As jy ‘n omgekeerde driehoek lyfvorm het is jou liggaamskenmerke meestal so; jou skouers is wyer as jou heupe; jou skouers is reguit, vierkantig en lyk sterk, daarom lyk jy meer atleties.; jy het nie ’n gedefineerde middellyf nie. Min definisie tussen middellyf en heupe.; jou onderlyf is klein en jy dra meestal jou gewig rodom jou middel, arms en borste. Hier is wenke en swembroek opsies vir jou:
Die doelwit vir die omgekeerde driehoek lyfvorm:
Met die omgekeerde-driehoek-lyfvorm is jy op soek na swembroeke wat jou atletiese bo-lyf sal uit balanseer met jou kleiner onderlyf, en so ook die illusie van ’n middel probeer skep.
Kies jou swembroeke so:
- Eenvoudige, halternek bo-stukke. in effekleur
- Donker en eenvoudige driehoek-bo-stukke is ook ’n goeie opsie mits dit genoeg dekking en ondersteuning aan jou borste gee (kyk altyd vir wye bandjies).
- Versierings en plooie aan broekies met eenvoudige bo-stukke balanseer weer proporsies en trek aandag na jou kleiner heupe en onderlyf eerder as wat dit aandag trek na jou groter bo-lyf.
- Eenstuk-swembroeke met kante wat uitgesny is, versierings op die heupe en diep v-nek halslyne skep die illusie van ‘n gebalanseerde figuur met kurwes en ’n middel.
- Eenstuk assimetriese swembroeke verskuif die fokus van bree skouers.
- Twee-stuk swembroeke met frille aan die broekie hou die fokus onder op jou kleinste gedeelte, en skep balans met skouers.
- Bly weg van patrone bo en een soliede kleur onder. Kies eerder donker skakerings vir bo en ligte of helder skakerings vir onder.
Voorbeelde hier:





