Sy is gaande oor kwaliteit en klere met stories en ’n unieke karakter; Rolanda Marais gee raad oor ‘vintage klere’. Van hoe om dit te dra en waar om te koop. Deur Suzanne Kotze
Foto’s: Kristina Sojiljkovich, hare en grimering Cheryl Parker van Supernova
Rolanda Marais gee raad oor ‘vintage klere’: dra dit so
Meng oud en nuut
Rolanda dra haar ouma se jas en kamisool en ’n gordel, wat sy tydens hulle wittebrood in Turkye by ’n tweedehandse winkeltjie gekoop het, saam met nuwe kêrel-styl jeans en tekkies.
Meng netjiese kledingstukke met meer informele klere
Die netjiese jas en kamisool wat Rolanda aanhet, skep ’n mooi kontras met die jeans en tekkies en keer dat sy outyds lyk.
Kies ’n nuwe bril met ’n vintage styl raam
“As jy nie vintage klere het nie, maar graag ’n vintage voorkoms wil skep kan jy dit doen deur ’n bril te kies met ’n vintage styl raam.” Rame in hierdie styl is nou hoogmode en is oral beskikbaar. Rolanda se brille is altwee van Hello Bril.
Raad vir ‘vintage’ inkopies
Drink ’n anti-histamien voordat jy gaan koop.
Ek het al ’n paar keer so genies dat ek moes uitloop.
Moenie haastig wees nie
Neem jou tyd en gaan versigtig deur alles. Op die oog af kan alles dalk net soos ’n klomp simpel goed lyk. As jy egter stadig maar seker deur alles gaan, is dit gewoonlik waar jy gems vind.
Kyk na die materiaal
Ek hou baie van linne en katoen en as jy goeie kwaliteit materiaal kies, weet jy dit gaan lank hou en mooi sit. Hou hierdie ook in ag as jy nuwe klere koop.
Kies slim
Kies items wat jy saam met baie ander klere kan dra, soos ’n jas of ’n rompie. Maak seker dit is ’n statement stuk as jy nie baie plek het in jou kaste nie. Jy wil nie ’n klomp motbal-goed hê wat nooit gedra word nie.
Hou die trends dop en kyk wat jy in tweedehandse winkels kan kry
Baie keer is iets soos die tagtigs-styl weer in, soos deesdae se uitgewasde T-hemde en dit kan jy dalk in ’n tweedehandse-winkel ook kry.
Ma’s hou julle klere met stories
Veral iets soos ’n trourok. My ma het haar trourok weggegooi, want ons het vreeslik baie daarmee gespeel. Ek is baie spyt hieroor, want ek sou vreeslik graag daardie trourok wou verander en dit my eie maak en na my eie troue toe wou dra.
Mens het beslis nie plek in jou kaste om alles te hou nie, maar hou daardie klere wat vir jou iets beteken het, wat jy kan oordra aan jou kind saam met die storie oor hoekom dit vir jou spesiaal was.”
Was dadelik al die klere
Sodra jy by die huis kom, was die klere. As daar ’n bietjie van ’n reuk is nadat jy dit gewas het, veral die motbal-reuk, is, week eers die klere in iets soos Sta-Soft en was dit weer.
Oud en nuut saam vang die oog
Daar is iets interessants wat gebeur as jy oud en nuut meng. Dit vang beslis ’n mens se oog. Dit is dalk ’n ongewone vorm van ’n vintage-kledingstuk. Daar is altyd ietsie meer unieks aan ’n vintage-kledingstuk en dit het beslis met vakmanskap en detail te doen. Daar is meestal meer detail, soos ’n sak of ’n plootjie, aan die meeste van die vintage-klere.
Hoekom is Rolanda so lief vir ‘vintage’ klere?
Kwaliteit
Die kwaliteit, al is dit ouer, bly maar net beter as sommige nuwe klere -aandag aan detail en vakmanskap. Ek sien dit raak en waardeer dit.
Dis ook amper asof die klere kom met n boodskap ‘ek is al deur die lewe, alles gaan oukei wees’.”
Meer omgewingsvriendelik
Ek is ’n groot voorstander van herwinning en upcycling. Die wêreld word besoedel deur so baie goedkoop produkte van ’n swak kwaliteit. Ek voel ek dra by deur klere nie te maklik weg te gooi nie en dit ’n tweede kans te gee.
Unieke styl
Jy gaan nooit soos iemand anders lyk nie. Daar is soveel mooi klere in die winkel, maar soms koop jy iets soos ’n rok en jy gaan uit en jy dink jy lyk fabulous en dan daag jy en iemand anders met dieselfde rok by die partytjie op.
Ek dink mens lyk net bietjie meer curated as jy oud en nuut kombineer.
Van Rolanda se gunsteling winkels
Vandat Covid begin het, het ek begin om meer aanlyn te koop. Ek koop graag by
As jy Rolanda Marais gee raad oor ‘vintage’ klere geniet het lees ook