Met die dat die meeste van ons van die huis af werk, is ’n georganiseerde tuiskantoor meer belangrik as ooit. Ons vriendinne van The Home Collective gee raad oor tuiskantore en organisasie. Ons het die Stylvol-kantoor reggeruk en weggepak, uitgegooi en mooigemaak sodat ons denke ook meer georganiseerd kan wees. Deur Suzanne Kotzé
Baie van ons se tuiskantore het verander van vertrekke/spasies waar ons net na werk ’n paar uur per dag deurgebring het. Nou word dit voltyds gebruik en is dalk nog boonop tuisskool ook. Die gevolg is dat dit dalk meer deurmekaar en minder georganiseerd is as wat dit hoort.
’n Georganiseerde tuiskantoor (of spasie) is nodig vir georganiseerde denke
Kalinka Lombard van The Home Collective sê:
- “Die meeste mense werk nou tuis. Dit help om ’n spasie te hê wat slegs vir werk gebruik word; weg van jou familielewe af.

- Meeste tuiskantore of werkspasies in ons huise sal multi-funksioneel moet wees, omdat ons nie noodwedig ekstra spasie het vir jou eie werk, jou man se goed en die kinders se huiswerk en ‘crafts’nie.
- Daarom is dit baie goed om ’n georganiseerde spasie te hê – nie net omdat dit esteties mooi is nie, maar dis ook bewys dat dit help om stres te verminder.
As ’n mens se werkspasie te vol en besig is, voel jou brein of daar baie meer werk is om te doen en dit kan ’n mens angstig laat voel.”
Tuiskantoorwenke

- Moenie bang wees om jou ingeboude kaste hoog te maak nie. Bêre dokumente en goed wat jy min gebruik op hoë rakke was Deon Meyer van Fabricant Design Studio in Kaapstad se raad aan ons.


- Mandjies op oop rakke is ’n slim manier om allerhande goed weg te steek wat jou spasie te besig kan laat lyk. Mandjies is ook nie te duur nie en skep ’n warm gevoel.
- ’n Kombinasie van oop rakke en kaste of laaie werk gewoonlik goed.
- Stileer ’n inspirasiehoekie.

- Jy kan enige iets gebruik wat jou inspireer; ’n spesiale foto en ’n paar soeweniers. Gebruik ’n skinkbord of sommer ’n mooi bord om dit op uit te stal.
- Genoeg natuurlike lig en ’n kalm kleurskema sal ook help om ’n goeie gevoel te skep wat sal help dat jy so produktief moontlik kan wees.

- Moenie bang wees om tekstuur soos fluweel in te bring nie. Dit kan jou spasie luuks laat voel.



- Dit help ook om natuurlike lig te weerkaats en jou vertrek ligter te laat voel. Maak seker dat die spieël se weerkaatsing mooi is; jy wil nie rekenaars en kabels of ’n drukker in jou spieël se weerkaatsing sien nie.

Maak dit vir jouself maklik om jou tuiskantoor georganiseerd te hou

- Maak seker jy het ’n houertjie of neersitplek vir ‘goetertjies’, soos oorbelle wat jy afhaal terwyl jy werk of ’n lipstiffie, ’n pen ens. So lê alles nie jou lessenaar vol nie.
- Hou werkspapiere byderhand en georganiseerd.
- Een van die dinge wat ’n spasie baie vinnig deurmekaar kan laat lyk is kabels wat oral rondlê.

- Gebruik onbenutte muurspasie om papiere te organiseer en maak dit maklik om dokumente en inligting vinnig op hulle regte plekke te bêre. Hierdie houers is teen die muur agter die kantoordeur opgesit.
- Hakke is ook ’n goeie gebruik van spasie en is veral handig om sakke en skootrekenaarsakke aan te hang,

- As jou kinders ook die spasie benut, hou kinder- en ‘craft’-goed op een plek sodat dit maklik is vir jou kinders om te kry en weer terug te sit.

Jy hoef nie ’n fortuin aan organisasie houers te spandeer nie. Hierdie houers is almal van Mambo’s Plastic Warehouse.

’n Georganiseerde tuiskantoor laat ons geïnspireerd voel en lus om te werk.
Voor en na
Voor inperking en tuisskool was hierdie kantoor gewoonlik mooi en aan die kant, maar na die chaos van tuisskool en van die huis af werk was alles deurmekaar.




Stylvol en The Home Collective

Kyk die video hier
Lees ook: ‘n Visualiseringsbord; so maak jy dit