7 Wenke vir plekmatjies koop

Plekmatjies is ’n stapelitem in ons huise en ons het onlangs ’n hele klompie mooi plekmatjies raakgesien. Neutrale plekmatjies, kleurvolle plekmatjies, plekmatjies vir elke dag se gebruik, en weggooibare plekmatjies. Hier is 7 wenke vir plekmatjies koop. Deur Justine Kroes

26/07/2024

7 Wenke vir plekmatjies koop

  • Hou die grootte in gedagte – plekmatjies behoort breed en wyd genoeg te wees om jou bord en eetgerei te hou.
  • Hou ook die grootte van jou tafel in gedagte. Groot plekmatjies op ’n klein tafel kan besig en oorvol lyk.
  • Kies skakerings wat by jou huisdekor, tafelkleur of tafeldoek sal pas. Dit bygese, is dit ook soms lekker om ‘n bont, kleurvolle tafel te dek.
  • Hou die skoonmaak in gedagte; vir die wat jy gereeld gebruik, kies plekmatjies wat maklik skoonvee en hou dalk die materiaal-plekmatjies (wat gewas en gestryk moet word) vir spesiale geleenthede.
  • Twee of drie stelle plekmatjies is ideaal, een stel vir elke dag se gebruik en die ander luukse en meer duursame plekmatjies vir gaste en en spesiale geleenthede.
  • Daar is baie verskillende vorms beskikbaar, rond, reghoekig, ovaal – kies ’n vorm wat die beste by jou tafeluitleg en dekor inpas. Tans is plekmatjies met ‘n “scallop” afwerking in die mode.
  • Hou die kontrasreël in gedagte – dit beteken wat ook al die skakering van jou bord, kies ’n kontrasterende plekmatjie.

Neutrale plekmatjies

Jy hoef nie altyd ’n tafeldoek te gebruik vir meer formele etes nie – jou plekmatjies kan dien as ’n manier om tekstuur as ’n interessante element by die tafeldekor by te voeg. Hier is ‘n klompie neutrale pleakmatjies wat ons raakgesien het:

plekmatjies
Barrydale Hand Weavers Country Stiped End Placemats Set of 4 (R449 yuppiechef)

Hier is ’n klompie gunstelinge:

Poetry Jute And Scallop Edge Placemat Set (R299)
Ilala Products Protea Placemat (R65 elk van Yellow Door Label)
plekmatjies
Mia Melange Placemats & Coasters (Set of 4) Jute Jungle (R1 700)
Sheet Street Woven Grass Placemat (R59,99)
H&M 2 Pack Placemats Beige (R179 Superbalist)
Poetry Jute And Scallop Edge Placemat Set (R299)

Kleurvolle, unieke plakmatjies

By John Lobster Placemat (R295, vee maklik skoon, hittebestand, 30 x30 cm)

Jou plekmatjies hoef nie vervelig te wees nie, sien dit as ‘n manier om ‘n interessante stylelement na jou tafel te bring. ‘n Bont kleurvolle gedekte tafel sorg dadelik vir ‘n goedvoel spasie saam geliefdes. Kyk net hoe mooi is die kleurvolle plekmatjies:

Gondissa Placemats (R335)
H&M 4 Pack Placemats Orange (R179 Superbalist)
By John Blue Stripy Placemat (R295)
Skinny La Minx Scandi Candy Sand/Persimmon Placemat (R325 vir 2)
India Ink Pink Medallion Border Placemats Set of 2 (R349 yuppiechef)
H&M 2 Pack Scallop Edged Place Mat (R239 Superbalist)

Plekmatjies vir elke dag

Kies hier plekmatjies wat duursaam is – plekmatjies wat baie maklik is om skoon te hou en skoon te vee. Plastiek of melamien is goeie opsies.

plekmatjies
aLoveSupreme Melamine Placemats (R190)

Hier is ’n klompie gunstelinge:

plekmatjies
aLoveSupreme Melamine Placemats (R190)
Mr Price Home Amiel Pu Placemat (R11,99)
plekmatjies
Maxwell & Williams Foliage Fern PVC Placemat (R49)
Whitehouse Placemat Two Tone Orange 6 Pack (225 pvc material)
DSA Abigail Marc Stripe Cotton Placemats Set of 6 (R459 yuppiechef.com)
Woolworths Wooden Placemats Set of 2 (R399)

Weggooibare plekmatjies

Hierdie is pret! Bekostigbaar genoeg om te gebruik vir spesiale dae soos, Valentynsdag, Kersfees of Paasete eerder as om ’n hele stel te moet koop.

plekmatjies
ALoveSupreme Paper Placemats (R260)

Dit is veral lekker om hierdie plekmatjies saam te neem op vakansie of te gebruik vir buitelug etes. Met hierdie plekmatjie kan jou tafel kleurvol en prettig wees sonder om honderde rande uit te gee op ’n stel wat jy dalk net ’n paar keer gaan gebruik.

Hier is ’n klompie gunstelinge:

Iconomy Paper Placemats Pool Party (R199)
Must Love Party Round Disposable Placemats Lemons (R260 vir 24)
Iconomy Paper Placemats Renaissance (R199)
A Place To Shop, Punchy Pink Jungle (R149 vir 24 plekmatjies)
A Place To Shop, Seafood Illustrations (R149 vir 24 plekmatjies)

Lees ook: Spasie Inspirasie: Pienk Pinapple House Boetiek Hotel

Stylvol

Handige ekstra wenke en raad, spesiale afslag en wenke, slegs vir die binnekring.

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui

Oor ons

Stylvol sosiale media

Nog Stories
Wyn uitstal en dekoridees met jou wynversameling
error: Content is protected !!