19 Mooiste rokke vir die feesseisoen

Van klassieke rooi vir Kersdag tot kraakvars wit, daarby ook glinsterende sequins partytjierokke en die mooiste luilekker gemaklike rokke – hier is 19 van die heel mooiste feesseisoen rokke tans op ons stylradar! Deur Justine Kroes

Klassieke kersfees rooi

’n Tydlose rooi rok bly darem maar mooi. En hierdie rok is niks anders nie, dit trek aandag, is vleiend en die strikdetail is ’n gunsteling. Die perfekte Kersdag-uitrusting wat van kerk na middagete saam met geliefdes gedra kan word.

Die A-lyn snit is vleiend aan die meeste lyfvorms en die rok is uit linne gemaak, wat beteken ’n koel-bly Kersdag uitrusting!

Hierdie rooi werk dalk nie by elke veltoon nie – onthou ’n warmer ondertoon lyk goed in ’n meer oranje-rooi skakering. Waar die met ’n pienk veltoon die beste sal vertoon in ’n koel ware rooi (true red) skakering.

Forever New Kara Tie Front Linen Midi Dress (R1 899)

Indien jy ’n korter weergawe van hierdie rooi rok verkies, is die Ayana Chevonne Tie Back Mini (R450) ’n goeie keuse. Hierdie rok sal ook koeler wees danksy die natuurlike materiale 75% katoen en 25% linne. Met ’n pragtige strikdetail op die rug.

Ayana Chevonne Tie Back Mini (R450)

En as rooi dalk nie vir jou is nie, is hierdie rok beskikbaar in ’n wit linneweergawe:

Prettig

Hierdie rokstyl van Poetry is ’n ou gunsteling, Poetry stel elke seisoen hierdie selfde snit (so vleiend!) in ’n klompie verskillende skakerings of patrone beskibaar. Hoe mooi is hierdie helder groen skakering? Maar ook natuurlik die polkakol weergawe.

Poetry Lila Polka Dot Knit Short Dress (R1 299)

Ons hou van die ultra gedefinieerde silhoeët wat hierdie rok skep. Asook die vierkantige neklyn, dit voel sjiek en modern.

Hierdie rok se uitklokgedeelte beklemtoon jou middel en lyk super vleiend aan. Dit is ook ’n lekker swaar materiaal wat beteken dit val reg oor al die kurwes en die rok sal nie sommer opwaai nie (Kapenaars sal weet!).

Poetry Gigi Short Dress (R1 299)

Ouwêreldse elegansie

Hierdie swart en wit halternek rok is die toonbeeld van elegansie. Die monokroom kleurpalet skep ’n elegante voorkoms met ’n terugblik na vintage sjiek en ouwêreldse glans. Die perfekte rokkeuse vir wanneer jy gesofistikeerd en moeiteloos mooi wil lyk (sonder om te hard to probeer!). Die rok doen al die praatwerk vir jou!

Poetry Alexandra Halter Neck Evening Dress (R1 799)

Vir ’n koeler aand, kombineer die rok met hierdie blink baadjie, hoe perfek!?

Indien ’n halternek rok nie vir jou is nie, probeer gerus hierdie swart en wit eenstuk. Stylvol is die woord!

Poetry Orlandi Halter Neck Colourblock Jumpsuit (R1 599)

Bont, helder en vol lewe

Indien jou stylpersoonlikheid meer avontuurlistig is, dan sal een van hierdie rokke vir jou werk!

Old Khaki Women’s Chiara Knit Dress (R1 199)

Kyk net hoe mooi is die patrone op die rok, en die groen en wit skakering voel soos ’n perfekte somers kersdag uitrusting. Die swaar geweefde rok is uit ’n vleiende katoen en val so mooi, en hoewel dit swaar voel, voel die rok nie te warm aan nie.

Die moeilikste besluit? of jy die groen of die pienk en koraal weergawe gaan verkies?!

Old Khaki Women’s Chiara Knit Dress Coral (R1 199)

’n Helder en bont, sonder om oordadig te voel, sonnige somersrok. Hierdie is ’n lieflike ligte rok uit ’n viskose en linne kombinasie materiaal. Val lank tot op die vloer en lyk elegant soos wat jy loop en beweeg hierin. Die patroon en oop rug detail trek dadelik aandag.

Old Khaki Soraya Halterneck Dress (R1 199)

Dramatiese pofmoue

Ons het lank laas ontwerpe met behoorlike dramatiese pofmoue gesien, en kyk net hoe mooi is elk van die pofmou ontwerpe van Iconography, hoe besluit ’n mens op een enkele skakering! Hierdie rokke trek dadelik aandag, lyk elegant en voel sommer feestelik!

Iconography Cotton Puff Sleeve Dress (R899 Bash)
Iconography Asymmetric Neck Fit & Flare Dress (R999 Bash)
Iconography Puff Sleeve Empire Mini Dress (R749)
Iconography Cotton Puff Sleeve Dress (R899)

Kraakvars wit:

’n Wit rok bly ’n tydlose feestyd-stapel, vars, elegant en perfek vir die somer. Kies ’n wit rok in natuurlike materiale soos linne of katoen, dit hou jou koel tydens warm en lang feesvieringe. ’n Wit rok se veelsydigheid is eindeloos, kombineer dit met goue bykomstighede of hou dit eenvouding met geweefde sandale. Jy kan ook ’n kleurvolle aksent byvoeg vir ’n bont (maar steeds klassieke) feestelike gevoel.

She Loves Sundays Sage Wrap Dress (R1 999) ’n tydlose ontwerp wat nog vir lang jare ’n gunsteling in jou klerekas sal bly.

Michelle Ludek Harlow Dress (R1 595) sag en gemaklik lospassend in ’n linne materiaal, vroulik en vars!

Sprankel, glinster en glans, partytjierokke!

Daar hoort beslis ’n tikkie sprankel en blink in jou feesseisoen klerekas te wees. Hetsy dit nou vir kersdag of ’n nuwejaars uitrusting is – ’n bietjie blink is ’n dopamiene mode hupstoot soos g’n ander!

Hier is ’n paar gunstelinge wat ons raakgesien het:

Ayana Patricia Sequin Mini Dress (R550)

Sequins in kleur voel modern en nou, hierdie groen rokkie se blink detail skitter behoorlik op die groen velour lap, reg vir dag- of aandgeleenthede!

Modern, elegant maar die botaniese patroon sorg vir ’n tikkie pret daarby:

Poetry Lucinda Sequin Printed Dress (R1 999)

’n Moeitelose mooi blinkerrok deur ontwerper Michelle Ludek, wat net weet hoe! Die rok beweeg en val so mooi met die halternek ontwerp en oop ruggedeelte.

Michelle Ludek Maxine Dress (R1 595)
Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
10 Pakwenke vir jou somervakansie
error: Content is protected !!