As jy ‘n driehoekige of peervormige lyfvorm het is jou liggaamskenmerke meestal so; Jou bloesgrootte is meestal kleiner as jou broekgrootte; Skouers is smaller as jou heupe; Jy het ’n gedefinieerde middel.; Jy het voller bobene en heupe. Hier is wenke en swembroek opsies vir jou:
Die doelwit vir peervormige lyfvorms:
Kies eenvoudige broekiedele wat nie aandag trek na die groter onderste deel van jou lyf nie, en kies bo-stukke wat die illusie van volume skep romdom jou borste met ’n verlengde skouerlyn.
Kies jou swembroeke so:
- Wye bandjies skep die illusie van ’n verlengde skouer-lyn, kies ook ’n bo-stuk met opgestopte kussinkies wat verder jou boonste gedeelte uitbalanseer.
- Swempakke met valle of versierings op die bo-stuk of boonste gedeelte van die swembroek trek die aandag na jou boonste gedeelte terwyl eenvoudige donkerder skakerings op die onderste gedeelte jou uitbalanseer.
- Kies ’n swembroek of broekie wat hoog gesny is rondom jou bene, en vermy ’n horisontale snit wat te veel toe maak. Dit kan jou boude groter laat lyk as wat dit werklik is. Die hoër snit rondom die been laat jou heupe ook nie te wyd voorkom nie.
Voorbeelde hier:





