Kreatiewe Kersbome

Van ‘kitchy’ en kleurvol tot papierbal-bome; hier is idees vir jou Kersboom die jaar. Krap gerus deur jou Kersversierings en kyk wat jy kan hergebruik en anders stileer. Deur Suzanne Kotzé

Ons kan nie glo dit is so laat in die jaar dat Kersversierings reeds by die meeste winkels op uitverkoping is nie! 

Die Stylvol-Kersboom

Ons het sommer ’n paar idees/trends saamgegooi vir ons Kersboom. Tinsel, strikke, balle en ’n tikke pret met klein disco-bal versierings en tong in die kies versierings soos die rolskaats en glas-versierings.

‘Tinsel’ boom

Foto: @vintageholiday Instagram

Nie die stringe tinsel waarmee ons grootgeword het nie, maar fyn vertikale ‘tinsel’. 

Wenk: ’n mens sukkel om dit in Suid-Afrika te kry. Kyk gerus vir ’n fyner ‘foil’ gordyn wat mens by partytjie of Chinese winkels kry. En knip dit in stukkies. 

Jy kan selfs ’n dooie tak gebruik en tinsel daaraan plak vir ’n minimalistiese gevoel met ’n tikkie blink. 

Foto: Pinterest
Foto: Pinterest

Papierballe boom

Heuningkoek (honey comb) papier balle, soos wat jy by partytjie-winkels of Chinese winkels kry, skep ’n prettige boom en kan ook heelwat goedkoper uitwerk as jy nie klaar ’n boom het nie. Maak ’n kartonbasis en plak die balle van groot na klein. 

Wenk: Gebruik ’n reeds bestaande keëlvorm, ons het ’n ou klein kersboom gebruik as basis om die karton om te draai en dit toe uitgehaal. ’n Padkeël of selfs tamatieranker-hout kan werk. Dit maak dit net makliker om die kartonkeël te vorm. Jy gebruik ook meer balle as wat jy dalk dink, so koop genoeg.

Jy kan ook ’n halwe boom maak en die een kant teen ’n muur rus.

Net boom

Van net bo-oor ’n boom getrek met ’n groot net-strik, tot ’n boom wat van net gemaak is. 

Foto: Pinterest

Die net-boom is beslis vir ernstige en handige doen-dit-selwers. Dit lyk na te ’n groot werk vir ons. Maar dit is so mooi. Loer gerus hier hoe om dit te maak. 

https://www.youtube.com/shorts/yKAbdLkeiGs

Maksimalistiese boom

Foto: Pinterest

Dit nie net in mode wat maksimalisme en dopamiene kleur weer terug is nie, maar ook by Kersbome. Maak dit pret met bont en tong-in-die-kies-ornamente. Dink aan enige iets van disco-balle tot krewe en meer. 

’n Herinneringsboom

’n Lieflike manier om mense te eer en te onthou wat nie meer met ons is nie. Hang foto’s van geliefdes in jou boom in plaas van ornamente. Die swart en wit foto’s werk mooi. Dit kan van die hele familie wees. 

Foto: Pinterest

Disco-boom

Disco-bal versierings gemeng met tinsel skep ’n feestelike partyjie-gevoel. 

Foto: Pinterest

Geskenke wat hang

geskenke book muur

Hierdie is ’n oulike plan, as jy nie ’n Kersboom het of wil hê nie en kan ook ’n mooi fotoneemhoekie wees. 

Foto: Pinterest

Maak-dit-self papierversierings

Van papierkettings tot sterre, hierdie is so maklik en goedkoop om self te maak. 

Ons het papierkettings gemaak en sommer krammetjies gebruik om die papier te heg, maar ’n gomgeweer is ’n goeie idee as jy dit netjieser wil doen. Dit neem verbasend gou om te maak.

PS As dit vir jou na te veel moeite klink, kan jy altyd die kettings koop.

Skep ’n fotoneemhoekie

Foto: Pinterest

Dit is ’n goeie manier om seker te maak julle neem die slag die familiefoto! Kies ’n muur waar daar mooi natuurlike lig is, of hang ’n laken. En ’n paar versierigs wat hang en by jou tema pas. Onthou ’n stoeltjie of twee, dit help dat almal inpas.

Vir jou seevakansie Kersboom

See-tema versierings

Ons is absoluut mal oor al die mooi see-tema versierings in die winkels. Jy kan dit natuurlik as deel van jou versierings gebruik, selfs al droom jy net van ’n see-vakansie.

Hierdie is so mooi dat jy dit kan gebruik as ’n handsak-aanhegsel.

Sequins ornament Green shell R250, Jane Valken
Sequins ornament Seahorse R300, Jane Valken
Sequins ornament Pink Fish (R290, Jane Valken)
Typo Beaded Christmas Ornament (R149, Cotton-On)
Humble & Mash Seahorse Beaded Embroidered Hanging Ornament (R199, Yuppiechef)
Bisque hanging Decorations – Packs of 4 (R399, Rialheim)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kersfeespoedings vir diabete
Lae-koolhidraat Kersfeespoedings
error: Content is protected !!