Rooi is die nuwe pienk

Onthou hoe helder pienk verlede somerseisoen oraloor die gewilde skakering was? Van mode- loopplanke, volop in winkels en die kleur om te dra onder stylkenners – hierdie jaar is rooi (helder stopstraat rooi) weer terug in die mode kollig. Ons het vir ’n kleurkenner raad gevra oor hoe om die kleur hierdie seisoen te dra, plus hoe om die regte rooi vir jou veltoon te kies. Lees nou hoe om mooi te maak met rooi; Deur Justine Kroes

03/11/2023

Rooi is in

Dit is duidelik dat rooi ’n gewilde skakering was op die internasionale loopplanke en te danke aan Instagram en Tik Tok het hierdie modetrend die naam “tomato girl fashion” gekry. Van kop tot tone in rooi of selfs net ’n “pop of red” met ’n rooi handsak of skoen is ’n duidelike gunsteling manier om hierdie kleur te dra.

Ontwerpers Spring Summer 2023: Victoria Beckham; Ferragamo; Ralph Lauren

Kies die regte rooi

Voorkomskonsultant en kleurkenner Ronel Le Roux verduidelik “Daar is ’n rooi vir elke veltoon, as jy al ooit ’n kleuranalise laat doen het, sal jy weet presies watter rooi beste vir jou is, maar vir die wat nog nie het nie is die volgende elemente iets om te oorweeg:”

Lazuli Vichy Dress (R1700)

’n Rooi met ’n warm ondertoon (oranje rooi) is beter vir enige iemand met ’n geel veltoon

’n Rooi met ’n koeler ondertoon (blou rooi) is beter vir enige iemand met ’n pienk veltoon

Donker hare kan gewoonlik wegkom met dieper rooi skakerings waar vroue met blonde hare weer kan wegkom met ligter rooi skakerings.

’n Helder ware en neutrale rooi pas mooi by die meeste veltone

Forever New Athena Ruffle Midi Dress (R1 899)
Forever New Polly Ruffle Sleeve Midi Dress with Scarf (R1 999)

Huiwerig? Probeer die …

Ronel sê “Indien jy bietjie huiwerig is om rooi te dra of as rooi dalk nie 100% tuis voel aan jou nie, begin klein”

80/20 reël

’n Veilige opsie om die 80/20 reël te volg. Dit beteken dat jy 80% van jou uitrustig kies in ’n kleur waarmee jy gemaklik is bo jou middle, en dan kan 20%  van jou uitrusting in rooi wees. Byvoorbeeld om so veel as moontlik van jou vel naby jou gesig oop te hou (bandjies of laehals ipv halternek of toe arms / of ’n neutrale kleur in ’n toppie gekombineer met rooi in ’n broek of romp)

Mango Pleated Long Skirt (R1 299)

Rooi bykomstighede

As alternatief kan jy klein begin. Rooi hoef nie oral te wees nie en dit hoef nie ’n volledige uitrusting te wees nie. Begin met ’n handsak, oorbelle, haarbykomstigheid of skoene. Of probeer ’n subtiele rooi patroon ietsie wat nie te veel aandag trek. Soos jou liefde vir die kleur groei, kan jy meer waaghalsig wees en die rooi in groter dele van jou uitrusting beklemtoon.

Hier is ‘n paar “pop of red” gunstelinge:

Mango Maxi Frame Sunglasses (R2 299)
Zara Faux Patent Wedge Sandals with Straps (R999)
Mango Croc Effect Shoulder Bag (R899)
Ipanema GIL 26983 Sandal Red (R399)
Zara Beaded Earrings (R499)
Zara Resin Flower Earrings (R499)

Steeds huiwerig? Probeer ’n lipstiffie;

Rooi is natuurlik een van my gunsteling lipstiffiekleure om mee te speel, dit gee dadelik ’n bietjie self-vertroue en kikker jou grimering en jou uitrusting dadelik op! ’n Donkerder rooi lip is wonderlik vir ’n aandgeleentheid terwyl ’n helder vars rooi lip perfek vir die dag is.

Eksperimenteer; maak mooi met rooi:

“Moenie bang wees om te eksperimenteer met rooi as die nuwe pienk nie. Leef jou rooiwarm persoonlikheid uit, wees waaghalsig, en geniet die rooi modetendens vir die seisoen wat dit hier is”, is Ronel se raad.

Monokroom rooi

H&M Double Breasted Blazer (R799) Flared Linen Trousers (R429)

Dra ’n monokroom rooi uitrusting (rooi van kop tot tone). Probeer om verskillende teksture of patrone te meng, dit skep altyd ’n interessante element in ’n uitrusting.

Rooi kleurkombinasies

Rooi is groot die seisoen en indien jy al ooit rooi wou probeer is dit nou jou kans om daarmee weg te kom. Kleurkombinasies soos bv. pienk & rooi, of rooi & turkoois is wonderlike komplementêre kleure om te probeer. Indien jy bietjie skrikkerig is vir groot kleurblok opsies, oorweeg om jou bykomstighede in ’n komplementêre kleur te dra. Dit gee net bietjie finesse aan enige uitrusting.

’n Paar van ons gunsteling rooi items op ons wenslysie:

H&M Balloon Sleeved V Neck Dress Red (R899 Superbalist)
Women’s Iconography Pleated Strappy Dress Red (R799)
Mango Gilet with Floral Applique (R1 299)
Lazuli Dahlia Reversible Wrap Dress (R1800)
Zara Midi Dress with Belt (R1 299)
Rok van Elrico Zarr

Ronel le Roux –  kontak haar by hello@ronelleroux.com en volg haar op sosiale media hier.


Teken in op ons nuusbrief en word deel van die binnekring.

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
25 van die seisoen se grootste modetrends
error: Content is protected !!