Getroud met Rugby-aktrise Christel van Den Bergh, nou mamma van vyf maande-oue Daniel, deel graag haar moet-hê mode items vir nuwe Ma’s. Daarby verklap sy ook haar stylwenke, watter uitrusting haar laat sexy voel asook die klere waarin sy tans leef. Hier is Christel se ma-wees modestyl. Deur Justine Kroes
Jou moet-hê skoene vir nuwe ma’s?
’n Paar lekker gemaklike tekkies is beslis ’n moet! My gunsteling is my New Balance-paar, dit is super gemaklik.
Hier is ‘n paar gunstelinge wat ons raakgesien het;
Dra jy graag borsvoed vriendelike klere, is dit werklik nodig?
Ek borsvoed steeds, ja. Maar ek het nie die borsvoed- vriendelike roete gegaan nie. Ek trek meestal tops en/of rokke aan wat maklik toeganklik is en dan trek ek net ’n gewone bra eenkant toe. Ek kon nie die waarde daarin sien om iets te koop wat mens slegs vir ’n paar maande gaan dra nie.
Het jou klerestyl verander vandat jy Ma geword het?
Ek het baie vinnig die meeste van my swangerskapgewig afgeskud en ek trek maar weer my ou klere aan, so nie juis nie, maar bygesê, weens inperking is my tuin die verste wat ek meestal gaan.
Waarin leef jy tans?
Ek dra graag sneakers en lekker lospassende rokkies, of my hoë middellyf-skinny jeans met tekkies of enkelstewels met ’n effense hakkie en ’n gemaklike top daarby.
Enige stylwenke vir ander nuwe mammas?
Dra gerus bykomstighede! Trek daardie hakskoen aan, sit lipstiffie en maskara aan en doen moeite met jou hare. ’n Hakskoen, mooi haarstyl, maskara en ’n mooi lip doen wondere vir die gemoed.
Watter kledingstukke of styl-items het jy (vir nou) weggepak vandat jy ma geword het?
My magie is nog nie so plat soos wat hy was nie, so vir nou is my ‘crop tops’ diep in die kas, ek hoop wel om hul weer spoedig uit te haal.
’n Uitrusting wat enige Ma sal laat sexy voel?
Ek dink ’n hoë middellyf-broek met ’n sexy lospassende hemp of top wat halfpad ingesteek is, is die antwoord.
Watter haarprodukte gebruik jy om jou hare mooi te hou?
Om my hare versorg te hou gebruik ek graag Inoar se Speedblonde sjampoe om seker te maak my blond bly mooi wit. Ek wissel dit af met die Kalice sjampoe. Ek gebruik dan die Daily Moisture haarmasker as ’n opknapper. Dit is die beste produkte en hou my hare so mooi gesond en die bonus is, dis cruelty free!