soutwatersproei
soutwatersproei

Soutwatersproei vir tekstuur

Soutwatersproei is wonderlik om tekstuur aan fyner hare te gee. As jy jou Desember, ‘see-hare’ mis, is hierdie beslis vir jou. Deur Suzanne Kotzé

Ek is mal oor die volume en tekstuur wat seewater aan my hare gee. Ek moet bieg (jammer aan my haarkapper) dat ek dikwels nie my hare afspoel nadat ek in die see geswem het nie. En ek weet hoe sleg dit vir my gebleikte blonde hare is, want dit maak dit net nog droër. (Ek sit darem ’n masker of inbly opknapper aan voordat ek swem).

Soutwatersproei

Danksy soutwatersproei kan ek die tekstuur en volume kry wat ’n seeswem gee, sonder dat dit my hare uitdroog. En nee dit is nie net seewater in ’n botteljie nie! Dit boots wel die effek wat seewater op jou hare het na, maar dit is waar die ooreenkoms ophou. ’n Mengsel van natuurlike olies en allerhande ekstrakte en soutkomponente word gebruik om die effek te kry, sonder dat dit jou hare so uitdroog soos seewater.

Hoe gebruik jy soutwatersproei?

Ek gebruik soutwatersproei op twee maniere

Op vars gewasde hare

Nadat ek my hare gewas het (en natuurlik opknapper en inbly-opknapper aangewend het) spuit ek soutwatersproei aan my hare. Maak seker jou hare is nie sopnat nie, anders absorbeer jou hare nie die produk nie. Ek spuit ’n klein bietjie op my wortels en gooi my kop vooroor om droog te blaas. Dan wend ek die produk aan my punte en scrunch dit met een hand terwyl ek met die ander hand droogblaas. Dit gee dan daardie effense seegolf-effek. My haartipe is fyn (maar baie) reguit hare.

Op droë hare

Om eerlik te wees is dit hoe ek die meeste dae soutwatersproei gebruik. Ek laat my hare natuurlik droogword en spuit dan soutwatersproei aan my punte en ‘scrunch’ dit. Op hierdie foto is dit presies wat ek gedoen het. Dit is na ’n swem in vars water geneem en my hare het natuurlik droog geword, met net ’n bietjie soutwatersproei in gescrunch.

Soutwatersproei om te probeer

Authentic Beauty Concept Nymph Salt Spray (R420, haircosmetics.co.za en uitgesoekte salonne)

Ek gebruik hierdie produk op die oomblik en is mal daaroor. Dit ruik heerlik en laat nie my hare te taai voel nie.

Schwarzkopf Professional Osis + Session Label Salt Spray (R330. Labelle.co.za)

Ek het hierdie produk voor die Authentic Beauty Concept Nymph Spray gebruik en dit het baie lekker volume gegee. Dit is wel effens taaier as die Nymph Spray en die gaatjie van my sproeibotteltjie het verstop. Nadat ek dit in kookwater gesit het, was dit egter weer oop.

Wella Professionals EIMI Ocean Spritz Spray 150ml (R320, stylebar.co.za)

My haarkapper (Charles Junior Louw) gebruik gewoonlik hierdie op my hare as ek by die salon was. Soos Junior sê: “Jou hare voel soos see-hare nadat jy die produk aangespuit het,” effens taai, met daardie tousled voorkoms.

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wat is jou NUXE Huile Prodigieuse® persoonlikheid?
error: Content is protected !!