Sosiale vlinder uitrusting-idees

Dis amptelik, die feesseisoen het aangebreek. Sosiale bymekaarkomste, familie-etes en “friendsmas” kuiers lê nog voor.  Indien jy, nes ons, op soek is na mooi feestelike uitrustings vir die feesseisoen. Van dramaties, elegant, romanties tot neutraal en gemaklik, hier’s ’n rok vir elke stylpersoonlikheid. Loer hier na 20 sosiale vlinder feestelike uitrustings-idees op ons wenslysie hierdie vakansie. Deur Justine Kroes & Suzanne Kotze

06/12/2024

Feestelike uitrustings vir die sosiale vlinder

Of jy nou op soek is na ’n uitrusting vir Kersdag of iets om te dra vir ’n Krismiskuier saam met vriende het ons vir jou modehulp. Loer hier na 20 van ons gunsteling feestelike rokke en uitrustings

Uniek, nes jy!

Jou stylpersoonlikheid is van nature meer flambojant en dramaties. Jy maak gebruik van bold kleure en uitspattige patrone en dramatiese bykomstighede. Almal sal weet wanneer jy by ’n vertrek instap

Jy hou daarvan om unieke, uitstaan kledingstukke te kies wat jou gelukkig laat voel.

Loer hier na die allermooiste feesrokke vir jou, van sterk strepe tot bont patrone:

Cocktail Maxi Royal Tangerine (R1 300, Ruff Tung)
Poetry Bianca Printed Poplin Dress (R1 699)
Poetry Baker Intarsia Knitwear Short Dress (R1 299)
The Floral Applique Dress (R2 899 Me and B)
The Cherry Time™ Dress (R1 699 Me and B)

Neutraal en gemaklik

Jy hou van tydlose items in neutrale kleure, goeie kwaliteit is ’n moet. Jy volg heel moontlik ’n kapsuleklerkas met jou modekeuses. Minder goeie kwaliteit items wat gemeng en gepas kan word. Jy is ook gewoonlik die tipe wat geneig is om neutrale, meer minimalistiese uitrustings te kies.

Hierdie staatmaker rokke en eenstukke sal vir nog jare lank ’n gunsteling in jou klerekas bly:

Palazzo Jumpsuit – Moss Green (R 1 999, Good Clothing)
Iconography Women’s Iconography One Shoulder Maxi Dress (R899 Bash)
Hemp Love Chai Long Dress (R1 950)
Cyla Gonsolves The Azalea (R1 299)

Elegant en gesofistikeerd

Jy hou daarvan om netjies en afgerond te lyk. Jou stylpersoonlikheid is geneig om elegant, modern en sjiek te wees. Jy is nie bang om ’n paar hakskoene aan te trek by jou gunsteling goedvoel rok nie. Jy geniet nuwe moderne modes.

Hierdie elegante rokkeuses is dan vir jou:

Forever New Arabelle Applique Linen Midi Dress (R2 099) Arabelle Applique Linen Midi Dress (R2,099)
Foschini Bubble Hem Combo Midi Dress (R899)
Luella Pleated Satin Maxi Kaftan Dress (R1199 bash.com)
Rethread Store Gaia Midi Dress Powder Blue (R2380)

Monokromaties mooi

Jy hou daarvaan om een skakering van kop tot tone aan te trek. En ons verstaan natuurlik hoekom, die modevoordele daarvan om een skakering van kop tot tone te dra laat jou nie net langer voorkom nie, maar ook slanker daarby. Kies ’n rok in ’n skakering wat jou laat goed voel, hetsy dit rooi, blou of pienk is.

Om dit interessant en modern te hou, kies ’n monokromatiese rok met ’n ontwerpdetail soos  byvoorbeeld ’n eenskouer rok.

Velvet Statement Trapeze Maxi Pink (R799 Superbalist)
Off Shoulder Maxi Frill Dress – Teal (R1 899 Isabel de Villiers)
Hadassa Clothing Inspiration Dress Rolene Yellow (R1 680)

Vroulik en romanties

Indien jy daarvan hou om frille, valle, kant en blompatrone aan te trek, is jou stylpersoonlikheid geneig om dalk meer vroulik en romanties te wees. Dink aan sagte materiale, vroulike silhoeëtte met romantiese afwerkings of fyn borduurwerk.

Kyk net hoe mooi is hierdie vir die vroulike en romantiese stylpersoonlikhede onder ons:

Forever New Polly Embroidery Midi Skirt (R1 499)
H&M Balloon Sleeved Dress White & Blue (R799 H&M)
Luella Tulle Maxi Sundress (R1 099 bash.com)
Tulle Lined Dress in Tiger Tulle (R2 899 Me and B)

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Swembroeke vir die uurglas-figuur
error: Content is protected !!