Reg of weg! Marilize de Clercq se lentemoderaad

Ons het vir die uber-stylvolle en beeldskone voorkomskonsultant en stylmentor Marilize de Clercq gevra watter mode-items ons gerus na die lang winter kan wegpak en wat die nuwe moet-hê stylitems vir die komende seisoen gaan wees. Soos gewoonlik is Marilize se raad goud werd – glo ons jy gaan hierdie lentemoderaad wil lees. Deur Justine Kroes

“Die grootste geheim of wenk vir SS2021 se mode is, lyk stylvol maar wees gemaklik.”

Marilize de clercq

Pak dit weg:

Bêre gerus jou winter baadjie en pofferigejasse.

Vervang jou bypassendemaskers vir n gewone swart egte sy masker.

Pak weg daardie donkermaroen bloes, trui, broek en jas.

Laat gaan daardie oorgroot sweetpaktops en laat waai jou bucket hat (wat maar by bitter min mense gepas het en na my mening eintlik net vir kinders onder vier bedoel is.)

Stywe leerbroeke is iets van die verlede en probeer daarby jou skinnys (noupassende denims) ook minder dra.

Vervang met:

Mules en slingback flats is ’n moet vir die lente/somer. Kies iets opwindends met tekstuur, geweef of sommer met ’n groot gespe op.

Bêre daai skoene in neutrale en veilige kleure en vervang met iets prettig soos ’n sagte geel of blou skoen. Ek het vier pare geel skoene en ek dra dit op! Blou lyk ongelooflik saam met blou denim en verleng jou bene. Dit lyk ook net so mooi saam met die sagte aardse somerskakerings waarvoor ons so lief is (soos baby’s breath, buttercream en macchiato)

Vervang jou distressed denim met vintage geïnspireerde denims.

Kry maar vir jou vars wit tekkies, ek is seker na hierdie winter is jou huidige paar weer opgedra.

Kry sommer ’n paar ligte baadjies/blazers/en soldatejasse (trenchcoats) vir die tussen-in weer.

Kies beslis die seisoen ’n cool sporty baseball cap wat jou styl pas soos die een op my webtuiste.

Chiefs of Angels Cap (R750 Marilize de Clercq)

Kyk uit vir hierdie mode trends;

Lospassende broeke

Broeke wat losser sit, maar steeds stylvol en netjies lyk. Basies “powerpants”.

Interessante bykomstighede

Skap ’n paar interessante bykomstighede aan – uitspattige brille, ’n buitengewone skoen of handsak soos ’n oversized clutch (palmtas).

Rona Jessie Zebra Foldover Clutch (R550)

Wees versigtig met bonkige klompstyl skoene

Pasop net vir die klompe; hulle loop hard en as jy nie in jou 20’s is nie, gaan dit lyk of jy vasgehaak het in ’n styl of selfs op pad is na ’n temaverjaarsdag.

Bypassende-stelle

Matching pakkies is ’n moet, maar gaan doen eers jou huiswerk en soek inspirasie op Pinterest as jy nie lekker verstaan nie. Ek was nog altyd mal oor pakkies. Dit is die maklikste manier om vinnig stylvol te lyk en jy kan nog steeds elkeen van die items afsonderlik dra.

Me & B Black and White Gingham Set

Geel!

Dra jou geel by ’n camel of sagte aardse kleure om dit te balanseer. As jy te bang is om geel te dra, kry ten minste ’n geel handsak. Jy gaan verbaas waarby dit alles pas.

Zara quilted bag with shoulder chain (R529)

Pienk is steeds groot nuus

Julle moes al gesien het, maar pienk is oral en as dit reg gedra word, kan jy daarmee toor. Die kleur is vars en as jy die regte pienk skakering dra kan jy regtig nuwe lewe in jou klerekas blaas met hierdie nuwe basic.

Country Road Long Sleeve Poplin Tunic (R999)

Grys is groot

Grys is groot nuus en ook ’n baie mooi neutrale kleur, maar vanjaar is dit nie die nie grys van jaar in en uit wat nou al deel is van jou gemaksone nie. Dit moet gaan oor die eenvoud, skoon en simplistiese lyne en moet op ’n moderne manier gedra word.

Lees ook: Christel van den Bergh; My ma-wees modestyl

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Kies die regte swembroek vir jou lyfvorm
error: Content is protected !!