Maak jou reg vir ’n opwindende lente/somer met baie helder kleure en patrone. ’n Hele klompie bekende modeontwerpers en modekenners het dié nuwe LEWENDIGE (vibrant) tendens Spark Joy gedoop! En het ons nie almal nou ’n bietjie vreugde nodig nie? Hier is die lente-/somerskakerings wat nou groot nuus is plus voorkomskonsultant Susra Matthee se raad. Deur Justine Kroes en Susra Matthee
Susra se kleurwenke vir lente/somer 2021
•Vir lente/somer 2021 moet jy nie bang wees om te waag nie. Dit is amper asof jy nie kan verkeerd gaan nie. Hoe helderder en bonter, hoe beter, kleurblok gerus!
•Maar indien die helder klere jou nog nie opgewonde maak nie(dit sal nog!), probeer een helder item saam met neutrale kleure. Room- en ivoorkleur lyk veral goed by helder kleure en ook by wit en swart patrone.
•Ons het almal verskillende helder kleure waarin ons goed lyk. Daar is ten minste een vir elkeen! As jy nie seker is wat joune is nie, probeer helder smaraggroen, dit pas by die meeste mense.
•As jy huiwerig is, begin eers met skoene of ’n handsak in ’n helder skakering. Moenie bang wees om ’n bietjie te waag en uit te staan nie!
Watter skakerings is groot nuus vir somer/lente vanjaar?
Volgens die Pantone Color Institute se tendensvoorspelling (trend forecast) konsultante is die volgende skakerings bekendgestel by New York en Londen se Lente/Somer 2020/2021 modeweke. Die kleure verteenwoordig uitstaanskakerings asook “core classics” oftewel die nuwe staatmakerskakerings.
Die moet-hê kleure vir Lente/Somer 2021:
Pienk
Pers
Geel
Groen
Blou
Rooi
Oranje
Staatmaker skakerings, “core classics”
Sien hierdie skakerings as die kleure waarby jy gerus die bogenoemde helder skakerings kan meng en pas as kleurblok nie vir jou is nie.
Grootste skakering vir Lente/Somer hierdie jaar?
“Die gewildste van die helder en nie so helder kleure vir hierdie lente en somer is pienk. Van fuchsia tot pastelpienk, maar die gewildste van dié vroulike en romantiese skakerings is BUBBLEGUM PINK” sê Susra.
Meer oor Susra:
Susra Matthee, voormalige moderedakteur van rooi rose en nou persoonlike voorkomskonsultant sê “Elke konsultasie voel vir my soos om met ’n vriendin te gesels, Ek dink juis die feit dat die mode nog nooit die heel belangrikste ding vir my was nie, tel in my guns. Ek kan die goud in die persoon raaksien en weet die mens is belangriker as die klere.”
Volg vir Susra hier op Instagram of besoek haar webtuiste om ’n konsultasie te bespreek. Koop ’n kaartjie vir Susra se “trend talk” op 16 Oktober om 9:30, by The Light Hub, 21 Pasita Street, Belville (R350pp), kontak haar op www.susramatthee.co.za