Oulike sokkies met die allermooiste versierings is tans hoog op ons mode-kooplysie. Volgens stylkenners is “secret” sokkies taboe en iets wat net “millennials” steeds dra volgens die Generasie Z modekenners. Ons het ’n paar prettige sokkies raakgesien en dadelik op ons gunstelinge moet-hê lysie gesit. As jy (nes ek) ’n huiwerige millennial–secret-sokkiedraer is, loer hier vir ’n paar inspirasie idees wat jou dalk net mag inspireer: Deur Justine Kroes
21/06/2024
Sokkies trend behoorlik
Sokkies het behoorlik gepronk het op mode loopplank, veral by die SS2024 modevertonings van MSGM, Dries van Noten en selfs Victoria Beckham. Daar is natuurlik soveel verskillende manière, style en uitrustings waarby jy jou sokkies kan dra. Van cool grunge by jou bonkige stewels of ultra fyn en vroulik by ’n paar ballerina-styl skoene of selfs hakskoene.
Gunsteling sokkies op ons radar:
Deursigtige gaas (mesh) sokkies
Hierdie outjies is die heel maklikste om te stileer maar wees gewaarsku, hulle skeur ook die heel vinnigste! Wees versigtig wanneer jy jou gaas “mesh” sokkie oor jou hak trek, hier is waar dit die meeste van die tyd skeer.
Sokkies met versieringe
Sokkies met die allermooiste versieringe is seker my heel gunsteling tipe sokkie – nie net lyk dit ’n tikkie meer luuks nie maar bly ’n speelse en prettige element by enige uitrusting.
Jy kan jou sokkies met versierings by jou gunsteling hakskoene, balletskoene of selfs loafer styl skoene dra.
Kyk net hoe mooi:
Sokkies met strikke en frille
Hierdie is seker die maklikste manier om die strikkoors trend aan te pak. Plus, ook moontlik die goedkoopste opsie om hierdie trend te dra.
Ons dink sokkies met strikkies en frille lyk ewe mooi by loafer styl skoene, tekkies, by jou bonkige stewels en Doc Maartens.
Dra dit op die luukse sportiewe manier
Hierdie styl rol jy tot bo oor jou oefenbroek met jou tekkies daarby. Of dra dit sommer net by tekkies en ’n plooiromp. Onthou jy moet nie bang wees om jou sokkies te wys nie.
A-la-balletstyl sokkies
Dra dit soos ’n regte ballerina oppad na haar ballet oefening toe. Die balletcore aantrekstyl is steeds ’n reuse trend. Jy kan dit selfs by ’n paar fyn hakskoene dra wat weer by die ultra feminine modetrend inval.