nie maar ook so prakties vir warmbly!
6. Opvou sambreel
’n Klein opvousambreel is ook altyd ’n wenner vir beskerming teen die winterson (Gauteng!) of yskoue winterreën (Kapenaars!)
7. Reënbaadjie
’n Stylvolle knie lengte reënbaadjie of jas, ’n praktiese maar steeds stylvolle manier om droog te bly hierdie winter seisoen. Die Duck Apparel reënbaadjies is 100% waterdig, dit beteken geen water wat deur lek met hierdie baadjie nie. Ons hou veral van die verstelbare kappie om ons hare droog te hou!
Hierdie baadjie is so vleiend, effens langer gesny aan die agterkant, verstelbare trek toutjies om jou middel te aksentueer plus ’n dubbel ritssluiter beteken jy kan die onderkant van jou baadjie ooprits vir gemakilike stap en sit. Die baadjies word met die allermooiste patroon materiale gevoer en die heel beste deel – die baadjie vou piepklein op in sy eie sakkie. Hou dit byderhand in jou kar – of onder in jou sportsak vir wanneer ’n reënbui uitsak.
Loer hier na nog Duck Apparel reënbaadjies in die allermooiste skakerings en patrone. Gebruik die kode STYLVOL200 vir R200 afslag op enigeiets op die Duck Apparel aanlynwinkel.
8. Vir nat klere en skoene:
Suzanne se topwenk; hou ’n ou handdoek in jou kattebak vir nat modderige skoene. Of probeer hier slimtruuk met ‘n wetsuit sak! Loer hier.
Watter tipe “langs die sportveld” ondersteuner is meer jy?
Die praktiese sportondersteuner
Jou modestyl is gewoonlik meer prakties as modieus – dit is nie te sê jy hou nie van mooi klere nie, jy sal byvoorbeeld eerder ’n baie warm jas en donkerkleurige stewels aantrek omdat dit vir praktiese doeleindes (byvboorbeeld nie vinnig vuil word nie) sin maak. Gemaklik (en warm) wees is vir jou belangrik.

‘n Trench-styl jas bo oor jou sweetpak. Adidas Ksenia Trench Coat (R3599); Gemaklike snoesige warm sweetpak, Foschini Highneck Quarter Zip Fleece Sweat Top (R399 Bash); Women’s Canvas Sweat Pants Black (R599 Bash) ‘n Lekker groot sak; Duck Apparel Puffer Tote Bag (R699) Warm bly met ‘n mus, serp en handskoene; Calvin Klein Monogram Embro Beanie Grey (R799 Superbalist) Mr Price Ladies Winter Scarf (R99,99) Mr Price Gloves (R49,99) Vogue Eyewear 0VO5353S (R1159)
Nog ’n paar gunstelinge vir die praktiese ondersteuner:



Die altyd-stylvolle sportondersteuner
Jy is nie bang om aandag te trek of uit te staan met jou voorkoms nie, jy hou daarvan om mooi en afgerond te lyk ten alle tye. Jy glo: “net omdat dit ’n sportdag is, beteken nie jy hoef jou voorkoms af te skeep nie.” Jou hare en grimering word ook beslis nie op sportdae afgeskeep nie.

Jy verkies ‘n afgeronde jas of soldatejas; Foschini Raglan Sleeve Belted Trench Coat (R999 bash). Klassieke waterdigte stewels, Toni Pons Cardiff Boot (R2500). ‘n Stylvolle quarter zip top, Forever New Lya Lounge Satin Trim Jumper (R999). ‘n Trendy keps New Era New York Yankees League Essential 9Forty Dark Brown Cap (R599,95 bash), Reguit snit denims; RE Mid Rise Slim Leg Jeans (R599) H&M Crossbody Bag Brown (R429 Superbalist). Elegante juwele By Cara Gold Pearl Earrings (R405) en ‘n glam sonbril; The Original One RS Sunglasses in Mocha (R3997)
Nog ’n paar gunstelinge vir die stylvolle, glam ondersteuner:



Die modieuse ondersteuner
Jy hou van ’n trendy en luukse voorkoms en die sports luxe voorkoms is 100% jou styl op dae wat jy langs die sportveld moet staan. Jy volg trends (die wat vir jou werk) en sal maklik ’n luukse trend item by ’n meer informele langs die sportveld voorkoms kan dra. Blink, patrone en uitstaan kleure is heel moontlik jou mode gunstelinge.

’n Gemaklike leer effek jogger-styl broek; H&M Wide Coated Joggers Dark Brown (R379 Superbalist)H&M Printed Sweatshirt (R279 Superbalist) The Fix Women’s Orange Melton Shacket (R399,99 Bash) Oorgroot sonbrille is enige Ma se beste vriendin; Duck Apparel The Tokyo Rectangle Polarised Sunglasses (R499); ‘n Stylvolle hoed wat keer dat jy sport skrefiesoog kyk; Duck Apparel Soft Cotton Cap (R249) Duck Apparel The Duck Woven Tote (R699); Luipermotief is tans groot; Adidas Samba OG Shoes Leopard Print (R1999) Zara leopard print Folding Umbrella (R499)
Nog ‘n paar gunstelinge vir die modieuse ondersteuner:



Gebruik die kode STYLVOL200 vir R200 afslag op enigeiets op die Duck Apparel aanlynwinkel.





